Indiening van individuele belastingopgawes

Soos verlede week gekommunikeer was daar probleme met die indiening van belastingopgawes op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se “e-filing” stelsel. Die SAID het vandag bevestig dat die probleem reggestel is. Die Universiteit het ook toetslopies gedoen en het bevestig dat IRP 5 inligting van ‘n steekproef van werknemers wel ingetrek word in die persoonlike belastingopgawes. U kan dus voortgaan om u belastingopgawe op “e-filing” in te dien.

Indien u IRP 5 inligting nog nie op die opgawe verskyn nie, moet die volgende stappe gevolg word:

  • kliek op die “refresh” knoppie op die vorm
  • teken uit “e-filing”
  • teken weer aan op “e-filing”

Indien bogenoemde stappe nie werk nie, kan die SAID direk gekontak word by 0800 00 7277.

  • Kontak gerus vir Alverisha September by aseptem@sun.ac.za in geval van enige navrae.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*