Algemeen RSS-voer vir hierdie afdeling
Beauvoir

Seminaar: Departement Moderne Vreemde Tale

U word vriendelik uitgenooi na ’n lesing deur dr Éric Levéel (Stellenbosch University – French Section) oor: Simone de Beauvoir and Romania – A Distant Gaze Datum: Vrydag 17 Mei Tyd: 13:00 – 13:50 Plek: Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou: Seminaarkamer 551

Lees meer

US bied GiveWeek aan

​Die Universiteit Stellenbosch vier van 6 – 10 Mei sy amptelike GiveWeek, en daar word twee funksies aangebied: NETWERKGELEENTHEID vir FINALEJAARSTUDENTE op 7 Mei om 18:00 in Die Neelsie. Ontmoet van ons top- en suksesvolle alumni binne verskei loopbaanvelde en gesels met hulle oor jóú loopbaan. Studente van alle fakulteite is welkom. Drankies en eetgoed sal bedien word. SPASIE [...]

Lees meer

Waarnemende rektor

​Die Rektor, prof Russel Botman, is met verlof van 2-5 Mei. Prof  Leopoldt van Huyssteen dien as waarnemende Rektor.

Lees meer

US Raad besluit oor Visie 2030, transformasie en koshuisplasingsbeleid

Die posisionering van die Universiteit Stellenbosch (US) as getransformeerde instelling wat die eise van die 21ste-eeuse hoër onderwys die hoof kan bied, is vandag (Maandag 29 April 2013) gevestig toe die US Raad die Bestuur se Institusionele Voorneme en Strategie vir 2013 tot 2018 goedgekeur het. (Kyk na ‘n video van prof Russel Botman, US-rektor, hier. Inetkey [...]

Lees meer

Openbare byeenkoms van die Sentrum vir Chinese Studie: Bestuur van Sekuriteit en Risiko in Verhoudings tussen China en Afrika

Die Sentrum vir Chinese Studies aan die Universiteit Stellenbosch nooi u hiermee vriendelik uit na ’n openbare debat oor die groeiende rol van China se betrokkenheid  in vrede-, sekuriteits- en risikobestuur in Afrika Plek: iKhaya Lodge-konferensiesentrum, Dunkleyplein, Wandelstraat, Kaapstad, 29 April 2013, 17:00 Soos China se ekonomiese uitbreiding voortduur, word die land se rol in [...]

Lees meer
General4Week(2)

Aansoeke word ingewag van studente vir Internasionale Winterskole by US

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch uit om aansoek te doen vir twee internasionale winterskole wat sal plaasvind van 14 Junie – 19 Julie 2013 in Stellenbosch. Beurse sal aan suksesvolle kandidate gebied word wanneer hulle in die winterskool geplaas word. Aansoek sperdatum vir albei winterskole: 03 Mei [...]

Lees meer

Seminaar: Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie (23 April)

Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie Spreker: Dunbar Moodie, Departement Sosiologie, Hobart en William Smith kolleges, Genève en New York Onderwerp: “Roelf Meyer, Francois Venter, the Afrikaner Broederbond and the decision to abandon “group rights” in favour of a “regstaat” (constitutional state).” Datum: Dinsdag 23 April 2013 Tyd: 13:00-14:30 Plek: 4de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou, [...]

Lees meer
100_2972

Eerste in vitro verwekte Holstein-kalwers in SA gebore

Die toepassing van in vitro embrioproduksie (IVEP) het onlangs tot die geboorte van die eerste twee Holstein-verskalwers in Suid-Afrika gelei. Wat dit uniek maak, is die gebruik van ʼn ondersteunende reproduksietegniek wat voorheen nie algemeen in die melkbeesbedryf toegepas is nie. Die versies, wat albei blakend gesond is, is op die plaas Wolwedans van mnr [...]

Lees meer
March2013 007_compressed

Vodacom-werkswinkel voorsien in groeiende vraag na ontwikkelaars vir Android-toepassings

Waarom wag tot jy ’n vierdejaarstudent in rekenaarwetenskap is voordat jy ’n Android-toepassing vir slimfone probeer ontwikkel? Danksy ’n verstandhoudingsooreenkoms met die selfoonreus Vodacom, kan programmering-entoesiaste, (eerstejaars tot senior studente) drie spesialis-werkswinkels gratis hier op kampus bywoon. Die werkswinkels stel studente bloot aan die snelgroeiende en opwindende wêreld van toepassing-ontwikkeling. “Daar is duidelik ’n groot [...]

Lees meer
ScholarshipInfoSession

Oorsese beursgeleenthede vir US studente: NGIK-inligtingsessie

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) sal op Maandag, 22 April 2013 vanaf 17:00-19:00 ‘n beurs inligtingsessie aanbied in die Wilcocks-gebou, kamer 1012. Alle studente wat meer wil weet oor die beurse wat tans beskikbaar is (soos onder genoem), moet dit bywoon! Koördineerders, organiseerder of beurshouers van beurse soos Mandela Rhodes, Rhodes, DAAD en die [...]

Lees meer
ZhejiangPosterAd

Chinese toergroep tree op by konsert in Stellenbosch

’n Kunsgroep van Zhejiang Normal Universiteit, ’n Universiteit in Jinhua-stad, in die Zhejiang-provinsie in China toer vandeesmaand deur Afrika en sal ook optree by die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium op 25 April 2013, om 19:00. Die kunsgroep bestaan uit tradisionele dansers, sangers en kunstenaars wat opgelei is in die klassieke en kontemporêre uitvoerende kunste en [...]

Lees meer

Seminaar: Beleid en praktyk rakende leke-gesondheidswerkers (23 April)

Karen Daniels, ’n spesialiswetenskaplike by die Eenheid vir Gesondheidstelsels van die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika, sal ’n praatjie by die Departement Sielkunde lewer oor die Beleid en praktyk rakende leke-gesondheidswerkers (LGW’s): Lesse uit Suid-Afrika en elders. Daniels se geskiedenis is lank en haar belangstellings wyd, in so ʼn mate dat sy begin besef het dat [...]

Lees meer

Gedenkdiens vir dr Ansie Loots

ʼn Gedenkdiens vir dr Ansie Loots, wat as Koördineerder: Voorgraadse Studies by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gewerk het, word op Donderdag 18 April 2013 om 11:00 in die NG Moederkerk op Stellenbosch gehou nadat sy op Sondag 14 April 2013 oorlede is. Prof Johann de Villiers, Dekaan: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het in ’n huldeblyk [...]

Lees meer
prof  Krige4s

Beplan vroeg en deeglik vir aftrede, sê US-professor

“Dit is nooit te vroeg om vir aftrede te beplan nie.” Só het prof Niel Krige van die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch (US) Dinsdag (16 April) in sy intreerede in die Jannasch-saal van die US se Konservatorium gesê. Volgens Krige moet mense as deel van hul beplanning probeer om langer te werk ten [...]

Lees meer
CCS_Research_Analyst_Harrie_2012_6

Vergroening van betrekkinge tussen China en Afrika

Hierdie is die negende artikel in die reeks oor volhoubaarheid en spesifiek volhoubaarheid binne die Universiteit. Wat doen ons personeellede binne hul kundigheidsterreine, by watter volhoubare projekte en inisiatiewe is hulle betrokke en watter bydrae lewer hulle tot dié belangrike kwessie in die res van Suid-Afrika? Watter volhoubaarheidsaksies is jy mee besig? Laat weet ons [...]

Lees meer