Etiketargiewe Endler Concert Series
gabriel-duo

Musiek uit die hemel vir Endler-konsertreeks

Musiek vir fluit en harp roep beelde op van hemelse tonele, en die beeld word dalk verder bevorder deur die gewildheid van Mozart se treffende concerto vir hierdie twee instrumente. Die Endler-konsertreeks het selde, indien ooit, ‘n hele konsert afgestaan aan ‘n fluit-en-harp-duo-repertorium. Op Sondag 17 Februarie om 16:30 sal die Gabriel Duo, wat bestaan [...]

Lees meer

Wêreldorkes tree in Endler op

‘n Orkes wat bestaan uit musici vanaf 60 lande en wat gedirigeer word deur Josep Vicent vier vanjaar sy 14de internasionale toer. Suid-Afrika is die eerste been van die United in Music-toer, ‘n projek van musikale uitruiling en solidariteit deur die Wêreldorkes. As ‘n resultaat van die ywerige diplomatieke en sosiale missie van maestro Josep [...]

Lees meer
KonstantinScherbakov

Meesterlike Russiese pianis sluit Endler-konsertreeks op hoë noot af

Die Endler-konsertreeks sal Saterdag 3 November op dramatiese wyse afgesluit word met ’n konsert deur die meesterlike Russiese pianis Konstantin Scherbakov. Scherbakov het ’n besonders smaakvolle artistieke uitset. Buiten sy status as solo-pianis, pronk sy klavierkonsertuitset met ’n totaal van meer as 50 werke, en optredes saam met van die wêreld se mees hoogaangeskrewe orkeste. [...]

Lees meer

Konserte in die Endler: Openbare eksamens

Teken hierdie datums in jou dagboek aan: Die Endler-konsertreeks bied op 3 November ’n klavieruitvoering aan en die Departement Musiek se openbare eksamens vind van 5 November af plaas. ENDLER KONSERTREEKS 3 NOVEMBER: 20h00, PRESTIGE: KONSTANTIN SCHERBAKOV KLAVIERUITVOERING Lizst, Schumann, Saint-Saens Bespreek nou by Computicket ********************************************************* DEPARTEMENT MUSIEK OPENBARE EKSAMENS – NOVEMBER 2012 MAANDAG 5 NOVEMBER: [...]

Lees meer
schoeman 3

USSO bring hulde aan die grotes van die 20ste eeu

Namate ons die 21ste eeu betree, raak die idee van 20ste-eeuse kunsmusiek al minder angswekkend. Die grootste 20ste-eeuse komposisies sluit sekerlik al Sjostakowitsj se simfonieë in, wat reeds nie meer dissonant en hoekig op die moderne oor val nie, maar eerder swoel, kragtig en intens ekspressief. Sy vyfde simfonie is waarskynlik die gewildste, met die [...]

Lees meer
Wolfgang Schmidt

Stellenbosch Universiteit Camerata skitter voort

Die bekroonde Stellenbosch Universiteit Camerata tree weer op in samewerking met uitgesoekte, internasionaal-erkende musici. Na die onlangse twee uitverkoopte optredes saam met superviolis Joshua Bell, berei die groep nou ‘n program voor waarin die bekende Duitse tjellis Wolfgang Emanuel Schmidt sal optree, onder leiding van Nederlandse dirigent Arjan Tien. Reeds deur die legendariese Rostropovich uitgewys [...]

Lees meer

UCT Trio tree in Endler op: 15 September

Die UCT Trio bestaan uit drie vooraanstaande plaaslike musici wat almal betrokke is by die Suid-Afrikaanse Kollege van Musiek by die Universiteit van Kaapstad. Hulle is Liesl Stoltz, Farida Bacharova en Albie van Schalkwyk. Die konsert vind Saterdag, 15 September, om 20:00 in die Endler-saal plaas. Kaartjies teen R99 en R75 is by Computicket beskikbaar, [...]

