Margaret McNamara Memorial Fund ondersteun vrouestudente by Suid Afrikaanse universiteite
Die Margaret McNamara Memorial Fund (MMMF) is gestig in 1981 ter eer van Margaret Craig McNamara deur die voortsetting van haar doel om vroueonderrig te bevorder. Die MMMF bied toekennings aan vroue van ontwikkelende lande, help om hul onderrig voort te sit en hul leierskapvaardighede to versterk om sodoende die lewens van vroue en kinders in ontwikkelende lande to verbeter.
Besonderhede van die toekennings
Vir studente van ontwikkelende lande wie tans in Suid Afrika studeer by enige van die volgende vier universiteite: Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Witwatersrand. MMMF toekennings beloop ongeveer US$4,000 elk.
Vereistes van die toekennings
Vroue kwalifiseer om aansoek te doen vir die MMMF toekenning, indien hulle aan die volgende vereistes voldoen:
- ‘n Geskiedenis toon van dienslewering aan vroue en/of kinders in haar land of ander ontwikkelende lande.
- By enige van die vier bogenoemde universiteite ingeskryf is teen die tyd dat daar aansoek gedoen word en ingeskryf sou bly deur die tydperk wat gedek word deur die toekenning.
- Die toekenning sal gebruik om haar graad te verwerf.
- ‘n Burger is van die World Bank se laer of middel inkomste kategorieë van ontwikkelende lid lande (Kwalifiserende Lande).
- Van plan is om na haar land of ander ontwikkelende land terug te keer binne twee jaar na die voltooiing van die toekenning en ten minste twee jaar se diens sal lewer.
- Finansiële steun benodig en bevredigende akademiese vordering lewer.
- Ouer is as 25 jaar teen die tyd dat daar aansoek gedoen word.
- Nie ‘n familielid of gade wees van enige werker van die World Bank Groep nie.
Daar is geen uitsondering op die MMMF vereistes soos bo gelys nie.
Meer inligting
Aansoekdokument: laai die dokument hier af: MMMF Advert for all universities 2012.
Kontak Me. Chantal Swartz by die Nagraadse Beurskantoor (‘n afdeling binne die Nagraadse en Internasionale Kantoor): cswartz@sun.ac.za.

June 13, 2012 
Geen kommentaar tot op hede nie...