Etiketargiewe Faculty of Education
Gesk-onderwys 2

Geskiedenisonderrig het groot waarde, maar leerplanne is ontoereikend

Daar bestaan reg oor Suid-Afrika ’n groot behoefte aan mense wat opgelei is in plaaslike en streeksgeskiedenis. Die historikus en skrywer dr Dan Sleigh het hierdie gevolgtrekking gedeel met diegene wat van 4-5 Oktober die 17de jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Geskiedenisonderwys, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde by die Erinvale [...]

Lees meer

Fakulteit Opvoedkunde-seminaarprogram: 7 September

Die Fakulteit Opvoedkunde nooi u hartlik uit na ons volgende seminaar op Vrydag, 7 September om 14.00. Die spreker is Prof Carol D Lee (Northwestern Universiteit, VSA). Onderwerp: “Soaring Above the Clouds, Delving the Ocean’s Depths: Understanding the Ecologies of Human Learning and the Challenge for Education Science. (Die dokument is aangeheg. Lees dit gerus [...]

Lees meer
IMG_9313

Akademikus ontvang medalje in erkenning vir sy werk op gebied van Geografie

Die goue medalje wat hy van die Vereniging van Suid-Afrikaanse Geograwe ontvang het, is op die skouers van ander gekry – mense soos sy ouers en familie, kollegas en ander mense wat saam met hom hul lewens daaraan wy om deur onderwys ‘n beter toekoms vir almal te probeer skep. Só gesels prof Peter Beets [...]

Lees meer

“New Meridians: Social Education and Citizenship in a Critical Geography” (31 Augustus)

Onderwerp: “New Meridians: Social Education and Citizenship in a Critical Geography.” Lees asseblief die hoofstuk voor die byeenkoms. Vind dit hier. Deur: Prof Rob Helfenbein (Indiana Universiteit-Purdue Universiteit Indianapolis). Prof Helfenbein is ‘n adjunk-direkteur by die Sentrum vir Stedelike en Multikulturele Opvoedkunde. Hy het sy PhD- en BA-graad by die Universiteit van Noord Carolina behaal. [...]

Lees meer
IMG_1210

Uitgewershuis vereer US navorsingsassosiaat

Dr Ruth Albertyn, ‘n navorsingsassosiaat by die Sentrum vir Hoër en Volwasse Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, het die 2012 uitstaande Resensent Toekenning (Outstanding Reviewer Award) by die Emerald Publishers Literati Netwerk ontvang. Met dié toekenning word haar werk vir die Internasionale Joernaal vir Navorsingsontwikkeling in 2011, erken.

Lees meer

Seminaar deur prof Jane Kenway en prof Debbie Epstein: “Staying ahead of the game”

Geagte kollegas / nagraadse student U word uitgenooi na die Fakulteit Opvoedkunde se eerste seminaar vir hierdie semester, georganiseer deur professors Cornelissen, Fataar en Reddy. Die sprekers is prof Jane Kenway (Monash Universiteit, Australië) en prof Debbie Epstein (Cardiff Universiteit, Wallis). Hul tema is: “Staying ahead of the game; elite schools’ globalising curriculum practices”. Datum: [...]

Lees meer
IMG_2741

Gemotiveerde leerkragte help skole beter presteer

Onderpresterende skole kan beter vaar mits skoolhoofde en onderwysers gemotiveerd is om die nodige veranderinge te weeg te bring. Dit was die mening van prof Jan Heystek van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) Dinsdag (25 Oktober) in sy intreerede in die US se GG Cillié-gebou. Volgens Heystek moet skoolhoofde onderwysers motiveer om [...]

Lees meer
IMG_0866

Omgewingsopvoeding ʼn sleutel tot ekologiese volhoubaarheid.

Omgewingsopvoeding kan ons help om sommige van die huidige ekologiese probleme op te los. Só het prof Chris Reddy van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) Dinsdag (13 September) gesê in sy intreerede in die US se GG Cillié-gebou. Volgens Reddy is Omgewingsopvoeding belangrik om ʼn ekologies-volhoubare gemeenskap te skep. Dit kan as [...]

Lees meer

Nadoktorale navorsingsgenootskap: Fakulteit Opvoedkunde

Nadoktorale Navorsingsgenootskap Departement Opvoedingsbeleidstudie Fakulteit Opvoedkunde Omvang van navorsing: ‘n Nadoktorale navorsingsgenootskap in die Filosofie van die Opvoeding is tans beskikbaar in die Departement Opvoedingsbeleidstudie in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om teoretiese / konseptuele navorsing oor opvoedkunde vir demokratiese burgerskap met verwysing na plaaslike (inheemse) en [...]

Lees meer
P1040814_A

Nie-rassige samelewing net moontlik as mense saamwerk en hul denke verander

“Die woord rassisme bestaan nie in my woordeskat nie. Vir my het rassisme in 1994 gesterf. Vandag is dit nie die kleur van jou vel wat ons verdeel nie, maar wel ons kultuurverskille.” Hierdie kragtige en insiggewende woorde is deur Moegammat Ali Waghid (15), een van die leerders wat die onlangse paneelbespreking van die Universiteit [...]

Lees meer