Studente RSS-voer vir hierdie afdeling
General4Week(2)

Aansoeke word ingewag van studente vir Internasionale Winterskole by US

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch uit om aansoek te doen vir twee internasionale winterskole wat sal plaasvind van 14 Junie – 19 Julie 2013 in Stellenbosch. Beurse sal aan suksesvolle kandidate gebied word wanneer hulle in die winterskool geplaas word. Aansoek sperdatum vir albei winterskole: 03 Mei [...]

Lees meer
March2013 007_compressed

Vodacom-werkswinkel voorsien in groeiende vraag na ontwikkelaars vir Android-toepassings

Waarom wag tot jy ’n vierdejaarstudent in rekenaarwetenskap is voordat jy ’n Android-toepassing vir slimfone probeer ontwikkel? Danksy ’n verstandhoudingsooreenkoms met die selfoonreus Vodacom, kan programmering-entoesiaste, (eerstejaars tot senior studente) drie spesialis-werkswinkels gratis hier op kampus bywoon. Die werkswinkels stel studente bloot aan die snelgroeiende en opwindende wêreld van toepassing-ontwikkeling. “Daar is duidelik ’n groot [...]

Lees meer
ScholarshipInfoSession

Oorsese beursgeleenthede vir US studente: NGIK-inligtingsessie

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) sal op Maandag, 22 April 2013 vanaf 17:00-19:00 ‘n beurs inligtingsessie aanbied in die Wilcocks-gebou, kamer 1012. Alle studente wat meer wil weet oor die beurse wat tans beskikbaar is (soos onder genoem), moet dit bywoon! Koördineerders, organiseerder of beurshouers van beurse soos Mandela Rhodes, Rhodes, DAAD en die [...]

Lees meer
IMG_0948

US Alumni gee hul steun vir telethon en studentebeurse

Alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) het gehoor gegee aan ʼn uitnodiging om betrokke te word by ʼn inisiatief wat poog om geleenthede vir ander studente om ook by ʼn wêreldklas instelling te studeer en saam is daar net meer as R100 000 ingesamel. Dit was die resultaat van die US se jaarlikse telethon, die Ploeg [...]

Lees meer

STIAS-lesing: Prof Ian Hacking (30 April)

U word hiermee uitgenooi na die vierde openbare STIAS-lesing van 2013. Die geleentheid bied aan akademici, navorsers en studente van die US en in die Wes-Kaap, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, die kans om meer te wete te kom oor die werksaamhede van STIAS-genote. By hierdie geleentheid sal prof Ian Hacking, Ere-professor in Wetenskapsfilosofie [...]

Lees meer

Waarnemende rektor terwyl prof Botman in die VSA is

Die Rektor, prof Russel Botman, is tans in die VSA om die Abraham Kuyper-prys vir Uitnemendheid in Gereformeerde Teologie en die Openbare Lewe te ontvang en met alumni in New York te ontmoet. Hy sal weer 23 April op kantoor wees. Prof Julian Smith dien as waarnemende Rektor.

Lees meer

Stellenbosch Forum-lesing: Prof Jacky Snoep (24 April)

U word hiermee uitgenooi na die derde Stellenbosch Forum-lesing van die jaar. Die Stellenbosch Forum-lesingreeks het sy ontstaan gehad in 1990 en bied sedertdien aan personeel en studente aan die US, sowel as belangstellendes vanuit die publiek, gereelde geleenthede om meer te leer oor relevante, wêreldklas-navorsing wat aan die US gedoen word. Navorsers word by [...]

Lees meer

Pilates-kursus: Oefening is ‘n proses

Die Departement Sportwetenskap bied op die volgende datums ’n Pilates-kursus aan: 27 April: 08:30-17:00 28 April: 09:00-13:00 30 April: 17:00-19:00 7 Mei: 17:00-19:00 11 Mei: 08:30-17:00 12 Mei: 08:30-13:00 25 Julie: 19:00-20:30 (Eksamen) Die kursusganger sal bemagtig word om die basiese Pilates-beginsels, wat ongeveer ʼn eeu gelede deur Joseph Pilates ontwikkel is, te verstaan en [...]

