Brandveiligheid: Belangrike wenke vir personeel en studente

Tydens die wintermaande is ons geneig om meer verwarmers in kantore en tuis te gebruik.  Hierdie apparaat kan egter tot brande lei wat verlies van bates, tyd en lewens tot gevolg het.

Die verliese is voorkombaar en Risiko en Sekuriteitsdienste deel graag die volgende wenke hoe om brande veroorsaak deur verwarmers en oorlaaide elektriese konneksies te vermy:

  •  Kies ‘n verwarmer wat getoets en SABS goedgekeur is en aan die vereiste veiligheid standaarde voldoen.
  • Moenie ‘n stokou verwarmer gebruik wat moontlik foutief kan wees nie.
  • Moenie verlengingskoorde saam met verwarmers gebruik nie.
  • Plaas die verwarmer waar daar nie beweging is nie.
  • Hou die verwarmer ver van vlambare materiale bv gordyne en beddegoed.
  • Moenie kabels los waar iemand daaroor kan val nie.
  • Moenie verwarmers op stoele, tafels of ongelyke oppervlaktes sit nie.
  • Maak seker kragproppe word nooit oorlaai nie.
  • Moet nooit ‘n verwarmer sonder toesig aan los nie.

Studente word kragtens die jaarboek herinner dat geen oop-element verwarmers, elektriese komberse, dompelkokers of mikrogolfoonde in koshuise toegelaat word nie.

Een kommentaar op “Brandveiligheid: Belangrike wenke vir personeel en studente”

  1. Hans Müller July 2, 2012 om 9:43

    Another important safety tip is not to let fire alarms go off without a communicated reason – if there is no real fire.
    I have been working in a particular building longer than I care to remember and the alarm is just ignored by all because we never know why it goes/went off.
    This remains an accident waiting to happen.

Lewer kommentaar

*