Etiketargiewe JS Gericke Library

Studiehokkies in die JS Gericke Biblioteek vir meesters- en doktorale studente beskikbaar

Die JS Gericke Biblioteek beskik oor ‘n aantal studiehokkies wat op ‘n semesterbasis beskikbaar is vir meesters- en doktorale studente. Die studiehokkies word teen ‘n tarief van R530 per semester beskikbaar gestel. Die doel van die studiehokkies is om vir senior navorsingstudente ’n ruimte te bied wat bevorderlik is vir ongestoorde en gefokusde werk in [...]

Lees meer

Biblioteekweek 2013

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens vier Nasionale Biblioteekweek van 18 tot 20 Maart met ’n paar opwindende geleenthede. Virtuele skattejag. Lekker groot pryse kan gewen word op die Biblioteek se Facebookblad. Wees voorbereid – like ons op Facebook om seker te maak dat jy nie die vrae mis nie. Daar is ’n Facebook-skakel op die Biblioteek [...]

Lees meer

Aanbieding: Verbeter en lewer bewys van navorsingsimpak (11 Maart)

Mnr Alberto Zigoni, internasionale SciVal-konsultant, sal Maandag 11 Maart in die JS Gericke Biblioteek se Ouditorium hulpmiddels demonstreer om navorsingsimpak te bevorder en daarvan bewys te lewer. Die aanbieding sal tussen 14:00 en 16:00 plaasvind en toegang is gratis. Bespreek aanlyn op die biblioteekopleidingskalender om die sessie by te woon. Die demonstrasie sal konsentreer op [...]

Lees meer
Timbuctu

US-biblioteekhoof sal rol speel in die herbou van Mali se kultuurerfenis

Me Ellen Tise, Senior Direkteur van die Biblioteek- en Inligtingdiens, is deur die Internasionale Federasie van Biblioteekverenigings- en instellings (IFLA) benoem vir die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (UNESCO) se deskundigheidswerkgroep wat die herbou van kultuurerfenis in Mali sal aanspreek en nodige kapasiteit in die verband sal bou. Kultuurerfenis in Mali het groot [...]

Lees meer

Biblioteek- en Inligtingsdiens: Opleiding en gebeure in Maart 2013

Registreer nou vir opleidingsgeleenthede by die biblioteek! Regdeur die jaar bied die biblioteek werksessies aan om te verseker dat die Universiteit se groot verskeidenheid inligtingsbronne en soekhulpmiddels optimaal gebruik word en om alle kliënte so goed moontlik toe te rus om sukses in hul studies en navorsing te behaal.  Gedurende Maart 2013 word die volgende [...]

Lees meer
Commons

Poste vir Navorsingsassistente 2013 – Carnegie Navorsingsruimte

Die Carnegie Navorsingsruimte is ’n hoë-vlak navorsingsomgewing vir eksklusiewe gebruik deur magister en doktorale studente en navorsers. Die hoofdoel van die Navorsingsruimte is om die Biblioteek se bydrae tot nagraadse studie en navorsing te verbeter deur ’n bevorderlike omgewing vir navorsing te verskaf. In dié omgewing kan navorsers in seminaarkamers en gesprekslokale gesprek voer en [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Kopieregkwessies by die skryf van tesisse en verhandelings (24 Oktober)

Hierdie werksessie spreek kopieregkwessies aan wat studente algemeen teëkom wanneer hulle aan ‘n tesis of verhandeling werk.  Die volgende belangrike aspekte hiervan word behandel: Wat is kopiereg? Eienaarskap van kopiereg Uitsonderings tot kopiereggebruik Insluiting van derde party inhoud t.o.v. grafieke, tabelle, foto’s, prente, ens. in ‘n tesis of verhandeling Die verkryging van kopieregtoestemming Kopiereg-standpunte t.o.v. [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Hoe Oop Toegang kan bydra dat jou publikasies meer aangehaal word (16 Oktober)

