AgriWetenskappe RSS-voer vir hierdie afdeling
100_2972

Eerste in vitro verwekte Holstein-kalwers in SA gebore

Die toepassing van in vitro embrioproduksie (IVEP) het onlangs tot die geboorte van die eerste twee Holstein-verskalwers in Suid-Afrika gelei. Wat dit uniek maak, is die gebruik van ʼn ondersteunende reproduksietegniek wat voorheen nie algemeen in die melkbeesbedryf toegepas is nie. Die versies, wat albei blakend gesond is, is op die plaas Wolwedans van mnr [...]

Lees meer

Kassier-beursfonds by Maties se AgriWetenskappe se alumni-funksie bekendgestel

Gerespekteerde landbou-ekonoom prof Eckart Kassier sal op 3 Mei op Stellenbosch die eregas by ʼn alumni-geleentheid van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe en die Afdeling vir Alumni-verhoudinge wees waartydens ʼn nagraadse beursfonds, wat sy naam sal dra, bekendgestel sal word. Hierdie beurs sal jaarliks aan toppresteerders in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch toegeken word. [...]

Lees meer

Leerders kan wys word oor loopbane in vrugte- en groentebedrywe (25 April)

As jy daarvan droom om ’n appel met ’n langer raklewe te kweek, nuwe geure joghurts of vrugtestafies te ontwikkel of jou groen vingers deur ’n loopbaan as ’n akkerbou- of wingerdkundige vir jou te laat werk, besoek dan die Universiteit Stellenbosch op Donderdag 25 April vir ’n beroeps- en beursuitstalling wat fokus op loopbane [...]

Lees meer
Johan_Leanneklein

Studentesukses aan die US gevier by EA se prestige-aand

Die spesiale en belangrike verhouding tussen studente en dosente is Dinsdag (9 April 2013) gevier by die Rektor se ete vir topstudente, aangebied deur die Eerstejaarsakademie (EA) van die Universiteit Stellenbosch (US). Die 30 studente wat verlede jaar (2012), in hul eerste jaar op universiteit, die beste presteer het op akademiese gebied is tydens hierdie [...]

Lees meer
Nelius Boshoff (1) Gecrop

Wynmakers glo eie ervaring is belangrikste kennisbron

Dit wat hulle self beleef en self ervaar is vir wynmakers die belangrikste vorm van kennisverwerwing. Dit is belangriker as resultate wat hulle van wynlaboratoriums verkry en selfs belangriker as formele opleiding. Dit is die bevinding van Nelius Boshoff, ’n navorser van die Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (Senwet) aan die Universiteit [...]

Lees meer

Mediaverklaring – rooivleisstudie

Die Universiteit Stellenbosch het onlangs twee versoeke onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ontvang  om detailinligting te verskaf oor die oorsprong van die vleis wat in ʼn onafhanklike wetenskaplike studie deur US-navorsers gebruik is. Die doel van die studie was om ʼn oorsig te bied oor die mate waarin daar nasionaal [...]

Lees meer
LouwHoffman2013CreditEngelaDuvenage

Nuwe SARChI-leerstoele by AgriWetenskappe fokus op vleis- en wynkwaliteit

Wyn en vleis is die onderskeie fokusse van twee navorsingleerstoele waarin wetenskaplikes van die Fakulteit AgriWetenskappe van die Universiteit Stellenbosch aangestel is, as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI). Prof Florian Bauer van die Instituut vir Wynbiotegnologie is aangestel in die SARChI Leerstoel vir Geïntegreerde Wynwetenskappe, terwyl die SARChI Leerstoel in Vleiswetenskappe: Genomika tot Nutrinomika [...]

Lees meer
March2013 030

Hoe DNS-analises kan verklap wat in jou vleis is

Om al die spesies wat in jou stuk droëwors of hamburgervleiskoekie voorkom te identifiseer, verg meer as net die uitmekaartrek daarvan en om dit dan onder ’n mikroskoop te ondersoek. Die navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) het gevestigde tegnologie in DNS-opeenvolging gebruik as een van die metodes om die omvang van die onjuiste etikettering [...]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou [...]

Lees meer
Brito Cruz

Biobrandstof-tegnologie gereed vir grootskaalse produksie van etanol

Amerika is gereed om tweede-generasie biobrandstoftegnologie, soos dié vir die produksie van sellulose-etanol, aan die mark beskikbaar te stel vir kommersiële produksie op groot skaal, het dr Jim McMillian van die VSA se Nasionale Laboratorium vir Hernubare Energie (NREL) Dinsdag tydens die tweede dag van die 20ste Internasionale Simposium oor Alkoholbrandstof in Stellenbosch aangekondig. In [...]

Lees meer
Ibrahim Mayaki_NEPAD

Ontwikkeling van bioenergie moet sinoniem wees met voedselsekerheid en landelike transformasie

Terwyl NEPAD se bioenergie-beleid afgestem is op die toenemende gebruik van hernubare-energie en die ontwikkeling van mega energie-infrastruktuur vir die Afrika vasteland, kan die kontinent nie modelle bekostig waarvan groei nie sinoniem is met ekonomiese inklusiwiteit nie. Dit was die boodskap van die hoofuitvoerende beampte van NEPAD, dr. Ibrahim Mayakai, op die eerste dag van [...]

Lees meer

Probleme met grondhervorming uitgelig by konferensie

Grondhervorming Suid-Afrika se landbouhervormingsprojek is ver agter die staat se teiken om 30% van die land se grond in die hande van swart eienaars te plaas, het afgevaardigdes by die Land Divided-konferensie Maandag (25 April 2013) gehoor. Navorsing toon dat slegs sowat 10% grond tot dusver oorgedra is, en dat baie grondoordragprojekte as mislukkings beskou [...]

Lees meer
WorldWaterWalk_2013 044compressed

US stap saam met die res van die wêreld vir elkeen se reg op veilige water

Die Universiteit Stellenbosch (US) het hierdie week saam met miljoene mense van Afrika en die res van die wêreld gestap om mense bewus te maak van almal se reg op veilige water (video). Die staptog is georganiseer deur die US Waterinstituut en NEPAD se Suider-Afrikaanse Watersentrums van Uitnemendheid-inisiatief (SANWATCE) om saam te val met die [...]

Lees meer
PomegranatearilsCreditFanOlivier

PhD-student se graad help granaatbedryf

Die aankoms van dié seisoen se eerste besending granate vanuit Porterville op Britse supermarkrakke val hierdie week heel gepas saam met gradedag vir dr Oluwafemi Caleb. Navorsing wat hy vir sy doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch gedoen het, het immers vir ’n plaaslike granaatprodusent mnr Fan Olivier help besluit watter verpakking die beste vir sy [...]

Lees meer
vanzyl

Meeste graduandi nóg vir Afrika-sentrum

Die gewildheid van nagraadse kursusse by die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrika-sentrum vir MIV en Vigsbestuur is aan die toeneem te oordeel aan die altesaam 67 MPhil en meer as 300 Nagraadse Diplomas in MIV/Vigsbestuur wat by die US se tweede Maart-gradeplegtigheid toegeken is. Dié studente was onder die 926 van die Fakulteite AgriWetenskappe en Ekonomiese en [...]

Lees meer