Etiketargiewe HOOP Projek
IMG_80721

Meeste doktorsgrade nog by US gradeplegtighede toegeken

Die meeste doktorsgrade in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch (US) word tydens die gradeplegtighede van 11-14 Maart toegeken. By die vier geleenthede, van Maandag 11 Maart tot Donderdag 14 Maart 2013, word altesaam 130 doktorsgrade toegeken. Tesame met die doktorsgrade wat in Desember 2012 toegeken is (grade in Maart toegeken word gereken as deel [...]

Lees meer
IMG_7438

Duisende Maties wil verskil maak

Duisende eerstejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) maak Vrydag 1 Februarie kennis met een van die kernfunksies van die Universiteit – gemeenskapsinteraksie. Die studente gaan in hul onderskeie koshuise en wyke deelneem aan nagenoeg 20 gemeenskapsinteraksie-projekte soos leesprogramme, sport-aktiwiteite, verfwerk en tuinwerk in en om Stellenbosch. Onder meer gaan verskeie koshuise ʼn 300m muur by [...]

Lees meer

Mentorskapprojek binne die Registrateursafdeling skop af

Personeel van die Registrateursafdeling het Dinsdag, 25 September, ’n mentorskapprojek by Hoërskool Lückhoff in Idasvallei bekendgestel.  Die vrywillige inisiatief is onder leiding van Ghafsa Gamiet, Assistentregistrateur: Scientiae, van stapel gestuur en is oorweldigend positief deur die skoolgemeenskap ontvang. Die gedagte aan ’n mentorskapprojek het ontstaan toe die personeel van die Registrateursafdeling hulself die vraag afgevra [...]

Lees meer
US OSP Hans Sentrum vir Kompleksiteit – 0013

US professor word genoot in Duitsland

“Dit is vir my die kersie op die koek.” Só beskryf prof Jannie Hofmeyr van die Departement Biochemie aan die Universiteit Stellenbosch (US) die gesogte genootskap van die Berlynse Instituut vir Gevorderde Navorsing (Wissenschaftskolleg zu Berlin, oftewel Wiko) wat onlangs aan hom toegeken is. Hy sal vanaf 15 September 2014 tot 15 Julie 2015 ʼn [...]

Lees meer
2012-1 (Afrika)- Afrikaans

Nuutste Matieland – Riaan Cruywagen skryf vir ons

Die jongste uitgawe van Matieland, die Universiteit Stellenbosch (US), se alumni-tydskrif, is nou aanlyn beskikbaar. ʼn Vertaalde weergawe – in Engels – is hier beskikbaar (Inetkey moet oop wees). Is Afrika besig ontwaak? Dit is die vraag wat in die voorblad-artikel gevra word. Vryskutjoernalis Jaco Leuvennink het die artikel geskryf. Ander artikels handel oor onder [...]

Lees meer
RiaanSpreethDrIanKennyDrMarkCampbellSean Surmon

Maties en Iere span saam vir hipertegnologiese toetsing van gestremde gholfspelers

Kan die voorgee-stelsel in gholf net so op spelers met fisieke gestremdhede toegepas word? Dít is wat navorsers van die universiteite van Stellenbosch en Limerick in Ierland nou toets in ’n gesamentlike navorsingsprojek op die gebied van sportsig en biomeganika in gholf. In die bestek van tien dae het die navorsers van die Eenheid Sporttegnologie [...]

Lees meer
boomplant

US studente doen draf-draf hul deel vir HOOP Projek

“Ons het bykans 1900km gehardloop, 40 dorpe besoek en 39 optredes gelewer, waarvan vyf by tronke was. Ons het ook by die 20 inheemse bome geplant. Dit was werklik vir elkeen in die span ‘n lewensverreikende ervaring.” So beskryf Hentie Smit, leier van ‘n groep studente wat onlangs op ‘n draftoer deur Suid-Afrika gegaan het, [...]

Lees meer
AdrianBS_107

Ons het ‘n nasie van werknemers geword, nie werkskeppers nie – prof Mohammad Karaan

As studente gevra word wat hul gaan doen nadat hulle gegradueer het, is die meeste geneig om te sê dat hulle van plan is om ʼn “werk te kry”. Dit is een van die primêre probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar. “Ons het ʼn nasie van werknemers geword, nie werkskeppers.” Dit is volgens prof [...]