Lees meer

Kassier-beursfonds by Maties se AgriWetenskappe se alumni-funksie bekendgestel

Gerespekteerde landbou-ekonoom prof Eckart Kassier sal op 3 Mei op Stellenbosch die eregas by ʼn alumni-geleentheid van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe en die Afdeling vir Alumni-verhoudinge wees waartydens ʼn nagraadse beursfonds, wat sy naam sal dra, bekendgestel sal word. Hierdie beurs sal jaarliks aan toppresteerders in landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch toegeken word. [...]

Lees meer

Ketelbal-werkswinkel (20 April)

Ketelbal-oefening is ʼn noodsaaklike deel van enige krag- en kondisioneringsprogram, en hou aan om ʼn noodsaaklike invloed op die daaglikse ontwikkeling van ʼn program te hê. ʼn Ketelbal-werkswinkel word Saterdag 20 April 2013 vanaf 09:00-12:00 deur die Departement Sportwetenskap aangebied. U is welkom om by die wêreldbekende “Strong First Senior”-instrukteur Shaun Cairn aan te sluit en [...]

Lees meer
Russel Botman met gesogte Abraham Kuyper-prys vereer

Russel Botman met gesogte Abraham Kuyper-prys vereer

Ekonomiese globalisering en die huidige finansiële krisis bedreig nie net die volhoubaarheid van die planeet nie, maar ook die morele welstand van die mensdom en die toekoms van jongmense wêreldwyd. Dít gaan die boodskap van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), wees wanneer hy volgende week die Princeton Teologiese Seminarium [...]

Lees meer
Sampie_Terreblanche

US se prof Sampie Terreblanche ontvang eredoktorsgraad van Universiteit van Pretoria

Prof Sampie Terreblanche, voormalige hoogleraar in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch (US), is Woensdag 10 April met ’n eredoktorsgraad (DCom, honoris cause) van die  Universiteit van Pretoria vereer. Dié bekende ekonoom het vanaf 1965 tot met sy aftrede in 1995 Ekonomie aan die US doseer. Daarna het hy as emeritusprofessor voortgegaan om klas te gee [...]

Lees meer
Johan_Leanneklein

Studentesukses aan die US gevier by EA se prestige-aand

Die spesiale en belangrike verhouding tussen studente en dosente is Dinsdag (9 April 2013) gevier by die Rektor se ete vir topstudente, aangebied deur die Eerstejaarsakademie (EA) van die Universiteit Stellenbosch (US). Die 30 studente wat verlede jaar (2012), in hul eerste jaar op universiteit, die beste presteer het op akademiese gebied is tydens hierdie [...]

Lees meer
Frederik van Zyl Slabbert – SSFD 1  IMG_8245

Personeel en studente genooi na FVZS-erelesing met dr Maria Ramos (26 April)

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling bied jaarliks ’n erelesing aan om kritiese denke en waagmoedige gesprekke oor onderwerpe wat kan meewerk aan ’n beter toekoms vir ons land en die kontinent, te stimuleer. Die Instituut moedig interaksie tussen studente, akademici, die groter gemeenskap en prominente leiers op verskillende terreine aan. Alumni, vriende, [...]

Lees meer

Studenteraad steun mosie vir voorgestelde koshuisplasingsbeleid

Die Studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (US) het die US- en Konvokasie-besture ingelig dat hy die mosie steun wat uitgebring is ter ondersteuning van die voorgestelde koshuisplasingsbeleid. ʼn Buitengewone vergadering van die Konvokasie van die US word op Donderdag 11 April om 19:00 in die Endlersaal in Victoriastraat in Stellenbosch gehou om oor twee [...]

Lees meer