Kennisgewings RSS-voer vir hierdie afdeling

Openbare byeenkoms van die Sentrum vir Chinese Studie: Bestuur van Sekuriteit en Risiko in Verhoudings tussen China en Afrika

Die Sentrum vir Chinese Studies aan die Universiteit Stellenbosch nooi u hiermee vriendelik uit na ’n openbare debat oor die groeiende rol van China se betrokkenheid  in vrede-, sekuriteits- en risikobestuur in Afrika Plek: iKhaya Lodge-konferensiesentrum, Dunkleyplein, Wandelstraat, Kaapstad, 29 April 2013, 17:00 Soos China se ekonomiese uitbreiding voortduur, word die land se rol in [...]

Lees meer
General4Week(2)

Aansoeke word ingewag van studente vir Internasionale Winterskole by US

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch uit om aansoek te doen vir twee internasionale winterskole wat sal plaasvind van 14 Junie – 19 Julie 2013 in Stellenbosch. Beurse sal aan suksesvolle kandidate gebied word wanneer hulle in die winterskool geplaas word. Aansoek sperdatum vir albei winterskole: 03 Mei [...]

Lees meer
ScholarshipInfoSession

Oorsese beursgeleenthede vir US studente: NGIK-inligtingsessie

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) sal op Maandag, 22 April 2013 vanaf 17:00-19:00 ‘n beurs inligtingsessie aanbied in die Wilcocks-gebou, kamer 1012. Alle studente wat meer wil weet oor die beurse wat tans beskikbaar is (soos onder genoem), moet dit bywoon! Koördineerders, organiseerder of beurshouers van beurse soos Mandela Rhodes, Rhodes, DAAD en die [...]

Lees meer
ZhejiangPosterAd

Chinese toergroep tree op by konsert in Stellenbosch

’n Kunsgroep van Zhejiang Normal Universiteit, ’n Universiteit in Jinhua-stad, in die Zhejiang-provinsie in China toer vandeesmaand deur Afrika en sal ook optree by die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium op 25 April 2013, om 19:00. Die kunsgroep bestaan uit tradisionele dansers, sangers en kunstenaars wat opgelei is in die klassieke en kontemporêre uitvoerende kunste en [...]

Lees meer

Gedenkdiens vir dr Ansie Loots

ʼn Gedenkdiens vir dr Ansie Loots, wat as Koördineerder: Voorgraadse Studies by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gewerk het, word op Donderdag 18 April 2013 om 11:00 in die NG Moederkerk op Stellenbosch gehou nadat sy op Sondag 14 April 2013 oorlede is. Prof Johann de Villiers, Dekaan: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het in ’n huldeblyk [...]

Lees meer
2L61SACD_Nordic_Voices

“Band Extravaganza” en “Nordic Voices” vir Endler-naweek

Die Endler-konsertreeks bied Vrydag 19 April om 20:00 die jaarlikse Band Extravaganza in die Endler-saal aan. Soos die Stellenbosch Band Festival van ’n paar jaar gelede, tree die Universiteit Stellenbosch Koperblaas-ensemble en die Universiteit Stellenbosch se Simfoniese Blaasorkes (USSBE) op, asook drie hoërskoolorkeste. Die gekombineerde Wynberg Boys’ High en Girls’ High School Concert Band word gedirigeer deur [...]

Lees meer

Program: US-voordele

Menslike Hulpbronne bied op 22,23 & 24 April 2013 ʼn program aan vir  alle permanente US-personeellede: “US VOORDELE”. Daar is net 15 plekke beskikbaar.  Kies ’n datum en tyd wat u pas. Raadpleeg gerus die ingeslote dokument vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf.

Lees meer

Menslike Hulpbronne se Kitsgids binnekort beskikbaar

MENSLIKE HULPBRONNE se nuwe KITSGIDS sal teen einde April 2013 beskikbaar wees. Maak asseblief seker u maak u salarisstrokie einde April 2013 oop om toegang te kry tot hierdie nuttige dokument. Die KITSGIDS sal ook binnekort beskikbaar wees op Menslike Hulpbronne se tuisblad.

Lees meer
stylgidsvoorblad_scanned

Dr met ʼn punt of daarsonder? Bygewerkte stylgids nuttig vir almal

Die Taaldiens, ‘n eenheid van die US se Taalsentrum, het laat verlede jaar sy bygewerkte Stylgids vrygestel. Die Stylgids bevat riglyne oor die gebruik van Afrikaans en is veral gemik op redigeerders en vertalers wat werk vir die Taalsentrum of Universiteit doen, maar dit kan handig vir enigeen wees. “Mense wonder byvoorbeeld dikwels of titelafkortings [...]

Lees meer

Waarnemende rektor terwyl prof Botman in die VSA is

Die Rektor, prof Russel Botman, is tans in die VSA om die Abraham Kuyper-prys vir Uitnemendheid in Gereformeerde Teologie en die Openbare Lewe te ontvang en met alumni in New York te ontmoet. Hy sal weer 23 April op kantoor wees. Prof Julian Smith dien as waarnemende Rektor.

Lees meer

Spangebaseerde leer (SBL): Wat bied hierdie metode van aanbieding?

Die Natuurwetenskap Onderrig en Leer-gespreksforum onder leiding van prof Ingrid Rewitzky nooi u graag uit na die volgende ’n seminaar deur Prof Judy Paterson van die Departement Wiskunde van Auckland Universiteit in Nieu-Seeland op 22 April 2013. Plek: Den Bosch Tyd: 13:00 – 14:00 Datum: 22 April 2013 Prof Paterson is ʼn Wiskunde-opvoeder wat saam [...]

Lees meer

Ingenieurswese Opedag (20 April)

Jy het ‘n gulde geleentheid om meer uit te vind oor die interessante werk van ingenieurs by die Fakulteit Ingenieurswese se Opedag op Saterdag 20 April 2013. Daar sal tientalle opwindende uitstallings en demonstrasies wees wat sal toon hoe ingenieurs wetenskap en tegnologie inspan om die wêreld ‘n beter plek te maak. Kom loer enige [...]

Lees meer
Maureen_stap

US-personeel takel 5 km Welwees Pretstap/draf 2013

Die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch (US) was ʼn miernes van bedrywigheid op Donderdag 11 April toe 239 US-personeellede aan die derde jaarlikse 5 km Welwees Pretstap/draf deelgeneem het. Dié geleentheid is reeds ʼn instelling op die Universiteit se Welwees-kalender. Me Maureen Kennedy, Bestuurder: Werknemer Welwees, het gesê Donderdag se wedloop wys dat, benewens die [...]

Lees meer

Kies die Taaldiens vir redigeer- en vertaalwerk

Werk die woorde nie saam nie? Is daar ’n ekstra paar oë nodig vir ’n dokument? Nuusbydraes, verslae, akademiese artikels, tesisse, briewe, kennisgewings, notules, agendas… die Taaldiens by die US se Taalsentrum redigeer en vertaal ’n breë spektrum dokumente vir die Universiteit en eksterne kliënte. Die diens word in Afrikaans en Engels gelewer. Moet dus [...]

Lees meer

InnovUS-geleentheid plaas kollig op idees wat wêreld beter plek kan maak

Innovasie Mavericks is ’n inisiatief met trots aangebied deur InnovUS, die innovasiemaatskappy van die Universiteit Stellenbosch Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê. As deel daarvan vind ’n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die [...]

Lees meer