Van die biomediese rewolusie tot bendes op die Kaapse Vlakte, lees meer in Letter

Die jongste Letter, nuusbrief van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, is pas uitgereik – en soos gewoonlik is dit propvol interessante stories oor die Fakulteit, fassinerende navorsing, nuwe aanstellings, studente wat uitblink, ens.

Lees meer oor die PhD-navorsing van me Derica Lambrechts van die Departement Politieke Wetenskap oor bendebedrywighede op die Kaapse Vlakte. ʼn Storie hieroor op die Universiteit se Nuusblog het die media se belangstelling geprikkel, en sedertdien word sy oorval deur oproepe van joernaliste wat wil uitvind wat aan dié probleem gedoen kan word.

Prof Anton van Niekerk, Voorsitter van die Departement Filosofie, skryf oor een van die “opwindende, maar tegelyk onthutsende moontlikhede van die biomediese rewolusie van ons tyd”, naamlik die “vooruitsig dat ons in die toekoms mense op ʼn ongekende skaal sou kon verbeter”.

Prof Pieter Muysken van Nederland vertel waarom hy betrokke geraak het by ʼn projek om die boek Roots of Afrikaans – Selected Writings of Hans den Besten die lig te laat sien. Hierin word die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans tot by sy Khoi-Khoi wortels nagespeur.

Dié stories is maar net ʼn proeseltjie van wat in Letter aangetref kan word. Lekker lees! – Stephanie Nieuwoudt

Klik hier vir die jongste Letter, of besoek http://bit.ly/LOK2D4.

2 Reaksies op “Van die biomediese rewolusie tot bendes op die Kaapse Vlakte, lees meer in Letter”

  1. Fantastic Derica! Well done indeed.

  2. Way to go Derica! Well done indeed.

Lewer kommentaar

*