Gemeenskapsinteraksie RSS-voer vir hierdie afdeling
Kayamandi Photo1

US-rektor besoek gemeenskapsvennote in Kayamandi

Die gebrek aan ’n opgedateerde databasis van inwoners in Kayamandi en die rol wat só ’n databasis kan speel om te verseker dat die ware slagoffers van ’n ramp so gou as moontlik hulp ontvang, is bespreek tydens ’n onlangse vergadering tussen senior personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit se gemeenskapsvennote in [...]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou [...]

Lees meer
Donasies

Universiteitsgemeenskap reik uit na slagoffers van Kayamandi-brand

Die Universiteit Stellenbosch (US) het die afgelope week saam met die groter Stellenbosch-gemeenskap ’n helpende hand uitgereik na die duisende inwoners wat deur Vrydag se brand in Kayamandi geraak is. Finansiële ondersteuning vir die slagoffers is tot van alumni van so ver as die VSA ontvang. Die brand het in die vroeë oggendure van 15 [...]

Lees meer

Deel jou gemeenskapsinteraksie-stories op nuwe webwerf

Die Afdeling vir Gemeenskapsinteraksie nooi jou uit om die storie van jou projekaktiwiteite op die nuwe Gemeenskapsinteraksie-webwerf te deel (dié webwerf behoort in April 2013 lewendig gemaak te word). Ons is gretig om die interessante en waardevolle werk wat jy doen met die groter kampusgemeenskap en buite-gemeenskappe te deel. Volledige vertaling in Afrikaans volg. Please [...]

Lees meer

Program: Diensleer en gemeenskapbetrokkenheid

Gemeenskapsbetrokkendheid het veral in die afgelope dekade groot veld gewen as ’n kernfunksie van hoëronderwysinstellings. In pas met internasionale tendense beteken GS dat universiteite deur onderrig, leer en navorsing met die res van die samelewing omgaan. Daar is ’n toenemende behoefte aan bestuurders/praktisyns wat die politieke landskap van GS in die hoër onderwys goed verstaan, wat [...]

Lees meer

Registreer/dateer gemeenskapsinteraksieprojekte vir 2013 op

US-personeellede in alle fakulteite en steundienste word versoek om nuwe (of ongeregistreerde projekte) vir 2013 te registreer en/of om inligting tov bestaande projekte wat sal voortgaan in 2013 te bevestig. Nuwe (of ongeregistreerde) projekte: Registrasie in hierdie verband beteken dat projekeienaars versoek word om alle inligting tov die projek op die databasis in te vul. [...]

Lees meer
Scimathus_arnold

Doen jou bes en jy sal suksesvol wees, hoor nuwe SciMathUS-studente

Die boodskap aan ‘n groep van 125 nuwe SciMathUS-studente by Woensdag (6 Februarie) se openingseremonie was duidelik: Gryp hierdie geleentheid aan, werk hard, doen jou beste en jy sal die vrugte van jou harde werk pluk. Prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor: Leer en Onderrig, het die studente, hul ouers en donateurs van die Universiteit Stellenbosch (US) se [...]

Lees meer
gemeenskapsoggend_1

Eerstejaars staan saam om verskil in gemeenskap te maak

“Ons wil wys dat jy ‘n groot verskil kan maak deur net ‘n bietjie van jou tyd op te offer.”  Dit was die woorde van Martin Visser, ‘n HK-lid van Helshoogte, so tussendeur die verwery by die Idasvallei-sportgronde tydens die MAL² Gemeenskapsinteraksie-oggend op Vrydag, 1 Februarie. Volgens Visser is Helshoogte se studente ou bekendes in [...]

Lees meer
IMG_7438

Duisende Maties wil verskil maak

Duisende eerstejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) maak Vrydag 1 Februarie kennis met een van die kernfunksies van die Universiteit – gemeenskapsinteraksie. Die studente gaan in hul onderskeie koshuise en wyke deelneem aan nagenoeg 20 gemeenskapsinteraksie-projekte soos leesprogramme, sport-aktiwiteite, verfwerk en tuinwerk in en om Stellenbosch. Onder meer gaan verskeie koshuise ʼn 300m muur by [...]

Lees meer
oihc-emblem

Gratis kortkursus oor Fasilitering van sosiale geregtigheid: MIV, seksualiteit en gender 2013

Wees deel van geen-nuwe-MIV-infeksies- en transformasionele leierskap op kampus. Het jy al gehoor hoe vriende en mede-studente praat oor MIV, seksualiteit en genderkwessies op kampus sonder dat hul feite reg is? Weerspieël jou koshuis / vereniging / departement sosiale bewustheid en leierskap rondom hierdie kwessies? Hier is die ideale geleentheid vir jou om deel te [...]

Lees meer
DSCF1563

Bokse vol geskenke vir behoeftige kinders

Groot opwinding het verlede week by die Departement Wingerd- en Wynkunde en die Instituut vir Wynbiotegnologie geheers toe personeellede en nagraadse studente saamgewerk het om Kersvader te speel.  Hulle het seker gemaak dat 30 kinders van Idasvallei ’n Kersfees sal hê om te onthou, deur aan elke kind ’n Kersvader-boks te gee. Die onderskeie laboratoriums [...]

Lees meer
AJ2_1950

Twee stelle tweelinge kry saam graad as dokters

Die tweeling Aziz en Zahir Richards het nog altyd alles saam gedoen – soos om dieselfde vakke op skool te neem en as dokters by die Universiteit Stellenbosch se eerste gradeplegtigheidseremonie op Dinsdag, 11 Desember, te gradueer. Hulle paadjies sal nou vir die eerste keer skei omdat Aziz na Durban verhuis om daar sy internskap [...]

Lees meer

Skole-interaksie-forum word binnekort aangebied

Die Afdeling Gemeenskapsinteraksie bied gereeld ’n institusionele skole-interaksie-forum aan vir almal wat by skoolgebaseerde projekte aan die Universiteit Stellenbosch betrokke is. Die hoofoogmerke met die Forum is: 1. om inligting oor bestaande projekte te deel 2. om ontwikkelingsplanne vir nuwe projekte te deel 3. om sinergieë tussen bestaande projekte te verken 4. om geleenthede te ondersoek om [...]

Lees meer

Herdefiniëring van Gemeenskapsinteraksie by die US (13 November)

Die Afdeling vir Gemeenskapsinteraksie nooi u vriendelik om deel te neem aan die Gemeenskapsinteraksie Praktykgemeenskap. Dr Jerome Slamat (Senior Direkteur: Gemeenskapsinteraksie) sal met ’n aanbieding, ’n herdefiniëring van Gemeenskapsinteraksie voorstel en kriteria identifiseer vir die monitering en evaluasie van Gemeenskapsinteraksie. ’n Breër gesprek sal hierna volg wat die Gemeenskapsinteraksie-beleidsproses sowel as die monitering en evaluasie [...]

Lees meer

Mentorskapprojek binne die Registrateursafdeling skop af

Personeel van die Registrateursafdeling het Dinsdag, 25 September, ’n mentorskapprojek by Hoërskool Lückhoff in Idasvallei bekendgestel.  Die vrywillige inisiatief is onder leiding van Ghafsa Gamiet, Assistentregistrateur: Scientiae, van stapel gestuur en is oorweldigend positief deur die skoolgemeenskap ontvang. Die gedagte aan ’n mentorskapprojek het ontstaan toe die personeel van die Registrateursafdeling hulself die vraag afgevra [...]

Lees meer