Argief | July, 2012
Minette and Philippus

Intieme liederaand in Endler-konsertreeks

Na afloop van die immer-suksesvolle Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, hervat aktiwiteite by die Endler-saal met die tweede seisoen van die 2012 Endler-konsertreeks. Die eerste konsert vind plaas op 4 Augustus om 20:00 met ‘n optrede deur die bekroonde plaaslike mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce. Sy word begelei deur welbekende pianis Philipus Hugo sowel as altviolis Emile de [...]

Lees meer

Lesing: “Decision-Making Dynamics at the Rural-Urban Fringe: lessons from Jamestown, Stellenbosch Municipality”

Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie Spreker: Corrine Cash, Waterloo Universiteit Datum: Donderdag, 2 Augustus 2012 Tyd: 13:00-14:30 Plek: 4de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappe gebou, Lokaal 401 Kontakpersoon: Elizabeth Hector, ehector@sun.ac.za of (021 808- 9286).

Lees meer
WernichNadine

Molekulêre ‘vingerafdrukke’ nou vinnig en maklik geneem

Vyf klikke met ʼn rekenaarmuis is al wat analiste van die Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) by die Universiteit Stellenbosch nou benodig om polimeerkarakterisering en biomolekulêre identifisering te kan doen – danksy ʼn nuwe massaspektrometer (MS) ter waarde van R7 miljoen wat tans by die verskaffer Bruker Daltonics South-Africa geleen word. “Dis baie vinnig en gebruiksvriendelik, [...]

Lees meer

PhD-verdediging: Studies in Mycothiol Biosynthesis: Identification, characterization and reconstitution of the M. tuberculosis pathway enzymes

Biochemie Forum: PhD verdediging PhD student:  Dirk Lamprecht Titel:  Studies in Mycothiol Biosynthesis: Identification, characterization and reconstitution of the M. tuberculosis pathway enzymes. Promoter:  Prof Erick Strauss Datum:  Donderdag 02 Augustus 2012 Tyd:  13:00 Plek:  Biochemie Seminaarkamer A111, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae:  Prof Amanda C Swart, Tel: 021 8085864, E-pos: acswart@sun.ac.za

Lees meer
Andrew Ford  (Keys) & Jimmie Earl Perry photo by Jeffrey Abrahams (16262)

Kunstenaars skep bewustheid vir MIV/Vigs

’n Konsert vol treffermusiek met ’n boodskap van hoop. Dít is wat die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrika-sentrum vir MIV en Vigsbestuur Sondagaand (29 Julie) in die Kunstekaap-teater in Kaapstad aangebied het. Dit was die Afrika-sentrum se jaarlikse Suid-Afrikaanse Kunstenaars vir Vigs-bewusmakingskonsert. Vanjaar het die fokus op ’n viering van vroue in leierskapsposisies geval. Benewens [...]

Lees meer
poster_finaal

US se gewilde Opedag op Vrydag 3 Augustus gehou

Kraakvars inligting oor studierigtings, beurse en lenings, akkommodasie en sportgeleenthede sowel as vermaak én pryse wat gewen kan word. Dít alles is op die spyskaart by die Universiteit Stellenbosch (US) se gewilde Maties Opedag vir Graad 11’s en 12’s wat vanjaar op Vrydag, 3 Augustus in die Neelsie Studentesentrum op die US se Stellenbosch-kampus gehou [...]

Lees meer
IMG_7460

Nuwe Ingenieurs- en Bosboubiblioteek in gebruik geneem in die Ingenieurswese Kennissentrum

Studente van die Fakulteit Ingenieurswese het ná die wintervakansie teruggekeer na ʼn pas-voltooide kennissentrum wat spog met ʼn splinternuwe biblioteek Die Ingenieurswese Kennissentrum strek oor vier verdiepings waarvan die Ingenieurs-en Bosboubiblioteek twee verdiepings beslaan. Op die derde verdieping is twee groot lesingsale en op die vierde, die MIH Media-laboratorium en die Sentrum vir Hernieubare en [...]

