Etiketargiewe Prof Russel Botman
Russel Botman Kuyper Prize 2-s

‘Wanhopige jeug moet hoop op beter toekoms gebied word’ – prof Russel Botman in 2013 Kuyper-prys lesing, Princeton, VSA

Globalisering kan die jeug wêreldwyd toenemend in die arms van fanatiese en ekstremistiese groepe dryf weens openbare en ekonomiese beleid wat die armes en ander gemarginaliseerde groepe bly uitsluit. Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), gisteraand (18 April) in die VSA gewaarsku. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer
Russel Botman met gesogte Abraham Kuyper-prys vereer

Russel Botman met gesogte Abraham Kuyper-prys vereer

Ekonomiese globalisering en die huidige finansiële krisis bedreig nie net die volhoubaarheid van die planeet nie, maar ook die morele welstand van die mensdom en die toekoms van jongmense wêreldwyd. Dít gaan die boodskap van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), wees wanneer hy volgende week die Princeton Teologiese Seminarium [...]

Lees meer
Kayamandi Photo1

US-rektor besoek gemeenskapsvennote in Kayamandi

Die gebrek aan ’n opgedateerde databasis van inwoners in Kayamandi en die rol wat só ’n databasis kan speel om te verseker dat die ware slagoffers van ’n ramp so gou as moontlik hulp ontvang, is bespreek tydens ’n onlangse vergadering tussen senior personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit se gemeenskapsvennote in [...]

Lees meer
US Rektor5_S

Meningsartikel: ‘Verenigde front teen korrupsie benodig’ – prof Russel Botman

Daar is “bemoedigende tekens” dat ‘n “sterk burgerlike beweging teen korrupsie” besig is om te groei, skryf prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch in ‘n meningsartikel wat op 27 Maart 2013 deur Politicsweb gepubliseer is. Die volledige teks van sy artikel volg onder. Dis gebaseer op sy toespraak by ‘n teen-korrupsie byeenkoms [...]

Lees meer
Picture1

‘Laat die wêreldkollig op jou kreatiwiteit skyn’

Stellenbosch gaan as amptelike vennoot volgende jaar deel wees van die vieringe rondom Kaapstad as Wêreldontwerphoofstad (Cape Town World Design Capital 2014), en die uitnodiging om voorstelle vir insluiting by die program voor te lê, geld ook personeellede en studente van die Universiteit. Suksesvolle projekte sal amptelike WDC 2014-erkenning, -onderskrywing en -promovering kry. “Dis nou [...]

Lees meer

Stelsel van tradisionele leiers onder die vergrootglas by konferensie oor grondkwessies

Die stelsel van tradisionele leiers het skerp onder die vergrootglas gekom tydens die eerste algemene sessie van ‘n hoë-vlak  konferensie, Land Divided: Land and South African Society in 2013, in Comparative Perspective, wat gistermiddag (24 Maart 2013) in Kaapstad afgeskop het. Die konferensie, gesamentlik aangebied deur drie Wes-Kaapse universiteite – die Universiteit van Wes-Kaapland, die [...]

Lees meer
Three Maties to attend G20 in Russia

Studenteleiers van US verteenwoordig Suid-Afrika by G20-jeugberaad in Rusland

‘n Dosent in ekonomie en twee derdejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) is drie van die jong leiers wat gekies is om Suid-Afrika volgende maand by die G20-jeugberaad in Sint Petersburg, Rusland te verteenwoordig. Kholekile Malindi, Emma Johannes en Sandy Majola gaan hulle by sowat 150 tot 200 van die beste studente en jong kundiges [...]

Lees meer
CH2

Universiteit Stellenbosch ontvang dividend van mediese laboratorium

Unistel Medical Laboratories (Edms) Bpk (Unistel) het vandag (Dinsdag 12 Maart 2013) ʼn dividenduitbetaling van R525 000 aan die Universiteit Stellenbosch (US) oorhandig tydens ʼn spesiale geleentheid by die kantore van die US se tegnologie-oordragmaatskappy, InnovUS. Die totale dividendbetaling van Unistel oor die afgelope twee jaar aan die US beloop meer as R1 miljoen. Dividende is tot [...]

