Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling RSS-voer vir hierdie afdeling

Aansoeke vir Studente as agente van sosiale verandering-kortkursus nou oop

Studente as agente van sosiale verandering, ‘n kortkursus aangebied deur die FVZS Instituut, ondersoek die rol wat studente oor die jare gespeel het in die totstandkoming van positiewe verandering en hervorming vir die samelewing. Temas wat in die kursus gedek word is: die historiese konteks van ras en politiek en huidige uitdagings soos sosio-ekonomiese toestand [...]

Lees meer

Aansoeke vir die FVZS Instituut se Opkomende Maties-kortkursus nou ingewag

Wil jy ontwikkel as ‘n leier? Wil jy ‘n wesenlike verskil in die samelewing maak? Wil jy ander Maties ontmoet wat saam met jou kan groei? Dan moet jy beslis aansoek doen vir die FVZS Instituut se Opkomende Maties-kortkursus. Die kursus fokus op etiese leierskap, globale burgerskap, effektiewe kommunikasie, gemeenskapsleierskap, ens. Die kursus is spesifiek [...]

Lees meer

Entrepreneurs uitgenooi om SEDA-geleentheid by te woon

Die ontwikkelingsagentskap vir klein ondernemings (SEDA), in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) en Stellenbosch Munisipaliteit, sal van 27-29 November die tweede jaarlikse SEDA-entrepreneurskapskou by die Woodmill-mark net buite Stellenbosch aanbied. Die skou vorm deel van Entrepreneurskap-maand en sluit dus aan by ’n wêreldwye inisiatief. Verskeie organisasies, banke, klein besighede, beleggingsmaatskappye, ens., sal tydens die fees [...]

Lees meer
New Hope Summit 2012 085 cropped

Oproep tot aksie by Nuwe Hoop Beraad 2012

Aktiewe burgerskap is noodsaaklik vir die jeug van vandag, veral in die lig van wesentlike veranderinge wat reg oor die wêreld plaasvind. Dít was die strekking van dr Mamphela Ramphele, voormalige visekanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK), se boodskap aan afgevaardigdes by die onlangse Nuwe Hoop Beraad. Dié jaarlikse geleentheid, nou is sy derde [...]

Lees meer
boomplant

US studente doen draf-draf hul deel vir HOOP Projek

“Ons het bykans 1900km gehardloop, 40 dorpe besoek en 39 optredes gelewer, waarvan vyf by tronke was. Ons het ook by die 20 inheemse bome geplant. Dit was werklik vir elkeen in die span ‘n lewensverreikende ervaring.” So beskryf Hentie Smit, leier van ‘n groep studente wat onlangs op ‘n draftoer deur Suid-Afrika gegaan het, [...]

Lees meer
TEDxStellenbosch

TEDxStellenbosch eerskomende Vrydag aangebied

TEDxStellenbosch vind eerskomende Vrydag, 10 Augustus plaas by die Spier Landgoed in Stellenbosch. By TEDxStellenbosch 2012, die derde konferensie in ‘n reeks waarin ons idees vanuit Afrika verken, kyk ons in diepte na die verlede, hede en toekoms van ons kontinent. Deur ‘n groep denkende mense bymekaar te bring, beide sprekers en lede van die [...]

Lees meer

US Vrouedag-viering (8 Aug)

Die Afdeling Gemeenskapsinteraksie (AGI), die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie (BNS) en die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut (FVZS Instituut) vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi u hiermee hartlik uit na ‘n openbare lesing as deel van die institusionele vieringe van Vrouedag van die Universiteit Stellenbosch. Datum: Woensdag, 8 Augustus 2012 Tyd: 12:30-14:00 Lokaal: US Museum/SASOL Kunsmuseum [...]