Wonder jy wat Oop Toegang (“Open Access”) is en hoe jy as navorser daarby kan baat?  Kom woon die uurlange werksessie by en leer meer oor die konsep van Oop Toegang (“Open Access”) en hoe dit bydra dat jou publikasies meer aangehaal word. Ander aspekte van Oop Toegang wat ook behandel word, is SUNScholar (die Universiteit [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Stoor en deel groot lêers (11 Oktober)

As jy dikwels groot lêers moet deel met groeplede of ‘n promotor:  Woon gerus hierdie werksessie by om te leer van toepassings (“applications”) wat jou toelaat om lêers te deel wat te groot is om per e-pos te stuur.  Terwyl daar gefokus word op Drop Box, word daar ook verwys na soortgelyke toepassings en sluit [...]

Lees meer

Biblioteek en Inligtingsdiens: Opleiding en gebeure in Oktober

Die Biblioteek en Inligtingsdiens sal ‘n verskeidenheid opleidings- en ander geleenthede in Oktober aanbied. ALLE SESSIES SAL IN ENGELS AANGEBIED WORD. NEEM ASB. KENNIS DAT BASIESE REKENAARVAARDIGHEID VIR ALLE BIBLIOTEEKOPLEIDING VEREIS WORD. Stoor en deel groot lêers Plek:  Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek) Datum: 11 Oktober Tyd: 13:00-14:00 Teikengroep: Nagraadse studente en navorsers Besprekingsvorm: http://sun.ac.za.libcal.com/event.php?id=91786 Hoe [...]

Lees meer
BIB oorhandiging

Gelukkig prystrekking: Biblioteekmeningsopname

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens wil graag personeel en studente wat die LibQUAL meningsopname voltooi het, hartlik bedank vir hul deelname. Ongeveer 50 % van respondente het ook die geleentheid gebruik om kommentaar te lewer oor dienste of om voorstelle te maak oor die verbetering van sekere dienste. Waardevolle inligting oor kliente se behoeftes is op [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Hoe om maklik volteksbronne te vind (20 September)

Inligtingsbronne soos boeke, tydskrifte en tesisse is toenemend in volteks beskikbaar.  Op 20 September bied die Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek) ‘n werksessie aan oor hoe om e-boeke, artikels, tesisse en ander volteks materiaal deur middel van die Biblioteekwebwerf op te spoor. Deelnemers sal die volgende vaardighede aanleer: Opspoor en gebruik van e-boeke in die biblioteekkatalogus [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Hoe om statutêre inligting vir ‘n tesis of proefskrif te vind (27 September)

In die meeste tesisse en proefskrife word verwys na wetgewing en statutêre regulasies wat die onderwerp van die navorsing beïnvloed of reguleer.  Hierdie werksessie sal deelnemers bekendstel aan die sleutelbronne van wetgewende en regulerende inligting, wat deur die Biblioteek beskikbaar is.  Deelnemers sal tydens die sessie leer hoe om wette, statute en regulasies deur middel [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Kopieregkwessies by tesisse en verhandelings (19 September)

Hierdie werksessie, wat vir die eerste keer by die Biblioteek aangebied word, spreek kopieregkwessies aan wat studente algemeen teëkom wanneer hulle aan ‘n tesis of verhandeling werk.  Spesifieke aandag word gegee aan die volgende aspekte: Wat is kopiereg?  Tipes kopiereg Uitsonderings Verkryging van toestemming Tipes kopiereglisensies Implikasies van elektroniese bewaring in digitale navorsingsbewaarplekke Insluiting van [...]

Lees meer

Biblioteekwerksessie: Hoe om regeringstatistiek op te spoor met Statistiek SA (27 September)

Die werksessie fokus op die databasis Statistics SA wat deur die Biblioteek se webwerf beskikbaar gemaak word. Die sessie sluit ‘n demonstrasie in oor hoe om inligting in die databasis op te spoor asook hoe kruistabulasie en tydreeksanalise met veranderlikes gedoen kan word. Die doel van die sessie is om studente en navorsers aan te [...]

Lees meer