US se wêreldklas koor in Amerika vir Wêreld-Koorspele

Die universiteitsgemeenskap hou vandeesweek duime vas vir die Stellenbosch Universiteitskoor wat op 29 Junie vertrek het na Cincinnati in Amerika waar hulle gaan deelneem aan die sewende Wêreld-Koorspele wat vanaf 4 Julie tot 14 Julie gehou word.

Koorleier André van der Merwe. (Foto: US koor webblad)

Diè Wêreld-Koorspele wat elke tweede jaar plaasvind, word beskou as die Olimpiese Spele van koormusiek en lok kore van regoor die wêreld. Die US groep gaan vanjaar meeding in drie kategorieë, naamlik Musica Sacra, Mixed Choirs en Popular Music.

Dit sal die derde keer wees wat die Universiteitskoor, onder leiding van André van der Merwe, aan die spele gaan deelneem. Tydens die 2008 kompetisie wat in Oostenryk gehou is, is die US koor aangewys as wêreldkampioen in die kategorie Musica Sacra en het hulle ook ‘n tweede plek in die kategorie Gospel & Spiritual behaal. In 2010 in China het die Uiversiteitskoor die titel Choir of the World gewen en is ook aangewys as wêreldkampioen in die kategorieë Mixed Choirs en Musica Contemporanea.

Die Stellenbosch Universiteitskoor is in 1936 gestig en het in 2011 sy 75ste bestaansjaar gevier. Die dirigent, André van der Merwe, is reeds 9 jaar verbonde aan die koor. Die koor beklee tans die tweede plek op die toonaangewende Interkultur Musica Mundi wêreldranglys van die top 1000 internasionale kore. Dit is die hoogste posisie wat ‘n koor uit Suid-Afrika nog ooit op enige wêreldranglys kon beklee.

Vir meer inligting besoek die koor se webwerf by http://www0.sun.ac.za/koor/oor-usk; die Wêreld-Koorspele se webwerf by http://www.2012worldchoirgames.com/. Jy kan ook vir die koor ‘n boodskap van ondersteuning laat op Facebook by http://www.facebook.com/StellenboschUniversityChoir; of bly op hoogte van hul doen en late tydens hul VSA besoek op Twitter by http://twitter.com/#!/uschoirkoor.

3 Reaksies op “US se wêreldklas koor in Amerika vir Wêreld-Koorspele”

  1. Net ‘n vinnige korreksie:

    In die artikel word daar genoem dat dit die derde keer is wat USK aan die spele deelneem. Dit sal egter die vierde keer wees.

    Vorige deelname sluit in:
    2004: Bremen, Duitsland
    2008: Graz, Oostenryk
    2010: Shaoxing, Sjina

    En dan nou 2012: Cincinnati, VSA.

  2. Julia Pretorius (Kimberley) July 8, 2012 om 18:43

    Baie, baie geluk met wonderlike prestasie. Dis voorwaar ‘n besondere ondervinding vir elkeen van die koorlede en n ervaring wat julle vir die res van julle lewe kan koester. Die lang oefen-ure is ‘n belegging waarvan julle oor baie jare die herinnerings-rente sal kan kry.

TrackbacksPingbacks

  1. SU choir wins in Cincinnati | News - July 8, 2012

    [...] an earlier article here. Arts and Culture, Corporate & Alumni, Press Releases, Students Andre van die Merwe, US [...]

Lewer kommentaar

*