Ingenieurswese RSS-voer vir hierdie afdeling

Ingenieurswese Opedag (20 April)

Jy het ‘n gulde geleentheid om meer uit te vind oor die interessante werk van ingenieurs by die Fakulteit Ingenieurswese se Opedag op Saterdag 20 April 2013. Daar sal tientalle opwindende uitstallings en demonstrasies wees wat sal toon hoe ingenieurs wetenskap en tegnologie inspan om die wêreld ‘n beter plek te maak. Kom loer enige [...]

Lees meer

InnovUS-geleentheid plaas kollig op idees wat wêreld beter plek kan maak

Innovasie Mavericks is ’n inisiatief met trots aangebied deur InnovUS, die innovasiemaatskappy van die Universiteit Stellenbosch Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê. As deel daarvan vind ’n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die [...]

Lees meer
Johan_Leanneklein

Studentesukses aan die US gevier by EA se prestige-aand

Die spesiale en belangrike verhouding tussen studente en dosente is Dinsdag (9 April 2013) gevier by die Rektor se ete vir topstudente, aangebied deur die Eerstejaarsakademie (EA) van die Universiteit Stellenbosch (US). Die 30 studente wat verlede jaar (2012), in hul eerste jaar op universiteit, die beste presteer het op akademiese gebied is tydens hierdie [...]

Lees meer

Wetenskap- en Ingenieurswese-onderrig vir die 21ste eeu (15 April)

Die Natuurwetenskap Onderrig en Leer Gespreksforum, onder leiding van Prof Ingrid Rewitzky, nooi u graag uit na ’n seminaar deur Prof Jenni Case van die Universiteit van Kaapstad op Maandag 15 April 2013. Plek: Den Bosch, oorkant Skuilhoek (Victoriastraat 41) Tyd: 13:00 – 14:00 Ligte verversings sal beskikbaar wees. Laat weet asseblief vir Hanelie Adendorff [...]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou [...]

Lees meer
Johan Vermeulen

Volhoubaarheid: Virtuele kragstasie se besparings

Hierdie is die sesde artikel in die reeks oor volhoubaarheid en spesifiek volhoubaarheid binne die Universiteit. Wat doen ons personeellede binne hul kundigheidsterreine, by watter volhoubare projekte en inisiatiewe is hulle betrokke en watter bydrae lewer hulle tot dié belangrike kwessie in die res van Suid-Afrika? Artikel 1: Volhoubaarheid gaan oor die toekoms – Prof [...]

Lees meer
wikus1

Volhoubaarheid: Die energie van die toekoms

Hierdie is die vyfde artikel in die reeks oor volhoubaarheid en spesifiek volhoubaarheid binne die Universiteit. Wat doen ons personeellede binne hul kundigheidsterreine, by watter volhoubare projekte en inisiatiewe is hulle betrokke en watter bydrae lewer hulle tot dié belangrike kwessie in die res van Suid-Afrika? Laat weet ons by groen_green@sun.ac.za sodat ons vir die [...]

Lees meer
SSFD0332s

Stand en toekoms van SA se energie-landskap onder vergrootglas geplaas

Ernstige kop-krap lê vir die Suid-Afrikaanse energie-sektor voor. Dít was duidelik toe ‘n paneel van Suid-Afrikaanse en internasionale kundiges (video), na drie dae van inligting deel oor die tegniese detail van en tegnologieë aan die sektor beskikbaar, die soeklig geplaas het op beleid en strategie. Die nagenoeg 40 paneellede het byeengekom by die Stellenbosse Instituut [...]

Lees meer
Renier Kriel pic (FB)

Medialab Maandag met Renier Kriel van 4i Mobile Applications

Die MIH Medialab se tweede Medialab Maandag praatjie vind eerskomende Maandag, 4 Maart in die Medialab plaas. Renier Kriel van 4i Mobile Applications sal as gasspreker optree. Renier het in 2007 ‘n graad in Industriele Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en is ‘n dinamiese en charismatiese persoonlikheid in die tegnologiese omgewing. In 2008 [...]

Lees meer
STIASgenoot

Nobelpryswenner is in Maart ‘n STIAS-genoot

Prof Harald zur Hausen, die Duitse viroloog aan wie die Nobelprys vir die Geneeskunde van Fisiologie in 2008 toegeken is vir die ontdekking van papilloomvirusse wat ’n rol in servikale kanker speel, sal gedurende Maart 2013 ’n STIAS-genoot wees. Hy sal betrokke wees by ’n projek wat hy as volg opsom: “Dit het oor die [...]

Lees meer
Andreas_Kunne

SA uitvoere neem af weens swak mededingendheid, sê hoofspreker by vervaardigingskonferensie

Die dramatiese afname in Suid-Afrika se uitvoer na die EU word veroorsaak deur verswakte mededingendheid in die land se vervaardigingsektor, nie deur Europa se huidige finansiële probleme nie. Só het mnr Andreas Künne, hoof van die Duitse ambassade se Departement Ekonomiese en Wêreldsake, Woensdagoggend, 30 Januarie, op Stellenbosch gesê. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer
Ingenieurswese

‘Groen vervaardiging’ vandeesweek by konferensie bespreek

‘Die uitdagings van groen vervaardiging’ sal die onderwerp van bespreking wees wanneer voorste navorsers en bedryfsverteenwoordigers van oor die wêreld hierdie week (30 Januarie tot 1 Februarie 2013) byeenkom op Stellenbosch, waar die 5de internasionale konferensie oor mededingende vervaardiging (International Conference on Competitive Manufacturing – COMA ’13) aangebied word. “Volhoubaarheid is in die huidige millennium [...]

Lees meer

E-registrasie open vir US-studente

Nie lus om in ’n lang tou in die warm son te staan om by die Universiteit Stellenbosch te registreer nie? Maak dan gebruik van die US se selfregistrasiestelsel by www.mymaties.com. Eerstejaars, voorgraadse studente in hul tweede jaar of hoër en nagraadse studente wat verlede jaar as ’n student by die US geregistreer was, word aangemoedig [...]

Lees meer

Eregraad-ontvangers gee erkenning aan US-uitnemendheid

Die ontvangers van eregrade by die Desember 2012-gradeplegtighede van die Universiteit Stellenbosch (US) het almal erkenning gegee aan uitnemendheid by die Universiteit. Die ontvangers, fisikus dr Bernie Fanaroff, die president van die Reserwebank, me Gill Marcus, en die wêreldbekende hartnavorser dr Lionel Opie het Vrydagmiddag (14 Desember) by ’n dinee gepraat. Dr Fanaroff het gesê [...]

Lees meer
USSKAwenners

Maties skitter by konferensie vir nagraadse beurshouers van SKA Afrika

By die onlangse prysuitdeling van die konferensie vir nagraadse beurshouers van SKA (“Square Kilometre Array”) Afrika het studente van die Universiteit Stellenbosch (US) met die helfte van die pryse weggestap – onder meer dié vir die algeheel beste aanbieding deur onderskeidelik ’n MSc- en PhD-student. Marisa Geyer, ’n MSc-student in Fisika, het die prys vir [...]

Lees meer