Etiketargiewe HOOP Projek
Webometrics2013

US behaal topposisie op vasteland in jongste Webometrics-ranglys

Die Universiteit Stellenbosch (US) beklee tans die topposisie onder Afrika-universiteite volgens die jongste uitslae van die Webometrics Ranking of World Universities wat onlangs bekend gemaak is. Die rangordelys evalueer universiteite op grond van hul web-teenwoordigheid. Webometrics Ranking of World Universities word sedert 2004 halfjaarliks deur die Cybermetrics Lab, ʼn navorsingsgroep van die Spaanse Nasionale Navorsingsraad [...]

Lees meer
Andreas_Kunne

SA uitvoere neem af weens swak mededingendheid, sê hoofspreker by vervaardigingskonferensie

Die dramatiese afname in Suid-Afrika se uitvoer na die EU word veroorsaak deur verswakte mededingendheid in die land se vervaardigingsektor, nie deur Europa se huidige finansiële probleme nie. Só het mnr Andreas Künne, hoof van die Duitse ambassade se Departement Ekonomiese en Wêreldsake, Woensdagoggend, 30 Januarie, op Stellenbosch gesê. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer
HOOP 04-11  050

Kry jou kopie van HOOP NUUS II om te gebruik vir bemarkingsmateriaal

Daar is nog voorraad oor van HOOP NUUS II, wat in April vanjaar uitgegee is. Die koerant: bevat toeganklike stories oor die HOOP Projek en sy onderskeie inisiatiewe; is volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar (in omdraai-formaat); en het in Oktober ʼn Toekenning van Uitnemendheid by die organisasie Marketing, Advancement and Communication in Education (MACE) ontvang. [...]

Lees meer
Martin_Smuts

‘Ontevredenheid’ oor lae lone ‘geregverdig’, sê onderburgemeester van Stellenbosch

Plaaswerkers se “ontevredenheid” oor hul besoldiging is “geregverdig”, het mnr Martin Smuts, die onderburgermeester van Stellenbosch Vrydagoggend [30 November 2012] by ʼn boekbekendstelling buite dié Wynlandse dorp gesê. “Die waarde van bevoorregte kinders se ontbyt soggens beloop dikwels sowat R150, so dis redelik om vir ʼn bestaansloon van R150 te vra,” het hy gesê. Smuts [...]

Lees meer

US gasheer vir eerste Kompleksiteitsforum in SA

Bio-kompleksiteit, metaboliese patrone in die samelewing, kritiese kompleksiteit, asook die vermoë (oftewel veerkragtigheid) van sosio-ekologiese sisteme om grootskaalse en langdurige veranderinge te weerstaan. Dit is enkele van die temas wat onder die loep sal kom by die eerste Kompleksiteitsforum wat op Suid-Afrikaanse bodem gehou word. Kenners op die gebied van komplekse sisteme in die samelewing [...]

Lees meer

Mentorskapprojek binne die Registrateursafdeling skop af

Personeel van die Registrateursafdeling het Dinsdag, 25 September, ’n mentorskapprojek by Hoërskool Lückhoff in Idasvallei bekendgestel.  Die vrywillige inisiatief is onder leiding van Ghafsa Gamiet, Assistentregistrateur: Scientiae, van stapel gestuur en is oorweldigend positief deur die skoolgemeenskap ontvang. Die gedagte aan ’n mentorskapprojek het ontstaan toe die personeel van die Registrateursafdeling hulself die vraag afgevra [...]

Lees meer
US OSP Hans Sentrum vir Kompleksiteit – 0013

US professor word genoot in Duitsland

“Dit is vir my die kersie op die koek.” Só beskryf prof Jannie Hofmeyr van die Departement Biochemie aan die Universiteit Stellenbosch (US) die gesogte genootskap van die Berlynse Instituut vir Gevorderde Navorsing (Wissenschaftskolleg zu Berlin, oftewel Wiko) wat onlangs aan hom toegeken is. Hy sal vanaf 15 September 2014 tot 15 Julie 2015 ʼn [...]

