Personeelsukses RSS-voer vir hierdie afdeling
Webometrics2013

US behaal topposisie op vasteland in jongste Webometrics-ranglys

Die Universiteit Stellenbosch (US) beklee tans die topposisie onder Afrika-universiteite volgens die jongste uitslae van die Webometrics Ranking of World Universities wat onlangs bekend gemaak is. Die rangordelys evalueer universiteite op grond van hul web-teenwoordigheid. Webometrics Ranking of World Universities word sedert 2004 halfjaarliks deur die Cybermetrics Lab, ʼn navorsingsgroep van die Spaanse Nasionale Navorsingsraad [...]

Lees meer
WinScience

Drie US vroue kry erkenning by Vroue in Wetenskap-toekennings

Die Universiteit Stellenbosch (US) se vroue-wetenskaplikes is weereens in die kollig nadat die Minister van Wetenskap en Tegnologie erkenning gegee het aan drie top-presteerders by vanjaar se Vroue in Wetenskap-toekennings geleentheid wat onlangs in Johannesburg gehou is. Hulle is Prof Sandra Swart, wat tweede gekom het in die kategorie vir Uitstaande Jong Vroue in die Wetenskap [...]

Lees meer
US OSP Hans Sentrum vir Kompleksiteit – 0007

Besoekende professoraat in Nederland vir Paul Cilliers

Prof Paul Cilliers, hoogleraar in kompleksiteit en filosofie aan die Universiteit Stellenbosch (US), is as Uitgelese Besoekende Professor in die Nagraadse Skool van die Universiteit vir Humanistiek (UvH) in Utrecht, Nederland, aangestel. Luidens ʼn skrywe van die UvH val dié eer hom te beurt op grond van sy “uitstaande wetenskaplike werk op die gebied van [...]

Lees meer
bill_nasson

Professor en voormalige Maties op kortlys van Sunday Times Literêre Toekennings

Twee voormalige Maties en ʼn professor van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Geskiedenis is op die kortlys vir die Sunday Times Literêre Toekennings. Hierdie toekennings bestaan uit die Sunday Times Alan Paton-toekenning vir Nie-Fiksie en die Fiksieprys. Voormalige Matie Adriaan Basson se boek Finish & Klaar (uitgegee deur Tafelberg) en die US se prof Bill Nasson se [...]

Lees meer
Mark_Swilling

Stellenbosse professor medeskrywer van VN-volhoubaarheidsverslag

Teen 2050 kan die mensdom ʼn geraamde 140 miljard ton minerale, erts, fossielbrandstof en biomassa per jaar verslind – drie keer die huidige syfer – tensy die ekonomiese groeikoers “ontkoppel” word van die tempo waarteen ons natuurlike hulpbronne verbruik. Dít is luidens ʼn nuwe verslag van die Verenigde Nasies (VN) wat op 12 Mei uitgereik [...]

Lees meer
SU Conflict Mediation Barney Jordaan small

US kenner in bemiddeling en geskilbeslegting aangestel by Wêreldbank

Prof Barney Jordaan, Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB)-dosent en hoof van die USB se Afrika-Sentrum vir Geskilbeslegting, is gekies om as bemiddelaar in die Wêreldbank Groep se Kantoor vir Bemiddelingsdienste (Office for Mediation Services, MEF) te dien. Prof Jordaan se kontrakaanstelling by die Wêreldbank bevestig internasionale erkenning vir die werk wat by die USB se Afrika [...]

Lees meer
InvasionEncyclopedia

SIB-kennis nou in ensiklopedie oor indringerspesies

Kern-spanlede van die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) aan die Universiteit Stellenbosch was deel van ʼn indrukwekkende groep kundiges wat tot ʼn nuwe wêreldensiklopedie oor indringerspesies bygedra het. Die lywige Encyclopedia of Biological Invasions beslaan 792 bladsye, wat 400 kleurillustrasies en 58 tabelle insluit. Dit is onlangs deur die uitgewers van die Universiteit [...]

Lees meer
ProfSavelDanielsApril2011 001

Biotegnoloog en dierkundige van US onder NWTF-finaliste

Twee navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Plant- en Dierkunde in die Fakulteit Natuurwetenskap – prof Savel Daniels, ʼn kundige oor ongewerwelde diere, en dr Nox Makunga, ʼn biotegnoloog wat in geneeskragtige plante spesialiseer – is as finaliste in die jaarlikse toekenningsgeleentheid van die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF) aangewys. Die wenners sal [...]

Lees meer

US professors deur president Zuma vereer

Prof Marlene van Niekerk, bekroonde skrywer verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Afrikaans en Nederlands en prof Piet Steyn, ’n vorige hoof van die US se Afdeling Navorsingsontwikkeling, was op 27 April, Vryheidsdag, met Nasionale Ordes deur President Jacob Zuma vereer.  Die Nasionale Ordes is die hoogste toekenning deur die president van die [...]

Lees meer
Prof_Leon

US professor wen top prys

Die Universiteit Stellenbosch se Prof Leon de Kock van die Departement Engels is aangewys as die wenner van die 2010 Thomas Pringle toekenning vir ‘n literêre artikel. Prof De Kock het die prys gewen vir sy artikel in Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 25(3) 2009, getiteld: Cracking the Code: Translation as Transgression in Triomf”. Die Thomas Pringle [...]

Lees meer
‘Kompleksiteitsrevolusie’ losgelaat

‘Kompleksiteitsrevolusie’ losgelaat

‘n Boek wat tradisionele sienings oor etiek en organisasies op hul kop keer, het die lig gesien by die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Studies in Kompleksiteit (SSK). In Complexity, Difference and Identity: An Ethical Perspective word aangevoer organisasies is nie maklik definieerbare en ondubbelsinnige entiteite nie, maar “komplekse lewende stelsels” vol dinamiese wisselwerking tussen [...]

Lees meer