Nagraadse studente: woon die National Research Foundation inligtingsessie in Augustus by

Die National Research Foundation (NRF) bied in Augustus ‘n inligtingsessie aan oor die NRF Vrystaande beurse, sowel as die aansoekproses.

__________

Honneurs, Meesters en PhD studente wie graag vir befondsing wil aansoek doen vir 2013 (slegs vir Meesters en PhD grade) word uitgenooi om die inligtingsessie by te woon.

  • Teiken: studente wie M en PhD studies voortsit in 2013 en graag wou aansoek doen vir NRF befondsing
  • Datum: 16 Augustus 2012, 08:30
  • Plek: JS Gericke Biblioteek Auditorium
  • Meer inligting: kontak Me. Rozelle Petersen by die Nagraadse en Internasionale Kantoor: rnp@sun.ac.za | 021 808 2907.

2 Reaksies op “Nagraadse studente: woon die National Research Foundation inligtingsessie in Augustus by”

  1. Hi William,

    Die uitnodiging is vir alle studente wie M en PhD grade wil befonds vir 2013 – dws as jy nou honneurs is en van plan is om jou Meesters te doen in 2013 en ‘n beurs nodig het daarvoor, kan jy aansoek doen (en gevolglik die inligtingsessie bywoon). Sien asb. die Nagraadse en Internasionale Kantoor Webwerf vir ander nagraadse beurse wat deur die universiteit administreer word: http://www0.sun.ac.za/international/postgraduate-student-funding/

  2. Die uitnodiging se slegs Meesters en PhD studente, maar in die eerste sin sluit dit honneurs ook in.Hoe werk die aansoekproses vir honneurs 2013?Ek wil vir NRF befondsing aansoek doen vir 2013,maar gaan inskryf vir honneurs.Help asseblief??????

Lewer kommentaar

*