Lees meer
Harmonic_Brass

Endler-konsertreeks in samewerking met Woordfees

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees, wat in 2011 as die gewildste kunstefees in Suid-Afrika aangewys is, werk hierdie jaar saam met die Endler-konsertreeks in aanbiedings van klassieke musiekkonserte tussen 2 en 11 Maart 2012. Die Fees open met ‘n grootse simfonie-konsert met Franse musiek, uitgevoer deur die Stellenbosch Universiteit Simfonie-orkes onder leiding van resident-dirigent prof Corvin [...]

Lees meer

Endler-konsertreeks: Internasionale duo tree op

Die Endler-konsertreeks bied die laaste uitvoering vir die jaar op 4 November 2011 om 20:00 in die Endler-saal aan, met die internasionaal-erkende duo van Peter Bruns (tjello) en Annegret Kuttner (klavier). Peter Bruns speel op ‘n tjello wat aan die legendariese Spaanse tjellis, Pablo Casals behoort het.  Bruns het ‘n uitstekende reputasie as een van Duitsland [...]

Lees meer

Konsert ter ere van SA komponis

Op 15 Oktober bied die Endler Konsertreeks en Kemus, in samewerking met die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS), ‘n konsert aan ter ere van die Suid-Afrikaanse komponis Graham Newcater. Newcater vier vanjaar sy sewentigste verjaardag, en is een van Suid-Afrika se bekendste komponiste wat ook internasionaal erkenning geniet. Alhoewel Newcater komposisieklasse ontvang het van Arnold van [...]

Lees meer
David_Ben

Endler-konsertreeks voortgesit

Die Endler-konsertreeks se 2011-program word op 13 en 14 Augustus voortgesit met twee konsertprogramme. Op 13 Augustus (om 20:00) tree die Suid-Afrikaanse duo Dawid Venter (fluit) en Ben Schoeman (klavier) op. Venter – ‘n oudstudent van die Konservatorium  – het goeie resensies vir sy “kleurvolle, briljante en delikate  klank”, ontvang. Hy is tans in Londen [...]

Lees meer

US strykkwartet in Endlersaal

Konsertbywoning tydens die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees het vanjaar rekordhoogtes bereik, en organiseerders van die Endler-konsertreeks hoop dat dit die geval sal wees vir die res van die jaar se konserte. Die Universiteit Stellenbosch Strykkwartet, wie se openingskonsert tydens die Kamermusiekfees reuse applous uitgelok het, sal die tweede seisoen van die 2011 Endler Konsertreeks met ‘n middaguitvoering [...]

Lees meer

‘In Paradisum’ sluit Endler-Konsertreeks se eerste seisoen

Schola Cantorum, die Akademiese Koor van die Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch, sluit die eerste seisoen van die Endler-Konsertreeks af met In Paradisum op Donderdag, 2 Junie in die Endler-saal om 20:00.   Die konsert behels twee groot werke uit die koorrepertorium.  Maurice Duruflé se Requiem word as ‘n meesterstuk beskou en geld as sy beroemdste [...]

Lees meer
arianna

Arianna Strykkwartet uit die VSA in Endlerkonsertreeks

Op Vrydag, 13 Mei om 20:00, tree die internasionaal-bekende Arianna Strykkwartet uit St Louis, VSA in die Endlerkonsertreeks se Kamermusiekreeks op. Dié kwartet het bekendheid verwerf as een van die beste Amerikaanse kamermusiek-ensembles. Die kwartet bestaan sedert 1992 en het reeds ‘n aantal noemenswaardige pryse verower, te midde van ‘n besige uitvoeringspraktyk, wat hulle nie alleen [...]

Lees meer

Naweek met musiek verskeidenheid in Endler

Hierdie naweek behoort die Endler-verhoog aan twee uiteenlopende konserte. Op Saterdag, Mei 7 om 20:00 tree die Stellenbosch Jazz-ensemble op onder die leiding van Felicia Lesch. Hierdie sprankelende groep se optrede by die Konsertreeks spruit voort uit die talle opwindende uitvoerings die afgelope jare. Hulle sal boonop versterk word deur die Vokale Jazz-ensemble in ‘n [...]

Lees meer