Etiketargiewe SU Language Centre

TEFL Sertifikaat aangebied deur die US

Die Taalsentrum by die Universiteit Stellenbosch bied ’n 120-uur TEFL kursus aan wat indiwidue voorberei om Engels te kan aanbied oorsee. ’n TEFL-sertifikaat, tesame met ‘n eerste universiteitsgraad, verbeter jou kanse om ’n oorsese onderwysposisie te kry by ‘n private taalskool, regeringskool, hoëronderwysinstelling of ’n NRO. TEFL-opgeleides wat reeds die kursus voltooi het, het al [...]

Lees meer
Batibo & De Stadler-s

Fokus val op meertaligheid by US Taalsentrum-simposium

Die Universiteit Stellenbosch (US) Taalsentrum se simposium oor meertaligheid in hoër onderwys en die bevordering van Afrikatale het Woensdag (21 November) suksesvol afgeskop met onder meer ’n aanbieding van een van die voorste kenners van meertaligheid op Afrikabodem. Prof Herman Batibo van die Universiteit van Botswana, ʼn spesialis op die gebied van meertaligheid, het in [...]

Lees meer

US Taalsentrum-lesingreeks (8 November)

U word vriendelik genooi na die volgende Taalsentrum-gaslesing*: Titel: Die behoefte aan meer doeltreffende dokumentontwerp in gesondheidskommunikasie Spreker: Prof Carel Jansen, Universiteit Groningen Datum: 8 November 2012 Tyd: 13:00-13:45 Plek: US Taalsentrum se seminaarkamer, Crozierstraat 22 *Beperkte sitplekke beskikbaar  

Lees meer

Twee belangrike taaldae

As deel van sy 10de bestaansjaarvieringe sal die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum twee simposiums, een oor Meertaligheid in die hoër onderwys en die ander oor Die bevordering van Afrikatale, aanbied. Hierdie simposiums sal onderskeidelik op 21 en 22 November 2012 aangebied word. Ons is bevoorreg om dr Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, as een van [...]

Lees meer

Gratis werkswinkel: Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op 15 – 16 November 2012 die gewilde werkswinkelreeks Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings: ʼn Tweedagreeks aan. Deelnemers het die opsie om net Dag 1 of Dag 2 by te woon. Dag 1:  Prosedures vir vergaderings en notules In hierdie werkswinkel sal jy op ’n interaktiewe, praktiese manier die geleentheid kry om [...]

Lees meer

Taalsentrum Nuwe Woorde-kompetisie

Kan jy aan nuwe kreatiewe Afrikaanse woorde dink vir die Engelse wrap, hotspots en trolling? Kom wys dan jou staal en neem deel aan die Taalsentrum se Nuwe Woorde-kompetisie wat ter viering van ons tiende verjaarsdag vanaf 1-31 Oktober gehou sal word. Jy staan die kans om ‘n R1000-boekbewys van Protea Boekwinkel of The English [...]

Lees meer

Webtekste en webwerwe: Die volle pakket

Webwerwe is ’n onontbeerlike kommunikasiemiddel vir enige instansie of maatskappy. ’n Effektiewe webwerf wat voldoen aan die lesers en kliënte se behoeftes, is daarom ook ononderhandelbaar. Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied vanaf 5 – 9 November 2012 ’n omvattende werkswinkelreeks aan oor die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van ’n webwerf. Ons wil deelnemers graag toerus om ’n [...]

Lees meer

Deeltydse konsultantposte by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium beskikbaar

Deeltydse konsultantposte is by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium beskikbaar vir geregistreerde nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch.  M- en D-studente kry voorkeur.                                                  Studente uit die volgende studierigtings word aangemoedig om aansoek te doen: Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese, AgriWetenskappe, Natuurwetenskappe en Lettere en Sosiale Wetenskappe (Sielkunde). Pligte van die konsultante sluit in: Konsulteer individueel met studente [...]

Lees meer

Skep nuwe woorde en wen ‘n prys

 Kan jy aan nuwe kreatiewe Afrikaanse woorde dink vir die Engelse wrap, hotspots en trolling? Kom wys dan jou staal en neem deel aan die Taalsentrum se Nuwe Woorde-kompetisie wat vanaf 1-31 Oktober ter viering van hul tiende verjaarsdag gehou sal word. Jy staan die kans om ’n R1000-boekbewys van Protea Boekwinkel of The English [...]

Lees meer

Gratis vir US personeel: Die skryf van dokumente in eenvoudige taal

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied aan ’n twee dae lange sessie - Die skryf van dokumente in eenvoudige taal – op 10 – 11 Oktober 2012. Dag 1: Dokumentformulering in eenvoudige taal Op die eerste dag sal jy meer leer oor die Verbruikerswet en die rol wat dit in eenvoudigetaal-formulering speel. Die klem val op die toepassing van [...]

Lees meer
Mossop invite (Eng)

Taalsentrum: Werksessie oor selfrevisie en ander-revisie

Die US Taalsentrum is vanjaar tien jaar oud! As deel van die vierings het ons ʼn halfdagwerksessie gereël wat jou aan die dink gaan sit. Wanneer jy jou eie konsepvertaling of iemand anders se vertaalwerk nagaan, volgens watter beginsels besluit jy of regstellings of verbeterings nodig is? Volg jy ‘n herkenbare proses? Wat is die [...]

Lees meer

Gratis slypskool vir US personeel – PowerPoint en Aanbiedingsvaardighede

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op 13 en 14 September die volgende slypskool aan: PowerPoint en Aanbiedingsvaardighede. Dag 1: PowerPoint as ‘n aanbiedingsinstrument Hierdie slypskool sal op die riglyne vir ‘n suksesvolle PowerPoint-aanbieding fokus. Tydens dié interaktiewe sessie sal daar na die basiese tegniese aspekte en die inhoudelike samestelling van ‘n suksesvolle aanbieding gekyk word. Vrae oor [...]

Lees meer

Leer ‘n vreemde taal by die Universiteit Stellenbosch

Dit is vir ons aangenaam om weereens die gewilde kortkursusse vir beginners in die volgende tale bekend te stel.  Die Departement Moderne Vreemde Tale, in samewerking met die Nagraadse en Internasionale Kantoor sal, tydens die tweede semester van 2012, weer hierdie geleentheid aanbied. Frans  30 Julie (Eerste Ontmoeting 17:00) Chinees  30 Julie (Eerste Ontmoeting 17:00) [...]

Lees meer

Wetenskaplike skryfvaardighede vir navorsingsartikels

Hierdie ses-ure werkswinkel is gerig op nagraadse studente wat beplan of reeds besig is om ’n akademiese artikel te skryf. Die werkswinkel bied aan deelnemers die geleentheid om op ’n interaktiewe en praktiese wyse hulle wetenskaplike skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry.  Verskeie [...]

Lees meer

Webtekste en webwerwe: Die volle pakket

Webwerwe is ’n onontbeerlike kommunikasiemiddel vir enige instansie of maatskappy. ’n Effektiewe webwerf wat voldoen aan die lesers en kliënte se behoeftes, is daarom ook ononderhandelbaar. Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied vanaf 6 – 10 Junie 2011 ’n omvattende werkswinkelreeks aan oor die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van ’n webwerf. Ons wil deelnemers graag toerus [...]

Lees meer