Lees meer
Joernalistiek MediAfrika 1 klein

MEDIAFRIKA voldoen aan vereistes van digitale era

Ná 15 maande van werk en klasgee in die nuwe MEDIAFRIKA-gebou, sê prof Lizette Rabe, voormalige voorsitter van die Departement Joernalistiek, die gebou voldoen aan die eise wat die digitale era aan ʼn joernalistiekskool stel. Sy het vandat sy in 2001 by die Departement aangestel is, elke jaar ʼn strategiese plan vir ʼn nuwe gebou [...]

Lees meer
IMG_0950

US open nuwe energie-besparende gebou vir fasiliteitsbestuur

ʼn Simbool van die 21ste eeuse werkplek, volhoubaarheid én energiebesparing. Dit is hoe die Universiteit Stellenbosch (US) se nuwe Fasiliteitsbestuurgebou met sy klem op minimalisme en onbelemmerde sig beskryf word. Die US open dié nuwe drieverdiepinggebou in Hammandshandweg in Stellenbosch op 16 Mei. Die gebou bring die onderafdelings van die US se Afdeling Fasiliteitsbestuur naamlik [...]

Lees meer
IMG_2558

Maties en Distell span kragte saam vir groentetuinprojek

Die Universiteit Stellenbosch (US) se betrokkenheid by die plaasgemeenskap van die wynlandgoed Middelvlei in Onderpapegaaiberg in Stellenbosch is gister (12 April 2012) betekenisvol uitgebrei met die bekendstelling van ʼn dinamiese groentetuinprojek. Dié gemeenskapsinteraksieprojek vorm deel van die Universiteit se HOOP Week wat hierdie week op kampus gehou word. HOOP Week is ter viering van die [...]

Lees meer
IMG00131-20120228-0930

US vier Volhoubaarheidsdag; fietsry-aflos ‘n hoogtepunt

GaanGroen – vir ‘n groengenerasie! Dit is die tema van die Universiteit Stellenbosch (US) se volhoubaarheidsdag wat Donderdag (15 Maart) gevier word. ʼn Hoogtepunt is ʼn fietsaflos om 17:30 op die Rooiplein met die US se nuwe MATIE FIETSE. Nagenoeg 20 spanne, bestaande uit personeel en studente, neem aan die pretrit op die Stellenbosch-kampus deel. [...]

Lees meer
Argus_Group1_Processed

Maties sak toe op Argus

Die 35ste weergawe van die Cape Argus Pick ‘n Pay Cycle Tour vind eerskomende Sondag, 11 Maart, plaas, en in hierdie opsig sal ‘n sterk Matie-teenwoordigheid verseker dat hierdie jaar se 109km-lange wedren ‘n noemenswaardige tikkie maroen bevat! Dit sluit onder andere ‘n groep van sewe fietsryers in wat die roete op nuut-ingevoerde MATIE FIETSE [...]

Lees meer
IMG_6815

Kundiges lê basis vir SIGLA se werksaamhede

Kundiges op die gebied van sekuritet, politiek, menseregte en krygskunde het die basis gelê vir die toekomstige werksaamhede van die Universiteit Stellenbosch (US) se Sekerheidsinstituut vir Staatsbestuur en Leierskap in Afrika (SIGLA@Stellenbosch) by sy eerste openbare geleentheid, die Kollokwium oor Vrede, Sekuriteit en Staatsbestuur wat vandag (30 November) gehou is. SIGLA streef daarna om ‘n [...]

Lees meer
Goosain Solomon

Ouers, skool, universiteite kan entrepreneurskap bevorder

Die vindingrykheid wat ons as kinders openbaar verdwyn mettertyd omdat ons nie ons inherente vrye denke koester nie. Só meen mnr Goosain Solomon, dosent in die Departement Ondernemingsbestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hy was ’n spreker by verlede week se simposium oor entrepreneurskap vir menslike ontwikkeling wat deur die [...]

Lees meer