Wat hou die toekoms in vir denneboomplantasie bedrywighede in die Wes-Kaap? Verdere repliek tot die fynbos/bosbou debat
Kwessies rakende bosboubedrywighede en spesifiek bedrywighede in die fynbos bioom, het die afgelope week goeie gesprek op die Universiteit Stellenbosch (US) se nuusblogs uitgelok.
Dit het gevolg op ʼn mediavrystelling gebaseer op die oorsig-artikel Three centuries of managing introduced conifers in South Africa: Benefits, impacts, changing perceptions and conflict resolution deur dr Brian van Wilgen, Hoof-ekoloog van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) en prof Dave Richardson, Direkteur van die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) aan die US wat in die Journal of Environmental Management verskyn het.
As deel van die debat het dr Ben du Toit, Senior Lektor in die Departement Bos- en Houtkunde, kommentaar gelewer op die artikel en vrystelling.
Op hulle beurt het dr Wilgen en prof Richardson, gereageer op die kommentaar van dr Du Toit. Lees hul respons hier.

May 28, 2012 
Geen kommentaar tot op hede nie...