Etiketargiewe Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK)
General4Week(2)

Aansoeke word ingewag van studente vir Internasionale Winterskole by US

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch uit om aansoek te doen vir twee internasionale winterskole wat sal plaasvind van 14 Junie – 19 Julie 2013 in Stellenbosch. Beurse sal aan suksesvolle kandidate gebied word wanneer hulle in die winterskool geplaas word. Aansoek sperdatum vir albei winterskole: 03 Mei [...]

Lees meer
ScholarshipInfoSession

Oorsese beursgeleenthede vir US studente: NGIK-inligtingsessie

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) sal op Maandag, 22 April 2013 vanaf 17:00-19:00 ‘n beurs inligtingsessie aanbied in die Wilcocks-gebou, kamer 1012. Alle studente wat meer wil weet oor die beurse wat tans beskikbaar is (soos onder genoem), moet dit bywoon! Koördineerders, organiseerder of beurshouers van beurse soos Mandela Rhodes, Rhodes, DAAD en die [...]

Lees meer
ZhejiangPosterAd

Chinese toergroep tree op by konsert in Stellenbosch

’n Kunsgroep van Zhejiang Normal Universiteit, ’n Universiteit in Jinhua-stad, in die Zhejiang-provinsie in China toer vandeesmaand deur Afrika en sal ook optree by die Universiteit Stellenbosch se Konservatorium op 25 April 2013, om 19:00. Die kunsgroep bestaan uit tradisionele dansers, sangers en kunstenaars wat opgelei is in die klassieke en kontemporêre uitvoerende kunste en [...]

Lees meer

Aansoeke ingewag: US se Afrika-samewerkingstoelaag

Die Afrika-samewerkingstoelaag (Africa Collaboration Grant) van die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) word befonds uit die begroting van die Viserektor (Navorsing en Innovasie) en verskaf befondsing vir US-personeel om akademiese samewerking met een of meer vennote  by ’n universiteit of navorsingsinstelling elders in Afrika te vestig of om huidige samewerking  met vennote in Afrika te [...]

Lees meer
Ger SA Research Lecture Series Energy SUN 13-03-12

Duitse-Suid-Afrikaanse reeks van navorsingslesings: Energiewetenskappe (12 Maart)

’n Duitse-Suid-Afrikaanse-lesingreeks oor Energiewetenskappe sal Dinsdag 12 Maart by STIAS aangebied word. Dit vorm deel van die Duitsland-Suid-Afrika Jaar van Wetenskap 2012/2013. Die sprekers is: Prof Manfred Fischedick: Energieveranderings in Duitsland – ’n uitdagende proses van transformasie Prof Alan Brent: Om die struikelblokke vir hernubare energie te oorkom Saliem Fakir: Hernubare energie in Suid-Afrika – [...]

Lees meer
AdrianBS-38

US gasheer vir internasionale vennote

“Dankie vir julle samewerking op verskeie gebiede. Die enigste manier hoe ons as universiteit vorentoe kan beweeg is deur vennootskappe.” Met dié woorde het prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing en Innovasie aan die Universiteit Stellenbosch (US), Dinsdag (5 Maart), ʼn groot groep afgevaardigdes van die US se internasionale vennootinstansies by die jaarlikse saamtrek van die [...]

Lees meer

Studente en personeel uitgenooi na Internasionale mobiliteitsuitstalling en kosaand

Die SIAN Vergadering – Stellenbosch Internasionale Akademiese Netwerke – is ‘n jaarlikse saamtrek van baie van die Universiteit Stellenbosch se internasionale vennootuniversiteite en is tans aan die gang in Stellenbosch (5-9 Maart 2013). SIAN word georganiseer deur die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) en bestaan uit gesprekke, seminare en uitstappies met die afvaardiging tydens die [...]