Lees meer
AdrianBS_107

Ons het ‘n nasie van werknemers geword, nie werkskeppers nie – prof Mohammad Karaan

As studente gevra word wat hul gaan doen nadat hulle gegradueer het, is die meeste geneig om te sê dat hulle van plan is om ʼn “werk te kry”. Dit is een van die primêre probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar. “Ons het ʼn nasie van werknemers geword, nie werkskeppers.” Dit is volgens prof [...]

Lees meer
FVZS Moeletsi Mbeki_Johann Swart-7575

ANC sal kort voor lank mag verloor, voorspel Moeletsi Mbeki

Die ANC sal kort voor lank die bewind afstaan aan ʼn nuwe party wat waarskynlik uit ’n bondgenootskap tussen vakbonde en die sakesektor gebore sal word, voorspel die outeur en entrepreneur mnr Moeletsi Mbeki. Hy het Vrydag, 11 Mei 2012 studente en personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) toegespreek oor sy nuwe boek, Advocates for [...]

Lees meer

Studente berei voor vir Nuwe Hoop Beraad

Studente en studenteleiers het onlangs (14 April) by die amaMaties Hub bymekaargekom om voor te berei vir die Nuwe Hoop Beraad wat in Augustus plaasvind. Hierdie jaar se beraad word deur die Universiteit van Kaapstad gereël en fokus op die uitdagings wat hoëronderwys in Suid-Afrika in die gesig staar. Die Nuwe Hoop Beraad is ʼn [...]

Lees meer
AJ1_0451

Van Zyl Slabbert se nalatenskap by erelesing gehuldig

Die “stem van rede” en iemand wat geleef het volgens die beginsel van “gelykheid voor die reg”. Dit is hoe mnr Harald Pakendorf, politieke joernalis en kommentator wyle dr Frederik Van Zyl Slabbert beskryf het. Mnr Pakendorf was die gasspreker by die eerste erelesing van die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskaps-ontwikkeling (FVZS). Die [...]

Lees meer
vir ppt_eng

Pakendorf-lesing by FVZS Instituut vol bespreek

Al die beskikbare sitplekke vir die Frederik Van Zyl Slabbert erelesing is vol bespreek, maar die lesing deur mnr Harald Pakendorf sal aanlyn gevolg kan word by www.sun.ac.za/streaming. Mnr Pakendorf, politieke joernalis, kommentator en televisie-aanbieder sal as geleentheidspreker wyle dr Frederik Van Zyl Slabbert vereer by die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskaps-ontwikkeling (FVZS) se [...]

Lees meer

Opkomende Maties Kursus: Aansoeke oop tot 2 Maart

Is jy leergierig? Wil jy jou leierskapsvaardighede ontwikkel en ‘n verskil in jou gemeenskap en Suid-Afrika maak? Is jy gereed vir ‘n uitdaging? Dan is hierdie program vir jou! Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi  hiermee eerstejaar-, maar ook tweede- en derdejaarstudente hiermee uit om aansoek te doen vir die Opkomende Maties [...]

Lees meer
To Do Talk Ravi_Johann Swart-7742

Oefen jou kreatiewe spier hoor Maties by 2D0-Lesing

“Ons het almal die kapasiteit om kreatief te wees. Dit is soos ’n spier wat ons moet oefen.” So sê mnr RaviNaidoo, stigter van Design Indaba en Interactive Africa. Hy het, was die spreker by die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS Instituut) se eerste 2DO-lesing wat gisteraand (16 Februarie) in die Konservatorium [...]

Lees meer

Gevorderde kursus in mentorskap: Lewensafrigting – Aansoeke oop

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi hiermee alle studente uit om aansoek te doen vir ‘n geakkrediteerde Gevorderde Kursus in Mentorskap: Lewensafrigting. Onderwerpe wat gedek sal word sluit die Definiëring van Mentorskap, Doelwitstelling, Emosionele Intelligensie en Mentor Leierskap en Afrigting in. Die kursus bestaan uit sewe sessies met die eerste sessie wat [...]

Lees meer