Etiketargiewe Postgraduate and International Office
oihc-emblem

Sosiale geregtigheid en MIV-leierskapkortkursus vir nagraadse studente

Die MIV-leierskapkortkursus teiken nagraadse studente as toekomstige professionele persone wat groepe binne en buite Suid-Afrika kan bereik. Die kursus word van 6-8 Maart deur die Institusionele MIV-kantoor aangebied (09:00-16:00). Werksessietemas sal fokus op sosiale geregtigheid en weerloosheid, die nuutste MIV-feite, ontwikkeling op die gebied van voorkoming en behandeling en besprekings oor die rol van gender, seksualiteit en [...]

Lees meer
MeerKAT night

SKA sal help om die Afrika-breinkwyn om te keer, sê rektor in Australië

Die feit dat die grootste deel van die Square Kilometre Array (SKA)-radioteleskoop in Afrika gebou gaan word, sal help om dié vasteland se breinkwyn om te keer. Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) vanoggend (12 Junie 2012) aan afgevaardigdes by ’n internasionale akademiese konferensie in Australië gesê. “Suid-Afrika [...]

Lees meer

Doktorale studente deel navorsing met publiek

Biologiese plaagdoders, voetganger-verkeersknope, maniere om skoner drinkwater te verkry, die volhoubaarheid van die omgewing, die verwantskap tussen skisofrenie en die gebruik van TIK, die risiko’s  van voorbehoed-inspuitings, en die verband tussen vetsug en hartsiektes. Dit is enkele van die interessante onderwerpe waaroor 25 doktorale studente van agt fakulteite aan die Universiteit Stellenbosch (US) kort aanbiedings [...]

Lees meer
Begin jou reis nou. Doen aansoek vir ‘n uitruilprogram oorsee!

Begin jou reis nou. Doen aansoek vir ‘n uitruilprogram oorsee!

Wou jy nog altyd by ‘n universiteit oorsee studeer, maar nooit gedink jy sou dit kon bekostig nie? Verskeie geleenthede word aan studente gebied om oorsee te reis, te studeer en blootstelling te kry. Dit word moontlik gemaak deur “Stellenbosch International Mobility for Students” (SIMS), ‘n afdeling binne die Nagraadse en Internasionale Kantoor (PGIO). Woon [...]

Lees meer

Skakelingsgeleentheid met Hunan Universiteit in China

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling, in samewerking met die Nagraadse en Internasionale Kantoor, nooi studente uit om aansoek te doen vir ’n skakelingsgeleentheid tussen Stellenbosch en Hunan Universiteit, een van die oudste universiteite in China. Die program behels ’n besoek aan Hunan Universiteit van 18 tot 24 September 2011 en fokus op [...]

Lees meer
collegemap-small

Universiteit Stellenbosch sluit ooreenkoms met swart universiteite in die VSA

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ’n samewerkingsooreenkoms gesluit met die Thurgood Marshall College Fund (TMCF), ’n liggaam wat bykans 300 000 studente aan 47 histories swart kolleges en universiteite, asook oorwegend swart instellings in die VSA verteenwoordig. Die ooreenkoms maak voorsiening vir uitruilprogramme tussen die US en die afsonderlike TMCF-lede. Dít geld studente, akademici en navorsers. Akademiese inligting [...]

Lees meer