US koor wen in Cincinnati

Die Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van André van der Merwe is by die Wêreld- Koorspele in Cincinnati in die VSA as die beste gemengde koor (mans- en vrouestemme) ter wêreld aangewys. Die Universiteitskoor het in hierdie kategorie 93,5% behaal.

Sondagmiddag (Suid-Afrikaanse tyd) is die koor ook as wêreldkampioene in die kategorie Musica Sacra (gewyde musiek) met ʼn punt van 96.88 aangewys. In ʼn derde kategorie waarin die koor deelgeneem het, populêre musiek, het die koor tweede gekom – met slegs ʼn persentasiepunt tussen die wenner en die US Koor. Die koor is tweede geplaas met ʼn telling van 91.25%. Dit is die eerste keer dat die koor in dié spesifieke kategorie deelgeneem het.

Kategorie wenners is tydens verskillende toekenningsgeleenthede wat oor die naweek gehou is aangewys. Die Wêreld Koorspele word as die Olimpiese Spele vir koormusiek beskou.

Dit is die eerste keer in die meer as tien jaar van die Koorspele se bestaan dat dit in die VSA gehou is: www.2012worldchoirgames.com.

14 Reaksies op “US koor wen in Cincinnati”

  1. Baie baie geluk aan André en US koorlede, weer eens uitstekende prestasies behaal in Cincinnati! Soooo trots op julle en jul is beloon vir jul harde werk.

  2. Winfried Lüdemann July 17, 2012 om 9:49

    Baie geluk met ‘n voortreflike prestasie!!

    Winfried Lüdemann

  3. Winfried Lüdemann July 17, 2012 om 9:37

    Baie geluk met ‘n voortreflike prestasie!!
    Winfried Lüdemann

  4. Naam (vereis) July 17, 2012 om 0:24

    Erina Steyn/Terblanche

    Van harte geluk met wonderlike prestasie! Het julle op 13 Mei in Stellenbosch gehoor en sommer geweet hier kom n ding! Geluk Andre, en BAIE dankie vir jou ongelooflike toewyding!! Nou het julle dit..hou dit!!

  5. Benita van Zyl July 13, 2012 om 17:44

    André en koorlede!

    WELL DONE! Ons is ongelooflik trots op julle prestasie en met studente van ons kaliber, wow, dis great! BAIE geluk weer eens en mag julle die glorie-oomblikke BAIE geniet. Baie dankie vir AL die harde werk wat ingesit is. Julle is mildelik beloon.

    Voorwaar iets om op trots te wees!

    Groete

  6. Dalene Kuipers July 12, 2012 om 12:05

    Baie geluk. Sooooo trots op julle.

  7. Byron Milton July 12, 2012 om 10:01

    CONGRATZ Andre and Choir!!!! An outstanding achievement!!
    TOTALLY LOVE SUC!!!

  8. We are proud choir parents! Congratulations. Joorst Family Kuils River

  9. Magna Cornelius July 10, 2012 om 11:48

    Van harte geluk met die prestasie. Julle laat ons oud-koorlede se harte bokspring van trots en vreugde. Ek sidder as ek dink dat die koor ‘n aantal jare gelede amper gesluit was…

  10. Marina Swart July 9, 2012 om 16:18

    Baie geluk aan Andre en koor! Ons kan nie wag om by jul terugkeer na julle te luister nie. Geniet welverdiende lof en ook die kuier in VSA.

  11. Witnessed your choir’s performance at the “Champions” concert yesterday afternoon in Cincinnati. Completely awesome, mature, inspiring, professional, disciplined – qualities that are often lacking in today’s youth. I wish all of them well in their future endeavors.

  12. Susan Dixon July 9, 2012 om 11:29

    Baie geluk Andre en koor! Ons is baie trots, jou sus en familie x

  13. Louise van Rooyen July 8, 2012 om 23:15

    Ongelooflik! Ons is so trots op julle. Geniet die res van jul kuier in die VSA.

  14. Debbie Goveia July 8, 2012 om 14:16

    Fantastic!!! Well done – so proud of you guys!! Goveia Famiy

Lewer kommentaar

*