Lees meer
IMG_3909

Sáám kan ons korrupsie keer, sê US-rektor

“Ons moet almal saamstaan om die spiraal van korrupsie te breek.” Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), Maandag (4 Maart) gesê. Hy was een van die sprekers by ʼn teenkorrupsie-geleentheid wat by Dagbreek-koshuis gehou is. Die geleentheid is gesamentlik deur Dagbreek, Unshamedly Ethical en Exposed aangebied. Unshamedly Ethical [...]

Lees meer
US Rektor5_S

Meningsartikel: ‘Universiteite het ʼn deurslaggewende rol te speel in die skep van volhoubare dorpe en stede’

“Hoewel daar in talle universiteitsdorpe wêreldwyd ʼn toga-en-stadsaal-tradisie is, is hierdie verhouding nie altyd een waarin die professore die ‘Ivoortoring’ van die akademie verlaat en hul moue by die plaaslike vullishoop gaan oprol nie.” Só skryf prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, in ʼn meningsartikel wat op 13 Januarie in die [...]

Lees meer
DSCF0928

Eoan-boek ‘vertel belangrike geskiedenis’

“Hierdie boek (Eoan – Our Story), wat die verlede in die herinnering roep, is ’n wegwyser na die toekoms. Dit wys vir ons hoe belangrik dit is om vandag die stories van gister te vertel, andersins gaan die mense wat môre en oormôre in ons spore moet volg, die pad byster raak. Sonder die stories [...]

Lees meer
Andreas_Kunne

SA uitvoere neem af weens swak mededingendheid, sê hoofspreker by vervaardigingskonferensie

Die dramatiese afname in Suid-Afrika se uitvoer na die EU word veroorsaak deur verswakte mededingendheid in die land se vervaardigingsektor, nie deur Europa se huidige finansiële probleme nie. Só het mnr Andreas Künne, hoof van die Duitse ambassade se Departement Ekonomiese en Wêreldsake, Woensdagoggend, 30 Januarie, op Stellenbosch gesê. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer
h_botman2

Selfsugtige leiers benadeel versoening – Prof Russel Botman

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het op Versoeningsdag (Sondag, 16 Desember) ‘n toespraak gelewer by die Msunduzi Museum in Pietermaritzburg. ‘n Verkorte weergawe van hierdie meningsartikel, ‘n weergawe van sy Versoeningsdag-toespraak, het Sondag in Rapport verskyn. Selfsugtige leiers benadeel versoening H Russel Botman Versoeningsdag, die openbare vakansiedag wat ons nasie vandag vier, [...]

Lees meer
Arthur_Chaskalson_IACM2012_Stellenbosch_University

Oudhoofregter Chaskalson het ‘vorm gegee’ aan SA se nuwe bestel

Die Universiteit Stellenbosch (US) het “met leedwese kennis geneem” van die dood van dr Arthur Chaskalson, voormalige hoofregter van Suid-Afrika, op 1 Desember 2012, het die rektor en visekanselier, prof Russel Botman, die naweek gesê. Chaskalson, wat die eerste president van Suid-Afrika se Konstitusionele Hof was, het in 2007 ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit ontvang [...]

Lees meer

Rektor bring hulde aan prof Jakes Gerwel

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het hulde gebring aan prof Jakes Gerwel (66), wat Woensdag 28 November in die Kuilsrivier Hospitaal dood is. Hierdie artikel het Vrydag, 30 November, in Die Burger verskyn: Jakes Gerwel: dáár om te dien Albert Schweitzer het gesê mense wat waarlik gelukkig is, is mense wat geleer [...]

Lees meer