Personeel RSS-voer vir hierdie afdeling
Russel Botman Kuyper Prize 2-s

‘Wanhopige jeug moet hoop op beter toekoms gebied word’ – prof Russel Botman in 2013 Kuyper-prys lesing, Princeton, VSA

Globalisering kan die jeug wêreldwyd toenemend in die arms van fanatiese en ekstremistiese groepe dryf weens openbare en ekonomiese beleid wat die armes en ander gemarginaliseerde groepe bly uitsluit. Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), gisteraand (18 April) in die VSA gewaarsku. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer

Gedenkdiens vir dr Ansie Loots

ʼn Gedenkdiens vir dr Ansie Loots, wat as Koördineerder: Voorgraadse Studies by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gewerk het, word op Donderdag 18 April 2013 om 11:00 in die NG Moederkerk op Stellenbosch gehou nadat sy op Sondag 14 April 2013 oorlede is. Prof Johann de Villiers, Dekaan: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het in ’n huldeblyk [...]

Lees meer
prof  Krige4s

Beplan vroeg en deeglik vir aftrede, sê US-professor

“Dit is nooit te vroeg om vir aftrede te beplan nie.” Só het prof Niel Krige van die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch (US) Dinsdag (16 April) in sy intreerede in die Jannasch-saal van die US se Konservatorium gesê. Volgens Krige moet mense as deel van hul beplanning probeer om langer te werk ten [...]

Lees meer

Investering in volhoubare stede deurslaggewend vir verbeterde hulpbron effektiwiteit en die uitwissing van armoede

Investering in volhoubare infrastruktuur en hulpbron effektiewe tegnologieë in stede bied ‘n gulde geleentheid om ekonomiese groei te lewer gekenmerk deur laer vlakke van omgewings-agteruitgang, ‘n vermindering in armoede, verminderde kweekhuisgasse en verbeterde welwees. Dit is volgens ‘n nuwe verslag wat vandag (17 April 2013) deur die Verenigde Nasies in Nairobi in Kenia, bekendgestel is. [...]

Lees meer

Program: US-voordele

Menslike Hulpbronne bied op 22,23 & 24 April 2013 ʼn program aan vir  alle permanente US-personeellede: “US VOORDELE”. Daar is net 15 plekke beskikbaar.  Kies ’n datum en tyd wat u pas. Raadpleeg gerus die ingeslote dokument vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf.

Lees meer

Menslike Hulpbronne se Kitsgids binnekort beskikbaar

MENSLIKE HULPBRONNE se nuwe KITSGIDS sal teen einde April 2013 beskikbaar wees. Maak asseblief seker u maak u salarisstrokie einde April 2013 oop om toegang te kry tot hierdie nuttige dokument. Die KITSGIDS sal ook binnekort beskikbaar wees op Menslike Hulpbronne se tuisblad.

Lees meer

Mentorskapprogram vir personeel

Mentorskap is ’n belangrike instrument om leer te bevorder en om ʼn kultuur binne die US te skep waarin alle personeellede optimaal ondersteun voel in hul strewe na ’n bevredigende en suksesvolle loopbaan. Die Afdeling Menslike Hulpbronne het ʼn pasgemaakte raamwerk en opleidingsprogram ontwikkel ten einde mentors en mentees optimaal te ondersteun in hierdie verhouding. [...]

Lees meer

STIAS-lesing: Prof Ian Hacking (30 April)

U word hiermee uitgenooi na die vierde openbare STIAS-lesing van 2013. Die geleentheid bied aan akademici, navorsers en studente van die US en in die Wes-Kaap, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, die kans om meer te wete te kom oor die werksaamhede van STIAS-genote. By hierdie geleentheid sal prof Ian Hacking, Ere-professor in Wetenskapsfilosofie [...]

Lees meer
stylgidsvoorblad_scanned

Dr met ʼn punt of daarsonder? Bygewerkte stylgids nuttig vir almal

Die Taaldiens, ‘n eenheid van die US se Taalsentrum, het laat verlede jaar sy bygewerkte Stylgids vrygestel. Die Stylgids bevat riglyne oor die gebruik van Afrikaans en is veral gemik op redigeerders en vertalers wat werk vir die Taalsentrum of Universiteit doen, maar dit kan handig vir enigeen wees. “Mense wonder byvoorbeeld dikwels of titelafkortings [...]

Lees meer
Foto prof Wasserman

Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer rits US-akademici

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon weer vanjaar ʼn hele aantal kundiges verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die pryse sal tydens twee bekroningsplegtighede, onderskeidelik in Pretoria (27 Junie) en Stellenbosch (13 September) oorhandig word. Die US-bekroondes sluit in prof Eugene Cloete, Viserektor: Leer en Onderrig; prof Albert Grundlingh, Voorsitter van die Departement [...]

Lees meer

Waarnemende rektor terwyl prof Botman in die VSA is

Die Rektor, prof Russel Botman, is tans in die VSA om die Abraham Kuyper-prys vir Uitnemendheid in Gereformeerde Teologie en die Openbare Lewe te ontvang en met alumni in New York te ontmoet. Hy sal weer 23 April op kantoor wees. Prof Julian Smith dien as waarnemende Rektor.

Lees meer

Stellenbosch Forum-lesing: Prof Jacky Snoep (24 April)

U word hiermee uitgenooi na die derde Stellenbosch Forum-lesing van die jaar. Die Stellenbosch Forum-lesingreeks het sy ontstaan gehad in 1990 en bied sedertdien aan personeel en studente aan die US, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, gereelde geleenthede om meer te leer oor relevante, wêreldklas-navorsing wat aan die US gedoen word. Navorsers word by [...]

Lees meer

Spangebaseerde leer (SBL): Wat bied hierdie metode van aanbieding?

Die Natuurwetenskap Onderrig en Leer-gespreksforum onder leiding van prof Ingrid Rewitzky nooi u graag uit na die volgende ’n seminaar deur Prof Judy Paterson van die Departement Wiskunde van Auckland Universiteit in Nieu-Seeland op 22 April 2013. Plek: Den Bosch Tyd: 13:00 – 14:00 Datum: 22 April 2013 Prof Paterson is ʼn Wiskunde-opvoeder wat saam [...]

Lees meer

Pilates-kursus: Oefening is ‘n proses

Die Departement Sportwetenskap bied op die volgende datums ’n Pilates-kursus aan: 27 April: 08:30-17:00 28 April: 09:00-13:00 30 April: 17:00-19:00 7 Mei: 17:00-19:00 11 Mei: 08:30-17:00 12 Mei: 08:30-13:00 25 Julie: 19:00-20:30 (Eksamen) Die kursusganger sal bemagtig word om die basiese Pilates-beginsels, wat ongeveer ʼn eeu gelede deur Joseph Pilates ontwikkel is, te verstaan en [...]

Lees meer

Ketelbal-werkswinkel (20 April)

Ketelbal-oefening is ʼn noodsaaklike deel van enige krag- en kondisioneringsprogram, en hou aan om ʼn noodsaaklike invloed op die daaglikse ontwikkeling van ʼn program te hê. ʼn Ketelbal-werkswinkel word Saterdag 20 April 2013 vanaf 09:00-12:00 deur die Departement Sportwetenskap aangebied. U is welkom om by die wêreldbekende “Strong First Senior”-instrukteur Shaun Cairn aan te sluit en [...]

Lees meer