Opvoedkunde RSS-voer vir hierdie afdeling

Bewustheid oor bipolêre steurnis

SADAG (SA Depressie- en Angsgroep) en die Sentrum vir Studentevoorligting en ontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch sal bewustheid oor bipolêre steurnis aanwakker deur die Oscar-bekroonde fliek Silver Linings Playbook te wys. Volledige vertaling in Afrikaans volg A psychologist will be available during the screening to discuss questions and comments.  The average age of onset of bipolar […]

Lees meer

InnovUS-geleentheid plaas kollig op idees wat wêreld beter plek kan maak

Innovasie Mavericks is ’n inisiatief met trots aangebied deur InnovUS, die innovasiemaatskappy van die Universiteit Stellenbosch Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê. As deel daarvan vind ’n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die […]

Lees meer
Johan_Leanneklein

Studentesukses aan die US gevier by EA se prestige-aand

Die spesiale en belangrike verhouding tussen studente en dosente is Dinsdag (9 April 2013) gevier by die Rektor se ete vir topstudente, aangebied deur die Eerstejaarsakademie (EA) van die Universiteit Stellenbosch (US). Die 30 studente wat verlede jaar (2012), in hul eerste jaar op universiteit, die beste presteer het op akademiese gebied is tydens hierdie […]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou […]

Lees meer
AJ3_3894

Zimbabwiese minister ontvang doktorsgraad

Altesame 538 studente, waaronder ’n minister van Zimbabwe, het Woensdag (13 Maart) hul grade ontvang tydens die Universiteit Stellenbosch (US) se derde Maart-gradeplegtigheid. Kyk video. Onder hierdie studente van die Fakulteite Opvoedkunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe was daar ses doktorandi. Een van hulle was dr Tapiwa Mashakada, Zimbabwe se minister van Ekonomiese Beplanning. Hy het […]

Lees meer
Albert

Volg jou drome, sê parkeerassistent by sy gradeplegtigheid

Hy het uit sy geboorteland gevlug met sy vrou en een maand oue babaseun, in 1997 in Suid-Afrika aangekom en R7  op sy eerste dag as ’n parkeerassistent by ’n winkelsentrum in Kaapstad verdien, maar die 50-jarige Rwandese vlugteling, Albert Mpazayabo, is ’n bewys van waar daar ’n wil is, is daar beslis ’n weg. […]

Lees meer

Reeks: Ontluikende tegnologieë vir 21ste eeuse leer en onderrig

Die Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch, nooi u uit om 21ste eeuse leer- en onderrigpraktyke met professor Denise Wood van die Universiteit van Suid-Australië te ondersoek. Professor Wood het wye ondervinding in die gebruik van toeganklike inligting- en kommunikasietegnologieë (IKTs) om sosiale deelname, sowel as pedagogiese voordele van sosiale media in leer en […]

Lees meer

E-registrasie open vir US-studente

Nie lus om in ’n lang tou in die warm son te staan om by die Universiteit Stellenbosch te registreer nie? Maak dan gebruik van die US se selfregistrasiestelsel by www.mymaties.com. Eerstejaars, voorgraadse studente in hul tweede jaar of hoër en nagraadse studente wat verlede jaar as ’n student by die US geregistreer was, word aangemoedig […]

Lees meer
IMG_0335

Studente in Opvoedkunde, Teologie en Krygskunde vang graad

Altesame 543 trotse Maties in die Fakulteite Opvoedkunde, Teologie en Krygskunde het Woensdagaand (12 Desember) hul grade ontvang tydens die Universiteit Stellenbosch se vierde Desember-gradeplegtigheid. Sewentien doktorsgrade is ook by die geleentheid toegeken. Onder die graduandi was twee voormalige SciMathUS-studente, die US se oorbruggingsprogram vir leerders van onderwys-benadeelde skole. Me Amanda Antonie het ’n BEd-graad […]

Lees meer
RonelleCarolissen

Sielkundige dienste vir skole oneweredig versprei

Geweld, betrokkenheid by riskante gedrag soos dwelmmisbruik, en onverantwoordelike seksuele bedrywighede is van die grootste probleme waarmee die samelewing te kampe het en dit spoel alte dikwels oor na die skoolomgewing. Daar is egter ’n gebrek aan opvoedkundige sielkundige dienste in veral die armer gebiede, het prof. Ronelle Carolissen, hoof van die Departement Opvoedkundige Sielkunde: […]

Lees meer
keynote_heltasa

Onderrig en leer ‘die hoekstene van hoër onderwys’

Afgevaardigdes van oor die wêreld, onder meer Pakistan, die Verenigde Koninkryk, Australië, Nederland, Ghana en Zimbawe het op Woensdag, 28 November, in Stellenbosch bymekaargekom vir die jaarlikse konferensie van die Hoër Onderwys Leer- en Onderrigvereniging van Suid-Afrika (Higher Education Learning and Teaching Association of South Africa – HELTASA), aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US). Dié […]

Lees meer

Hoër onderwys se verhouding met die samelewing sal by konferensie bespreek word

Bykans 600 personeellede van hoëronderwysinstellings reg oor Suid-Afrika sal dié week op Stellenbosch bymekaarkom om te beraadslaag hoe om die gehalte van hoëronderwyspraktyk te bevorder.  Die jaarlikse konferensie van die Hoër Onderwys Leer- en Onderrigvereniging van Suid-Afrika (Higher Education Learning and Teaching Association of South Africa – HELTASA), aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US), sal […]

Lees meer
seed_2

Impak van SEEDS-onderwysprogram ‘sal nog vir baie jare ervaar word’

“Die SEEDS-konsortium het nou amptelik tot ‘n einde kom, maar ek is daarvan oortuig dat die nalatenskap, die lesse wat ons geleer het, die bande wat gesmee is en die impak op die lewe van onderwysers en leerders deurgevoer sal word in die jare wat voorlê. Dit vul ons met opregte dank en waardering.” Dit […]

Lees meer

Suksesse van R150 miljoen-onderwysprogram word gevier

Die suksesse van ’n multi-miljoen rand subsidie wat die Nederlandse regering vier jaar gelede gemaak het om ’n verbetering in die onderwys teweeg te bring, word Maandag (19 November) gevier. Die geleentheid wat om 11:00 by die Wallenberg-navorsingsentrum in Stellenbosch gehou sal word, sal deur die ambassadeur van Nederland, André Haspels, bygewoon word. Honderde skole, duisende onderwysers […]

Lees meer
SAFETLI

SAFETLI Leierskapsimposium in Stellenbosch aangebied

Die Suid-Afrikaanse Verdere Onderwys- en Opleiding-leierskapsinisiatief (South African Further Education Leadership Initiative, SAFETLI), gebaseer by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys (Fakulteit Opvoedkunde), het onlangs by STIAS die tweede jaarlikse leierskapsimposium aangebied. Die simposium is bygewoon deur 70 huidige en toekomstige leiers van Verdere Onderwys en Opleidingskolleges uit agt provinsies. SAFETLI is in 2006 […]

Lees meer