Etiketargiewe SRC
Argus_L

Universiteit steun studenteprotes teen verkragting – Rektor

Onderwys is deel van die oplossing vir Suid-Afrika se nuwe euwel, skryf prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, in ‘n meningsartikel in die Cape Argus op Donderdag 14 Februarie ná hy verlede Saterdag die begrafnis van die verkragtingslagoffer Anene Booysen in Bredasdorp bygewoon het. Hy spreek ook sy ondersteuning uit vir [...]

Lees meer
Transformasie posters S

‘Transformaties Forum’ tot stand gebring

ʼn Studentedrukgroep vir versnelde verandering aan die Universiteit Stellenbosch (US) – die “Transformaties Forum” – is gisteraand (15 Oktober 2012) van stapel gestuur ná ʼn openbare gesprek oor transformasie vroeër die dag, wat deur die Studenteraad (SR) aangebied is. Mnr Wiaan Visser, SR-lid vir transformasie, het by navraag gesê die Transformaties Forum “geniet die SR [...]

Lees meer
IMG_9304

Nuwe SR-voorsitter: Clinton du Preez

Clinton du Preez is Maandagaand deur die nuwe studenteraadlede as die SR-voorsitter vir 2012/2013 verkies. Die ondervoorsitter is Roxanne Eastes. Die kandidate in die voorsitterverkiesing was Clinton du Preez en Ziyanda Stuurman. Wiaan Visser, Ziyanda Stuurman en Roxanne Eastes het hulself as ondervoorsitter verkiesbaar gestel. Clinton en Ziyanda het Maandag tydens middagete aan ‘n voorsittersdebat [...]

Lees meer

SR Voorsittersdebat skuif na Neelsie

Die SR Voorsittersdebat sal steeds vandag (Maandag) plaasvind, maar het weens die weersomstandighede van die biblioteektrappe na die Neelsie Studentesentrum verskuif. Die nuwe Studenteraad (SR) is verlede week aangekondig en die voorsitter sal deur die nuwe SR-lede verkies word. Die kandidate, Clinton du Preez en Ziyanda Stuurman, sal egter eers aan ‘n debat moet deelneem. [...]

Lees meer
Program jpg-large

Bedrywige Maties-vir-Mandela-week gehou

As jy Mandeladag gemis het, kan jy deelneem aan een van die vele aktiwiteite wat vir die eerste Maties-vir-Mandela-week ooit beplan word. Dit vind van Maandag 23 tot Vrydag 27 Julie plaas, en word gekoördineer deur die Gemeenskapsinteraksiekomitee van die Studenteraad (SR), in samewerking met Matie Gemeenskapsdiens (MGD). Vanjaar se Mandeladag-tema, “Take Action, Inspire Change, [...]

Lees meer

Maak oop jou oë! US studente bespreek omstrede kwessies tydens MOJO Week

Die vestiging van ‘n kampuskultuur wat aktief betrokke is in kritiese denke wat voorsiening maak vir verdraagsaamheid, aanvaarding en ‘n waardering van diversiteit. Dit is die idee agter die eerste MOJO ((Maak Oop Jou Oë – Open your eyes)) Week wat by die Universiteit Stellenbosch (US) gehou word. Hierdie kampuswye inisiatief, georganiseer deur US-studente, vind plaas vanaf [...]

Lees meer

Aansoeke vir SR Bestuurders nou oop

Aansoeke vir SR Bestuurders vir Kultuur, MatieLife, en Groen is nou oop. Inligting oor die portefeuljes en aansoekproses is beskikbaar op die Studenteraad se webtuiste www.sun.ac.za/sr. Aansoeke moet teen 12 September om 16:00 gestuur word na vdriet@sun.ac.za.

Lees meer
Maties-Talent-Logo

Matie’s Talent 2011 – Die Top 20

Het jy talent? Matie’s Talent 2011 is ‘n talentkompetisie wat aangebied word deur die Studenteraad van die Universiteit Stellenbosch – ‘n viering van talent & kampuskultuur. Die finale rondte wat op 28 Julie plaasvindin die bekende Endler Saal, Stellenbosch, is deel van die jaarlike ABSA Matie Week program. Die talentvolle TOP 20 Semi-Finaliste is: • Hugo Kloppers [...]

Lees meer
Dare to Donate!

Dare to Donate!

Hierdie artikel is tans slegs beskikbaar in Engels.

Lees meer