Sentrum vir Indringerbiologie RSS-voer vir hierdie afdeling
HerschelMedalRichardson

Indringerbioloog aangestel as reisende professor by Amerikaanse universiteit

Nóg ’n eer het prof Dave Richardson, Direkteur: Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch (US), te beurt geval met sy aanstelling as ’n James March- reisende professor aan die Universiteit van Vermont (UV), een van Amerika se voorste klein navorsingsuniversiteite. Dít volg slegs enkele weke nadat die John FW Herschel-medalje van die Royal [...]

Lees meer
ProfDaveRichardsonCIBDirector2012

Prof Dave Richardson as nuwe direkteur van Sentrum vir Indringerbiologie aangestel

Die leisels van direkteur van die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (S·I·B) by die Universiteit Stellenbosch is van een wêreldklaswetenskaplike na ’n ander oorgegee. Prof Dave Richardson het dié leiersrol sedert die begin van Mei oorgeneem ná die bedanking van stigtersdirekteur prof Steven Chown, wat sy akademiese loopbaan in Australië sal voortsit. “Die Sentrum [...]

Lees meer
SLC cropped

Besoekers, indringerspesies en klimaatsverandering bedreig ongerepte Antarktika

Antarktika se reputasie as een van die meeste ongerepte omgewings op aarde word bedreig deur uitheemse plante en diere wat onwetend in die bagasie van toeriste en wetenskaplikes na die ysige kontinent gebring word. Veranderende klimate vererger die situasie en maak dit vir hierdie plante makliker om gevestig te raak, indringers te word, en uiteindelik [...]

Lees meer
IimbovaneGroupwithMinisterCreditEDuvenageSU

Minister van Wetenskap en Tegnologie besoek S•I•B

Met haar besoek aan die Universiteit Stellenbosch-kampus op 21 Februarie  het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, me Naledi Pandor, ‘n indrukwekkende oorsig van die uitmuntende werksaamhede en projekte van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (S•I•B) ontvang. Die Minister, wat deur dr Albert van Jaarsveld, Voorsitter en Uitvoerende Hoof: Nasionale Navorsingstigting (NNS), en [...]

Lees meer

Mense deurslaggewend vir bewaring van Kaapse biodiversiteit teen indringerspesies

Mense, politiek en maatskaplike tendense – en nie noodwendig omgewingskwessies soos klimaatsverandering nie – sal die grootste uitwerking hê op hoe goed die Kaap se fynbosdiversiteit in die toekoms teen die toenemende probleem van indringerplante en -diere beskerm sal word. Dít was die boodskap ná ʼn onlangse scenariobeplanningsessie deur ʼn groep Suid-Afrikaanse en Spaanse wetenskaplikes [...]

Lees meer
CandiceLeeLyonsJuly2011

SIB student ontvang prys vir werk oor malariavektore en klimaatsveranderings

Me Candice-Lee Lyons, ʼn doktorale student in Dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Indringerbiologie (SIB), het die prys vir die beste studenteaanbieding by die onlangse konferensie van die Dierkundige Vereniging van Suider-Afrika (ZSSA) op Stellenbosch gewen vir haar praatjie oor die moontlike impak van klimaatsverandering op twee muskietspesies wat bekend is daarvoor [...]

Lees meer
StarlingCreditJPMeyers

National Geographic-toekenning vir S•I•B-studie oor spreeus

Dr Cécile Berthouly-Salazar, ’n nadoktorale genoot van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (S·I·B) aan die Universiteit Stellenbosch, is die ontvanger van ’n National Geographic-navorsings- en verkenningstoekenning om die ruimtelike genetiese struktuur van die indringer- Europese spreeu (Sturnus vulgaris) in Suid-Afrika te bestudeer. Die National Geographic­-vereniging gee deur sy Komitee vir Navorsing en Verkenning [...]

Lees meer
InvasionEncyclopedia

SIB-kennis nou in ensiklopedie oor indringerspesies

Kern-spanlede van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch was deel van ʼn indrukwekkende groep kundiges wat tot ʼn nuwe wêreldensiklopedie oor indringerspesies bygedra het. Die lywige Encyclopedia of Biological Invasions beslaan 792 bladsye, wat 400 kleurillustrasies en 58 tabelle insluit. Dit is onlangs deur die uitgewers van die Universiteit [...]

Lees meer
DaveRichardsonEtonbook20112small

Boek oor indringerspesies gewilde leesstof

Daar het nog ’n publikasie uit die bedrywige pen van prof Dave Richardson verskyn, een wat ’n groot sukses blyk te wees onder lesers wat in kwessies rakende die geskiedenis, wetenskap en filosofie van navorsing oor indringerspesies belang stel. Slegs enkele maande ná dit vrygestel is, oorweeg die uitgewers Wiley-Blackwell alreeds ʼn tweede oplaag van [...]

Lees meer
Navorsing, geskiedenis van Marioneiland en omstreke in nuwe boek saamgevat

Navorsing, geskiedenis van Marioneiland en omstreke in nuwe boek saamgevat

Die eerste lekkerlees koffietafelboek om die geskiedenis, natuurskoon en bewaringsaspekte van Suid-Afrika se mees suidelike grondgebied, Marioneiland en Prins Edwardeiland, uiters visueel saam te vat, is bekendgestel. Die176-blad boek, Marion and Prince Edward –Africa’s Southern Islands is geskryf en saamgestel deur navorsers verbonde aan die Sentrum vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch en die [...]

Lees meer