Konferensie oor manlikhede in die SA media: 13-14 September

Die Departement Visuele Kunste by die Universiteit Stellenbosch (US), in samewerking met die Sentrum vir Film- en Mediastudies by die Universiteit van Kaapstad (UK), sal op 13-14 September by die Wallenberg Sentrum in Stellenbosch ‘n konferensie aanbied oor die uitbeelding van manlikheid in die Suid-Afrikaanse media.

Die tema van die konferensie is ‘Work/Force: South African masculinities in the media’.

‘Work/Force’ is ‘n interdissiplinêre konferensie wat poog om as ‘n platform te dien vir die ontleding van die konstruksie van diverse Suid-Afrikaanse manlikhede in post-apartheid media (bv. koerante, film, advertensie, kuns, letterkunde en tydskrifte). Die konferensie ondersoek die verwekking van diskoerse in ‘n Suid-Afrikaanse konteks rondom idees soos kultuur, ras en klas. Temas rondom hierdie onderwerp sluit die volgende in: Marginale identiteite, nasionaliteit, manlikheid in krisis, manlikheid en geloof.

Die sprekers sluit in: Robert Morrell (UK), Kopano Ratele (UNISA), Mark Behr (Rhodes Universiteit, VSA), Eusebius McKaiser (joernalis) en Sean Nixon (Universiteit van Essex).

Belangstellendes kan tot 7 September registreer.

“Ons hoop om heelwat kollegas van Stellenbosch daar te hê, so skryf asseblief in vir wat beloof om’ʼn opwindende geleentheid te wees,” het die sameroeper van die konferensie, dr Stella Viljoen, gesê.

Inligting oor registrasie sowel as die volle program is beskikbaar op die konferensie se webblad: http://www.sun.ac.za/workforce

Navraag kan gerig word aan Dr Viljoen (stella@sun.ac.za) of die konferensie se administrateur, Marnell Kirsten (masculinity@sun.ac.za).

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*