Lees meer

Media vrywilligers benodig vir NGIK SIAN Vergadering 2013

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi graag geregistreerde studente van die Universiteit Stellenbosch – wat ‘n liefde het vir fotografie of skryf / blog / joernaal-inskrywings – om aansoek te doen vir die vrywilligerposisies as fotograwe of skrywers tydens die SIAN Vergadering 2013. Die SIAN Vergadering – Stellenbosch Internasionale Akademiese Netwerke Vergadering – is [...]

Lees meer

Internasionale geleenthede vir US-personeel: sperdatum om die draai

Personeel van die Universiteit Stellenbosch kan aansoek doen vir heelparty uitruilprogramme wat onderneem kan word by enige van die onderstaande US-vennootinstansies in Europa en Afrika. Uitruilvennote: Afrika     Makerere Universiteit, Uganda     Universiteit van Dar es Salaam, Tanzanië     Universiteit van Botswana, Botswana     Universiteit van Namibië, Namibië     Kwame Nkrumah Universiteit vir Wetenskap en [...]

Lees meer

Van Parys tot Berlyn: kry meer inligting oor internasionale geleenthede by die NGIK

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi graag studente om Woensdag 27 Februarie 2013 om 17:00 ’n inligtingsessie oor internasionale geleenthede in die Wilcocks-gebou, kamer 1001, by te woon.  Baie internasionale akademiese programme sal bespreek word en studente sal die geleentheid kry om vrae aan die koördineerders te stel oor moontlike uitruilgeleenthede, hoe om aansoek [...]

Lees meer

Aansoeke ingewag vir die Switserse-Suid-Afrikaanse gesamentlike navorsingsprogram

Gesamentlike navorsingsprojekte: Uitnodiging vir aansoeke 2012-2013 Sluitingsdatum: 28 Februarie 2013 Die Switserse-Suid-Afrikaanse gesamentlike navorsingsprogram (Swiss South Africa Joint Research Programme (SSAJRP)) is in Desember 2007 deur die Switserse en Suid-Afrikaanse regerings op die been gebring. Die doel is om wetenskaplike en tegnologiese samewerking tussen Switserland en Suid-Afrika te bewerkstellig wat op die beginsels van gemeenskaplike [...]

Lees meer
EMA2SA Roadshow Poster

Erasmus Mundus-inligtingsessies tans aan die gang

Erasmus Mundus-beurse bevorder uitruilgeleenthede of volgraadse studies by Europese universiteite.Verteenwoordigers van twee van die drie programme waarvan die Universiteit Stellenbosch deel vorm, sal vandeesweek Suid-Afrika toer. Besoek enige van die inligtingsessies vir meer inligting oor die beurse en ook hoe om aansoek te doen. Die Stellenbosch-inligtingsessie sal Woensdag, 20 Februarie, om 17:00 plaasvind in die [...]

Lees meer

US akademiese personeel genooi om aansoek te doen vir internasionale uitruilgeleenthede

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) nooi alle akademiese personeel by die Universiteit Stellenbosch om aansoek te doen vir ‘n wye aantal uitruilprogramme by enige van ons vennootuniversiteite in Afrika en Europa. Uitruilvennote: Afrika Makerere Universiteit, Uganda Universiteit van Dar es Salaam, Tanzanië Universiteit van Botswana, Botswana Universiteit van Namibië, Namibië Kwame Nkrumah Universiteit vir [...]

Lees meer
PGIO-TREE(black)

Van wortels verdiep tot vrugte afwerp: NGIK vier 20 jaar van internasionale netwerke en mobiliteit

2013 is die twintigste jaar waarin die Universiteit Stellenbosch (US) met institusionele dryfkrag internasionale netwerke bou en studente- en personeelmobiliteit bevorder. In Junie 1993 het die universiteit met doelgerigte pogings begin om internasionale verhoudinge te kweek en internasionale akademiese netwerke en mobiliteit te verstewig. Dit beteken egter nie dat daar geen aktwiteite was in internasionale [...]

Lees meer