Etiketargiewe Faculty of Science
Ronalda Benjamin 003

Rekordgetal nagraadse studente vir US se Fakulteit Natuurwetenskappe

Met onderwerpe wat strek van ’n nuwe hipotese om die vorming van die aardkors te verduidelik tot ’n innoverende proses om suiwer goud uit industriële prosesse te ontgin, kan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe met reg trots wees op ’n verdere 30 doktorale studente wat hierdie week graad vang. Dit beteken die fakulteit het [...]

Lees meer
Terry_Robinson_2013_compressed

Groei in nagraadse studentegetalle in die natuurwetenskappe

‘n Groep van 290 nagraadse studente in die natuur- en landbouwetenskappe het ‘n welkome hupstoot gekry vir hul toekomstige navorsingsloopbaan tydens ‘n navorsingsoriënteringswerkswinkel op 6 Februarie. Tydens die een-dag werkswinkel is studente blootgestel aan ‘n verskeidenheid van onderwerpe wat gewissel het van navorsingsetiek, veiligheidsprosedures en riglyne, veral in die laboratoriums, ondersteuningsprogramme vir skryfvaardighede en projekbestuur, [...]

Lees meer
StbStreekgrIWWOUS

Twintig medaljes vir Stellenbosch ekspo-span

Lede van die Stellenbosch-streekspan spog met twintig medaljes, drie spesiale toekennings en ’n paar kategoriepryse na afloop van hul deelname aan die 32ste Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes/International Science Fair in Boksburg. Die landswye kompetisie, waaraan meer as 750 leerders van reg oor die land deelgeneem het, het van 4 tot 6 Oktober plaasgevind. Die [...]

Lees meer
DaveRichardsonProfile

Beleidsontwikkeling vir die hervestiging van bedreigde spesies

‘Bestuurde hervestiging’, wat soms ook ‘ondersteunde migrasie’ of ‘ondersteunde kolonisasie’ genoem word, is ’n omstrede bewaringstrategie waarvolgens spesies doelbewus na nuwe habitats verskuif word om hul kans op langtermynoorlewing te verbeter. In ‘n artikel in die vaktydskrif BioScience van Augustus 2012 doen hoofouteur prof Mark W Schwartz van die Universiteit van Kalifornië en kollegas van [...]

Lees meer

Seminaar deur internasionale wetenskaplike by die Departement Plant- en Dierkunde

Prof Susan Mazer van die Universiteit van Kalifornië in Santa Barbara sal ‘n seminaar by die Departement Plant- en Dierkunde aanbied oor: “The evolution of mating system, life history, and physiological performance in Clarkia sister taxa: does selection for drought-avoidance drive the evolution of selfing?” DATUM: 23 Augustus TYD: 13:00 – 14:00 PLEK: Natuurwetenskappe-gebou, Broom-lesingsaal [...]

Lees meer
MsNdlovuSampling

Kernfisikus onder US se SAIF-pryswenners

’n PhD-student in kernfisika wat mosse en ligene inspan om lugbesoedelingsvlakke in die Wes-Kaap te meet, is een van sewe studente van die Universiteit Stellenbosch wat met pryse beloon is by die afgelope konferensie van die Suid Afrikaanse Instituut vir Fisika (SAIF). Me. Zikhona Ndlovu het die prys vir die beste mondelinge voordrag deur ‘n [...]

Lees meer
TerryRobinson2

US dierkundige help met omvattende stamboom vir soogdiere

ʼn Evolusie genetikus van die Universiteit Stellenbosch (US) het sy kennis van Afrika se oudste soogdiere tot ʼn internasionale studie bygedra waarin die mees omvattende stamboom vir soogdiere tot dusver saamgestel is. Dié studie, wat toon presies hoeveel soogdierfamilies in werklikheid aan mekaar verwant is, is in die toonaangewende vaktydskrif Science gepubliseer. Prof Terry Robinson [...]

Lees meer
IMG_0505

US fisioloog met nasionale toekenning vereer

Prof Kathy Myburgh van die Departement Fisiologiese Wetenskappe is met die Fisiologievereniging van Suider-Afrika (PSSA) se Lasec-prys vir Uitnemendheid in Fisiologienavorsing bekroon. Dit is aan haar toegeken by die onlangse PSSA-konferensie wat by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gehou is. Die prys vereer gevestigde fisioloë wat hulle oor ʼn tydperk as uitnemende navorsers bewys het, internasionaal [...]

Lees meer
IMG_0475a

Dekaan daag Natuurwetenskappe alumni uit om omgewing eerste te stel

“Moenie besluite maak wat ʼn omgewing skep wat jou gedrag te veel sal bepaal nie – probeer liewer dink wat die invloed van jou gedrag en optrede op jou omgewing sal wees.” Dit was die uitdaging tot ‘n volhoubare lewenswyse wat dekaan prof Eugene Cloete aan oudstudente gestel het wat die eerste netwerkgeleentheid van die [...]

Lees meer
SeanRobinson

Chemiestudent Sean ontvang James Moir Medalje

‘n Nagraadse student in anorganiese chemie, Sean Robinson, is ‘n ontvangers van ‘n James Moir Medalje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Chemie (SACI), nadat hy uitgestyg het as die beste honneursstudent in chemie aan die Universiteit Stellenbosch (US). SACI ken jaarliks James Moir Medaljes toe aan die beste BSc Honneursstudent in chemie aan alle universiteite [...]

Lees meer

Maties Natuurwetenskappe alumni kom byeen

‘n Netwerkgeleentheid vir oudstudente van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe word op 28 September op Stellenbosch gehou, met dekaan prof Eugene Cloete as die spreker. Die skemeronthaal, wat om 18:00 vir 18:30 begin, word in die ontspanningsruimte voor die JC Smutsgebou (vanuit Banghoekweg), op die US kampus gehou. Prof Cloete, ‘n gerespekteerde mikrobioloog en [...]

Lees meer

Analysing metabolite levels in the CoA salvage pathway of Escherichia coli.

Biochemie Forum: MSc Vorderingslesing Kandidaat: René Goosen (MSc student van Prof Erick Strauss) Titel: Analysing metabolite levels in the CoA salvage pathway of Escherichia coli. Tyd: 09:00 – 10:00 Plek: Biochemie Seminaarkamer, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae: Prof Erick Strauss, Tel: 021 8085862, E-pos: estrauss@sun.ac.za

Lees meer
IMG_9549

US professor praat oor gis-navorsing

Gis word nie net gebruik om brood te bak nie, maar ook om die welsyn van mense te bevorder. Dít was die onderwerp van prof Alfred Botha van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) se intreerede Maandag (6 Junie) in die Jannaschsaal van die US se Konservatorium. Volgens Botha gebruik mense reeds vir [...]

Lees meer
FotoWerkswinkel2011

Navorsingsdag vir nagraadse BSc-studente gehou

‘n Suksesvolle navorsingsoriënteringsdag vir nagraadse studente van die Fakulteit Natuurwetenskap en die Fakulteit AgriWetenskappe is verlede week op kampus aangebied. Dit is aangebied vir alle nuwe honneursstudente en meestersgraadstudente in hierdie fakulteite, met die doel om aan hulle die nodige basis te verleen voordat hulle hul eerste treë op die terrein van navorsing betree. Prof [...]

Lees meer