Lees meer

Akademiese Jaardag by Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe sal vanjaar die 56ste Akademiese Jaardag op Woensdag en Donderdag 15 en 16 Augustus 2012 by Tygerbergkampus aanbied. Dit beloof om ‘n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerbergkampus. Die uitleg vir die Akademiese Jaardag is as volg: [...]

Lees meer
CEMTEMteam

Lewe nou méér as lewensgroot met nuwe transmissie-elektronmikroskoop

Spanlede van die Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) beoefen deesdae die kuns van mesmaak – alles in ’n poging om nanodun skyfies van verskillende monsters te sny wat onder ’n elektronstraalmikroskoop bekyk kan word. Dít maak deel uit van verbeteringe aan die beskikbare fasiliteite van die SAF se Elektronstraaleenheid in die Departement Aardwetenskappe sowel as die [...]

Lees meer

Pres Chissano plaas soeklig op Afrika se hoop vir veiligheid en ontwikkeling

Die lesing deur President Joaquim Chissano, Voorsitter van die Afrika Forum en voormalige President van die Republiek van Mosambiek, wat op 3 Augustus 2012 sou plaasvind, is uitgestel na Maandag, 6 Augustus 2012. Sy lesing oor die verband tussen veiligheid en ontwikkeling in Afrika op die Stellenbosch-kampus word gevolg deur ’n paneelbespreking. Die lesing is [...]

Lees meer

Departement Statistiek seminaar: 3 Aug

Spreker: Pravesh Debba (WNNR, Pretoria) Onderwerp: Optimal spatial sampling designs Datum: Vrydag, 3 Augustus 2012 Tyd: 13:00 tot 14:00 Plek: Statistiekgebou (h/v Victoria- en Bosmanstraat, Stellenbosch), lokaal 2021 Navrae: Danie Uys, Tel: 021 808 3879, e-pos: dwu@sun.ac.za

Lees meer

Biblioteekdiens stel nuwe Digitale Versamelings bekend

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens kondig graag die vrystelling van nuwe digitale versamelings via sy webtuiste aan. Hierdie portaal bied aanlyn toegang tot versamelings met unieke materiaal wat met sorg gedigitaliseer is. Hierdie inisiatief vorm deel van die Biblioteek se strategiese doelwit om te begin met die digitalisering van materiaal om sodoende toegang tot bronne te [...]

Lees meer

Menslike Hulpbronne: Beste praktyk vir effektiewe werwing en keuring

Menslike Hulpbronne bied op 14 Augustus 2012 ‘n program aan vir  Lynbestuurders en ander personeel betrokke by of verantwoordelik vir werwing en keuring: “ Beste praktyk vir effektiewe werwing en keuring”.  Daar is nog ‘n aantal plekke beskikbaar. Kliek hier vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf. Inskrywings sluit [...]

Lees meer

Menslike Hulpbronne: Indiensnemingswetgewing

Menslike Hulpbronne bied op 24 Augustus 2012 ‘n program aan vir  Lynbestuurders: “ Indiensnemingswetgewing”.  Daar is nog ‘n aantal plekke beskikbaar. Kliek hier vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf. Inskrywings sluit op 14 Augustus 2012. Kontak ALVIRA ALBERTUS by tel 021 808 2966, e-pos alviraa@sun.ac.za vir meer inligting.

Lees meer

Menslike Hulpbronne: Bemiddeling

Menslike Hulpbronne bied op 15-16 Augustus 2012 ‘n program aan vir  Lynbestuurders: “ Bemiddeling”.  Daar is nog ‘n aantal plekke beskikbaar. Kliek hier vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf. Inskrywings sluit op 8 Augustus 2012 Kontak ALVIRA ALBERTUS by tel 021 808 2966, e-pos alviraa@sun.ac.za vir meer inligting.

Lees meer