Voorsorgmaatreëls vir die komende reses

Heelparty koshuisdiefstalle word na afloop van vakansietye by Kampussekuriteitsdienste aangemeld. Studente word aangeraai om waardevolle items soos skootrekenaars, radio’s en kameras huis toe te neem.

Voertuie wat tydens die reses op Stellenbosch kampus agtergelaat word moet behoorlik gesluit wees en studente moet onder geen omstandighede waardevolle items binne voertuie laat nie.

Studente wat nie huis toe gaan nie, moet let op die volgende veiligheidswenke:

  • Maak jou kamervensters toe en maak seker dat alle deure behoorlik gesluit is wanneer jy uitgaan, al is dit net vir ʼn kort rukkie. Vensters met diefwering moet ook toegehou word, veral op grondvlak. Maak ook seker dat vensters gedurende die nag toe is om te voorkom dat misdadigers jou venster as sagte teiken sien.
  • Skuif waardevolle artikels buite sig en ook buite bereik van vensters, ongeag of die vensters oop of toe is.

Wees bewus van jou omgewing en rapporteer enige suspisieuse omstandighede of persone onmiddellik aan die Kampussekuriteit noodnommer 021 808-2333 (Stellenboschkampus) en 021 938-9507 (Tygerbergkampus), sowel as die SAPD noodnommer, 10111.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*