US vier Vrouedag op 8 Augustus

“Is multikulturalisme sleg vir vroue?: die konflik tussen universele menseregte en kultuur/tradisie.”

Prof Amanda Gouws

Dit is die tema van ʼn openbare lesing deur prof Amanda Gouws van die Departement Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US) en Kommissaris van die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG). Die lesing vorm deel van die US se viering van Vrouedag.

Die lesing word aangebied deur die Afdeling Gemeenskapsinteraksie (AGI), die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie (BNS) en die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS Instituut) aan die US.

Datum: Woensdag, 8 Augustus 2012

Tyd: 12:30-14:00

Lokaal: US Museum/SASOL Kunsmuseum (Ryneveldstraat 52, Stellenbosch)

RSVP by Howard Gordon by tel 021 808 3645 of howard@sun.ac.za

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*