Advertensies RSS-voer vir hierdie afdeling

Bewustheid oor bipolêre steurnis

SADAG (SA Depressie- en Angsgroep) en die Sentrum vir Studentevoorligting en ontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch sal bewustheid oor bipolêre steurnis aanwakker deur die Oscar-bekroonde fliek Silver Linings Playbook te wys. Volledige vertaling in Afrikaans volg A psychologist will be available during the screening to discuss questions and comments.  The average age of onset of bipolar [...]

Lees meer
ScholarshipInfoSession

Oorsese beursgeleenthede vir US studente: NGIK-inligtingsessie

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) sal op Maandag, 22 April 2013 vanaf 17:00-19:00 ‘n beurs inligtingsessie aanbied in die Wilcocks-gebou, kamer 1012. Alle studente wat meer wil weet oor die beurse wat tans beskikbaar is (soos onder genoem), moet dit bywoon! Koördineerders, organiseerder of beurshouers van beurse soos Mandela Rhodes, Rhodes, DAAD en die [...]

Lees meer

Program: US-voordele

Menslike Hulpbronne bied op 22,23 & 24 April 2013 ʼn program aan vir  alle permanente US-personeellede: “US VOORDELE”. Daar is net 15 plekke beskikbaar.  Kies ’n datum en tyd wat u pas. Raadpleeg gerus die ingeslote dokument vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf.

Lees meer

Menslike Hulpbronne se Kitsgids binnekort beskikbaar

MENSLIKE HULPBRONNE se nuwe KITSGIDS sal teen einde April 2013 beskikbaar wees. Maak asseblief seker u maak u salarisstrokie einde April 2013 oop om toegang te kry tot hierdie nuttige dokument. Die KITSGIDS sal ook binnekort beskikbaar wees op Menslike Hulpbronne se tuisblad.

Lees meer

Mentorskapprogram vir personeel

Mentorskap is ’n belangrike instrument om leer te bevorder en om ʼn kultuur binne die US te skep waarin alle personeellede optimaal ondersteun voel in hul strewe na ’n bevredigende en suksesvolle loopbaan. Die Afdeling Menslike Hulpbronne het ʼn pasgemaakte raamwerk en opleidingsprogram ontwikkel ten einde mentors en mentees optimaal te ondersteun in hierdie verhouding. [...]

Lees meer
stylgidsvoorblad_scanned

Dr met ʼn punt of daarsonder? Bygewerkte stylgids nuttig vir almal

Die Taaldiens, ‘n eenheid van die US se Taalsentrum, het laat verlede jaar sy bygewerkte Stylgids vrygestel. Die Stylgids bevat riglyne oor die gebruik van Afrikaans en is veral gemik op redigeerders en vertalers wat werk vir die Taalsentrum of Universiteit doen, maar dit kan handig vir enigeen wees. “Mense wonder byvoorbeeld dikwels of titelafkortings [...]

Lees meer

Spangebaseerde leer (SBL): Wat bied hierdie metode van aanbieding?

Die Natuurwetenskap Onderrig en Leer-gespreksforum onder leiding van prof Ingrid Rewitzky nooi u graag uit na die volgende ’n seminaar deur Prof Judy Paterson van die Departement Wiskunde van Auckland Universiteit in Nieu-Seeland op 22 April 2013. Plek: Den Bosch Tyd: 13:00 – 14:00 Datum: 22 April 2013 Prof Paterson is ʼn Wiskunde-opvoeder wat saam [...]

Lees meer

Pilates-kursus: Oefening is ‘n proses

Die Departement Sportwetenskap bied op die volgende datums ’n Pilates-kursus aan: 27 April: 08:30-17:00 28 April: 09:00-13:00 30 April: 17:00-19:00 7 Mei: 17:00-19:00 11 Mei: 08:30-17:00 12 Mei: 08:30-13:00 25 Julie: 19:00-20:30 (Eksamen) Die kursusganger sal bemagtig word om die basiese Pilates-beginsels, wat ongeveer ʼn eeu gelede deur Joseph Pilates ontwikkel is, te verstaan en [...]

Lees meer

Ingenieurswese Opedag (20 April)

Jy het ‘n gulde geleentheid om meer uit te vind oor die interessante werk van ingenieurs by die Fakulteit Ingenieurswese se Opedag op Saterdag 20 April 2013. Daar sal tientalle opwindende uitstallings en demonstrasies wees wat sal toon hoe ingenieurs wetenskap en tegnologie inspan om die wêreld ‘n beter plek te maak. Kom loer enige [...]

Lees meer

Ketelbal-werkswinkel (20 April)

Ketelbal-oefening is ʼn noodsaaklike deel van enige krag- en kondisioneringsprogram, en hou aan om ʼn noodsaaklike invloed op die daaglikse ontwikkeling van ʼn program te hê. ʼn Ketelbal-werkswinkel word Saterdag 20 April 2013 vanaf 09:00-12:00 deur die Departement Sportwetenskap aangebied. U is welkom om by die wêreldbekende “Strong First Senior”-instrukteur Shaun Cairn aan te sluit en [...]

Lees meer

Kies die Taaldiens vir redigeer- en vertaalwerk

Werk die woorde nie saam nie? Is daar ’n ekstra paar oë nodig vir ’n dokument? Nuusbydraes, verslae, akademiese artikels, tesisse, briewe, kennisgewings, notules, agendas… die Taaldiens by die US se Taalsentrum redigeer en vertaal ’n breë spektrum dokumente vir die Universiteit en eksterne kliënte. Die diens word in Afrikaans en Engels gelewer. Moet dus [...]

Lees meer

InnovUS-geleentheid plaas kollig op idees wat wêreld beter plek kan maak

Innovasie Mavericks is ’n inisiatief met trots aangebied deur InnovUS, die innovasiemaatskappy van die Universiteit Stellenbosch Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê. As deel daarvan vind ’n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die [...]

Lees meer

Leerders kan wys word oor loopbane in vrugte- en groentebedrywe (25 April)

As jy daarvan droom om ’n appel met ’n langer raklewe te kweek, nuwe geure joghurts of vrugtestafies te ontwikkel of jou groen vingers deur ’n loopbaan as ’n akkerbou- of wingerdkundige vir jou te laat werk, besoek dan die Universiteit Stellenbosch op Donderdag 25 April vir ’n beroeps- en beursuitstalling wat fokus op loopbane [...]

Lees meer

Gratis korrespondensie- en e-poswerkswinkel

Effektiewe korrespondensie (e-pos ingesluit) stel jou nie net in ʼn positiewe lig nie, dit skep ook ʼn professionele beeld van die maatskappy wat jy verteenwoordig. Oneffektiewe korrespondensie benadeel weer nie net produktiwiteit in die werksomgewing nie, maar dit kan ook ʼn negatiewe beeld van jou maatskappy na buite projekteer. As jy betrokke is by die [...]

Lees meer

Gratis werkswinkel: Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op 8 – 9 Mei 2013 die gewilde werksessiereeks Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings: ʼn Tweedagreeks aan. Deelnemers het die opsie om net Dag 1 of Dag 2 by te woon. Dag 1: Prosedures vir vergaderings en notules In hierdie sessie sal jy op ’n interaktiewe, praktiese manier die geleentheid kry om [...]

Lees meer