Die wêreld, by Stellenbosch, in kos
Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) van die Universiteit Stellenbosch adverteer met trots die International Food Evening (IFE). US studente en personeel sal smaaklike disse – wat lande reg oor die wêreld verteenwoordig – voorberei en bedien, gevolg deur kulturele opvoeringe uit sommige van hierdie lande.
Kom vier saam met die NGIK die diverse internasionale kulture op kampus op 29 Augustus, in die VV-saal (Neelsie), vanaf 19:00.
Voel jy dalk bietjie skuldig om jou oor te laat aan al die smulhappies? Alle winste gaan na die Kayamandi Projek – een van ISOS (‘n afdeling van die NGIK) se oudste gemeenskapsprojekte wat jaarliks hersien word. So, koop ‘n paar kaartjies teen R8 elk en proe die wêreld.
International Food Evening (IFE)
- 29 Augustus 2012, 19:00
- VV-saal, Neelsie
- Kaartjies: R8 per dis
Vir meer inligting en om kaartjies te koop, kontak Werner de Wit, Koördineerder: Internasionale Studentelewe en Sukses by die Nagraadse en Internasionale Kantoor:
- wdw@sun.ac.za | 021 808 9002.

August 17, 2012 
Geen kommentaar tot op hede nie...