Regsgeleerdheid RSS-voer vir hierdie afdeling

InnovUS-geleentheid plaas kollig op idees wat wêreld beter plek kan maak

Innovasie Mavericks is ’n inisiatief met trots aangebied deur InnovUS, die innovasiemaatskappy van die Universiteit Stellenbosch Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê. As deel daarvan vind ’n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die [...]

Lees meer
Johan_Leanneklein

Studentesukses aan die US gevier by EA se prestige-aand

Die spesiale en belangrike verhouding tussen studente en dosente is Dinsdag (9 April 2013) gevier by die Rektor se ete vir topstudente, aangebied deur die Eerstejaarsakademie (EA) van die Universiteit Stellenbosch (US). Die 30 studente wat verlede jaar (2012), in hul eerste jaar op universiteit, die beste presteer het op akademiese gebied is tydens hierdie [...]

Lees meer

Kollokwium: Nasionale Normtoetse (16 April)

Die Sentrum vir Voornemende Studente nooi u vriendelik uit na die Universiteit Stellenbosch Nasionale Normtoets (NNT) Kollokwium Datum: Dinsdag 16 April 2013 Tyd: 08:30 vir 09:00 tot 12:00 Plek: Den Bosch (geleë agter die Ontwikkelingskantoor van die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling, Victoriastraat 39) RSVP teen Vrydag 12 April by Eloize Fry (eloize@sun.ac.za) PROGRAM  9:00 [...]

Lees meer

Hoofregter Mogoeng Mogoeng bied Jaarlikse Menseregte-lesing aan: 25 April

Prof Sandra Liebenberg, HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregte, en prof Sonia Human, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch, nooi u vriendelik uit na die jaarlikse Menseregte-lesing aangebied deur Hoofregter Mogoeng Mogoeng, Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika. Sy onderwerp sal wees: ‘The Implications of the Office of the Chief Justice for Constitutional [...]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou [...]

Lees meer

Nadoktorale Navorsingsgenootskap: Departement Publiekreg

Die Departement Publiekreg by die Universiteit Stellenbosch het ’n posisie vir ’n Nadoktorale navorsingsgenoot. Fokus van navorsing: Die suksesvolle kandidaat se navorsing moet verkieslik fokus op internasionale strafreg, en meer bepaald die normatiewe en transformerende aspekte van internasionale strafregspleging en die toepassing van internasionale strafreg in nasionale regstelsels. Die navorsing moet verder gaan as positivistiese [...]

Lees meer
AJ3_2076

US se Maart-gradeplegtighede skop af

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandag (11 Maart) die eerste byeenkoms van sy Maart-gradeplegtighede gehou waartydens altesaam 823 Maties graad gevang het (video). Studente in die Fakulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Regsgeleerdheid, Teologie en Krygskunde het hul grade ontvang. Prof Julian Smith, Viserektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel, het in sy verwelkoming gesê die US beywer hom [...]

Lees meer

Professorale intreerede: Prof Oliver C Ruppel (19 Maart)

Prof Oliver C Ruppel van die Departement Handelsreg lewer Dinsdag, 19 Maart 2013, sy professorale intreerede. Titel: Intersections of Law and Cooperative Global Climate Governance: Challenges in the Anthropocene Datum: Dinsdag, 19 Maart 2013 Tyd: 17:00 vir 17:30 Plek: Ou Hoofgebou, hoek van Victoria- en Ryneveldstraat Verversings word na die intreerede bedien. Dui asseblief aan of u wel die [...]

Lees meer
Kleur

Openbare lesing: ‘Apple teen Samsung – die ontwerpstryd’

Die jaarlikse openbare lesing van die Universiteit Stellenbosch (US) se Leerstoel in Intellektuele Goederereg word vanjaar op 7 Maart 2013 deur prof Charles Gielen van Groningen Universiteit (Nederland) aangebied. Die onderwerp van sy lesing is “Apple v Samsung – the design wars”. Prof Gielen sal die belang van handelsmerke en geregistreerde ontwerpe ondersoek vir sover [...]

Lees meer
AJ1_7879_S

Matie-professor vertel van suksesvolle kopieregstryd teen Disney

Die boeiende verhaal van hoe ’n arm Suid-Afrikaanse familie ’n epiese kopieregstryd teen die internasionale vermaaklikheidsreus Walt Disney en ander gewen het, is die onderwerp van ’n nuwe boek deur Maties se prof Owen Dean. Die boek getiteld Awakening the Lion – The case of ‘The Lion Sleeps Tonight’ is deur Tafelberg uitgegee. Dean, die [...]

Lees meer

E-registrasie open vir US-studente

Nie lus om in ’n lang tou in die warm son te staan om by die Universiteit Stellenbosch te registreer nie? Maak dan gebruik van die US se selfregistrasiestelsel by www.mymaties.com. Eerstejaars, voorgraadse studente in hul tweede jaar of hoër en nagraadse studente wat verlede jaar as ’n student by die US geregistreer was, word aangemoedig [...]

Lees meer
Arthur_Chaskalson_IACM2012_Stellenbosch_University

Oudhoofregter Chaskalson het ‘vorm gegee’ aan SA se nuwe bestel

Die Universiteit Stellenbosch (US) het “met leedwese kennis geneem” van die dood van dr Arthur Chaskalson, voormalige hoofregter van Suid-Afrika, op 1 Desember 2012, het die rektor en visekanselier, prof Russel Botman, die naweek gesê. Chaskalson, wat die eerste president van Suid-Afrika se Konstitusionele Hof was, het in 2007 ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit ontvang [...]

Lees meer

Skryfkonsultante benodig

Die Regsfakulteit van die Universiteit Stellenbosch verwelkom graag aansoeke van voornemende deeltydse Skryfkonsultante om regstudente by te staan in die ontwikkeling van hul skryfvaardighede. Sleutelaspekte van die pos sluit in: -          Verleen bystand aan regstudente in die ontwikkeling van hul skryfvaardighede; -          Behartig individuele konsultasies met regstudente om probleme met betrekking tot skryfopdragte te bespreek; [...]

Lees meer
AJ2_9685

Jong sakereggeleerdes aangemoedig om by mekaar te leer

Jong sakeregnavorsers van reg oor die wêreld is aangemoedig om die derde Young Property Lawyers Forum (YPLF), wat dié week in Stellenbosch aangebied is, te gebruik om by mekaar te leer en die internasionale netwerk van jong sakereggeleerdes te versterk. Hulle en senior sakereggeleerdes van lande soos Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika, die Verenigde [...]

Lees meer

Jong sakeregnavorsers van reg oor die wêreld kom op Stellenbosch byeen

Jong sakeregnavorsers en senior sakeregsgeleerdes van lande soos Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk, België, Israel en Australië sal volgende week in Stellenbosch bymekaarkom vir die derde Young Property Lawyers Forum (YPLF). Hierdie forum skep ’n geleentheid vir jong sakeregsgeleerdes om ʼn internasionale netwerk te vestig en om ʼn meer globale element [...]

Lees meer