Lees meer
DSC_2649_S

US hou lentebal in Johannesburg ten bate van die HOOP Projek

ʼn Suksesvolle lentebal ten bate van die Universiteit Stellenbosch (US) en sy HOOP Projek het Saterdagaand (1 September 2012) in Johannesburg plaasgevind. Sowat 220 gaste het dié spoggeleentheid by die Wanderersklub in Illovo bygewoon. Twaalf maatskappye en vyf individue het saam 23 tafels geborg, en 19 wynkelders en ʼn juwelier het items geskenk wat vir [...]

Lees meer
2012-1 (Afrika)- Afrikaans

Nuutste Matieland – Riaan Cruywagen skryf vir ons

Die jongste uitgawe van Matieland, die Universiteit Stellenbosch (US), se alumni-tydskrif, is nou aanlyn beskikbaar. ʼn Vertaalde weergawe – in Engels – is hier beskikbaar (Inetkey moet oop wees). Is Afrika besig ontwaak? Dit is die vraag wat in die voorblad-artikel gevra word. Vryskutjoernalis Jaco Leuvennink het die artikel geskryf. Ander artikels handel oor onder [...]

Lees meer
RiaanSpreethDrIanKennyDrMarkCampbellSean Surmon

Maties en Iere span saam vir hipertegnologiese toetsing van gestremde gholfspelers

Kan die voorgee-stelsel in gholf net so op spelers met fisieke gestremdhede toegepas word? Dít is wat navorsers van die universiteite van Stellenbosch en Limerick in Ierland nou toets in ’n gesamentlike navorsingsprojek op die gebied van sportsig en biomeganika in gholf. In die bestek van tien dae het die navorsers van die Eenheid Sporttegnologie [...]

Lees meer
IMG_83592

Stellenbosch Uitvoerende Burgemeester besoek SUSPI Uitreik Program

In ʼn week waarin Suid Afrikaners die prestasies van die land se mees geliefde leier, Nelson Mandela, vier, het die SUSPI Uitreikprogram die eer gehad om deur die Uitvoerende Burgemeester van Stellenbosch, mnr Conrad Sidego, besoek te word. Burgemeester Sidego was ooglopend oorweldig deur die program wat die span van die Universiteit Stellenbosch (US) Sportprestasie [...]

Lees meer
MeerKAT night

SKA sal help om die Afrika-breinkwyn om te keer, sê rektor in Australië

Die feit dat die grootste deel van die Square Kilometre Array (SKA)-radioteleskoop in Afrika gebou gaan word, sal help om dié vasteland se breinkwyn om te keer. Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) vanoggend (12 Junie 2012) aan afgevaardigdes by ’n internasionale akademiese konferensie in Australië gesê. “Suid-Afrika [...]

Lees meer
IMG_0531E

Howe moenie skuld kry vir gebrek aan transformasie, sê adv Wim Trengove

Adv Wim Trengove SC, ’n bekende regspraktisyn, verwerp die regering se aantyging dat die howe transformasie belemmer. In sy toespraak by die bekendstelling van ’n nuwe boek, Law and Poverty: Perspectives from South Africa and Beyond (Juta & Co), in Stellenbosch Donderdagaand (31 Mei 2012) het Trengove gesê die “verantwoordelikheid vir transformasie lê geheel en [...]

Lees meer
SASEC – RSS12-8

Wes-Kaap moet groen ekonomiese naaf van SA wees sê Premier by sonenergie konferensie

“Dit is die verklaarde doel van die Wes-Kaap Regering om hierdie provisnie die groen ekonomiese naaf van Suid-Afrika te maak en ons beplan om teen 2014 ten minste 10% van die elektrisiteit wat in die provinsie gebruik word, via hernubare energiebrokke op te wek. Sonergie staan uiteraard sentraal in die bereiking van beide hierdie doelwitte.” [...]

Lees meer
AJ1_7419

Nuwe amaMaties Hub gaan dagstudente die ‘smaak van sukses gee’

“Dís wat ons met hierdie fasiliteit wil regkry – om vir dagstudente die voordele van koshuislewe te gee; om vir hulle die smaak van sukses te gee.” Dit is hoe prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) na die nuwe amaMaties Hub (oftewel naaf) verwys het. “Dit gaan hier oor vlees [...]

Lees meer