Etiketargiewe Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Institute for Student Leadership Development

Aansoeke vir Studente as agente van sosiale verandering-kortkursus nou oop

Studente as agente van sosiale verandering, ‘n kortkursus aangebied deur die FVZS Instituut, ondersoek die rol wat studente oor die jare gespeel het in die totstandkoming van positiewe verandering en hervorming vir die samelewing. Temas wat in die kursus gedek word is: die historiese konteks van ras en politiek en huidige uitdagings soos sosio-ekonomiese toestand [...]

Lees meer

Doen aansoek vir die kortkursus in Leierskap deur Gemeenskapsinteraksie

Die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi geïnteresseerde studente uit om aansoek te doen vir die kortkursus in Leierskap deur Gemeenskapsinteraksie. Die kursus bestaan uit ses werkswinkels wat vanaf Maart tot Augustus aangebied sal word. Die kursus fokus op die beginsels van gemeenskapsinteraksie, sosiale en etiese leierskap en projekbestuur. Alle studente is welkom [...]

Lees meer

Entrepreneurs uitgenooi om SEDA-geleentheid by te woon

Die ontwikkelingsagentskap vir klein ondernemings (SEDA), in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) en Stellenbosch Munisipaliteit, sal van 27-29 November die tweede jaarlikse SEDA-entrepreneurskapskou by die Woodmill-mark net buite Stellenbosch aanbied. Die skou vorm deel van Entrepreneurskap-maand en sluit dus aan by ’n wêreldwye inisiatief. Verskeie organisasies, banke, klein besighede, beleggingsmaatskappye, ens., sal tydens die fees [...]

Lees meer
GC_logo_2013 (full)

Aansoeke word ingewag vir die kortkursus in Global Citizenship

Studente van die Universiteit Stellenbosch word uitgenooi om aansoek te doen vir die kortkursus in “Global Citizenship” in 2013. Die kortkursus word georganiseer deur die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) in samewerking met die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling en sal kwessies aanspreek soos onder meer die wêreldekonomie en -politiek, volhoubaarheid, geloof, kulturele [...]

Lees meer
New Hope Summit 2012 085 cropped

Oproep tot aksie by Nuwe Hoop Beraad 2012

Aktiewe burgerskap is noodsaaklik vir die jeug van vandag, veral in die lig van wesentlike veranderinge wat reg oor die wêreld plaasvind. Dít was die strekking van dr Mamphela Ramphele, voormalige visekanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK), se boodskap aan afgevaardigdes by die onlangse Nuwe Hoop Beraad. Dié jaarlikse geleentheid, nou is sy derde [...]

Lees meer
AdrianBS_107

Ons het ‘n nasie van werknemers geword, nie werkskeppers nie – prof Mohammad Karaan

As studente gevra word wat hul gaan doen nadat hulle gegradueer het, is die meeste geneig om te sê dat hulle van plan is om ʼn “werk te kry”. Dit is een van die primêre probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar. “Ons het ʼn nasie van werknemers geword, nie werkskeppers.” Dit is volgens prof [...]

Lees meer
FVZS Moeletsi Mbeki_Johann Swart-7575

ANC sal kort voor lank mag verloor, voorspel Moeletsi Mbeki

Die ANC sal kort voor lank die bewind afstaan aan ʼn nuwe party wat waarskynlik uit ’n bondgenootskap tussen vakbonde en die sakesektor gebore sal word, voorspel die outeur en entrepreneur mnr Moeletsi Mbeki. Hy het Vrydag, 11 Mei 2012 studente en personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) toegespreek oor sy nuwe boek, Advocates for [...]

Lees meer
AJ1_0451

Van Zyl Slabbert se nalatenskap by erelesing gehuldig

Die “stem van rede” en iemand wat geleef het volgens die beginsel van “gelykheid voor die reg”. Dit is hoe mnr Harald Pakendorf, politieke joernalis en kommentator wyle dr Frederik Van Zyl Slabbert beskryf het. Mnr Pakendorf was die gasspreker by die eerste erelesing van die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskaps-ontwikkeling (FVZS). Die [...]

Lees meer

Opkomende Maties Kursus: Aansoeke oop

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi  hiermee dinamiese studente uit om aansoek te doen vir die Opkomende Maties Kursus. Die kursus fokus op die kweek van ‘n nuwe generasie leiers en bestaan uit sewe werkswinkels wat deur die loop van die jaar aangebied sal word. Alle studente word genooi om aansoek te [...]

Lees meer

Gevorderde kursus in mentorskap: Lewensafrigting – Aansoeke oop

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi hiermee alle studente uit om aansoek te doen vir ‘n geakkrediteerde Gevorderde Kursus in Mentorskap: Lewensafrigting. Onderwerpe wat gedek sal word sluit die Definiëring van Mentorskap, Doelwitstelling, Emosionele Intelligensie en Mentor Leierskap en Afrigting in. Die kursus bestaan uit sewe sessies met die eerste sessie wat [...]

Lees meer

Studente-assistent benodig

Is jy jonk en dinamies? Hou jy van IT en grafiese ontwerp? Stel jy belang in studenteleierskap? Dan is hierdie een vir jou. Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi jou om aansoek te doen vir studente-assistentskapspos. As studente-assistent sal jy verantwoordelikheid neem vir die media en elektroniese bemarking van die FVZS Instituut. [...]

Lees meer

Skakelingsgeleentheid met Hunan Universiteit in China

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling, in samewerking met die Nagraadse en Internasionale Kantoor, nooi studente uit om aansoek te doen vir ’n skakelingsgeleentheid tussen Stellenbosch en Hunan Universiteit, een van die oudste universiteite in China. Die program behels ’n besoek aan Hunan Universiteit van 18 tot 24 September 2011 en fokus op [...]

Lees meer

Simposium bied geleentheid om te besin oor die lewe en nalatenskap van Madiba

Daar is ‘n aantal aktiwiteite om Mandeladag te vier by die Universiteit Stellenbosch (US) en ‘n simposium aangebied deur die Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling, Matie Gemeenskapsdiens (MGD) en die Studenteraad (SR), is een so ‘n geleentheid wat gehou sal word op Vrydag 22 Julie. “Die simposium wil ons denke rondom Mandeladag [...]

Lees meer
IMG_4715

Nuwe geslag leiers moet nuwe onregte konfronteer – Alex Boraine

Die Universiteit Stellenbosch (US) se nuwe Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling is ʼn “uiters belangrike inisiatief”, want Suid-Afrika het ʼn nuwe geslag dapper leiers broodnodig. Só het die oudpolitikus dr Alex Boraine Dinsdag, 29 Maart 2011, by die bekenstellingsimposium van dié inisiatief gesê. Hy het die US gelukgewens met sy besluit om [...]

Lees meer
IMG_4782

Instituut help jeug om FVZS se werk voort te sit – SR-voorsitter

Leiers soos dr Frederik van Zyl Slabbert het baie vermag, maar daar is steeds talle brandpunte in die samelewing wat aangespreek moet word, en die jeug het ‘n belangrike rol om te speel. Só meen Jan Greyling, Studenteraadsvoorsitter aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy het Dinsdag [29 Maart 2011] aan ‘n paneelbespreking (oudio lêer) by [...]

Lees meer