Die Universiteit Stellenbosch, die Southern African Association for Counselling and Development in Higher Education (SAACDHE) en Golden Key International Honours Society het kragte saamgesnoer in ‘n baanbrekersprojek vir die ontwikkeling van werksessies om studentepotensiaal by hoëronderwysinstellings in Suider-Afrika te bevorder. Die projek het begin met basiese voorafbeplanning en ‘n skriftelike voorlegging in 2008. Golden Key [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 31, 2009 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Personeel, Persverklarings, Studente |
Meksikaanse griep/varkgriep/ novel A/H1N1 is soortgelyk aan seisoenale griep, influenza A A/H3N2, soos ondervind gedurende hierdie jaar se Wes-Kaapse winter. Beide is Influenza A virusse, maar met verskillende stamme – wat dieselfde simptome veroorsaak. Die behandeling van Meksikaanse griep is presies dieselfde as vir seisoenale griep: konsulteer ‘n dokter; bly in die bed; beheer koors [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 30, 2009 |viljoenm | 1 Kommentaar »
Geplaas in: Personeel, Studente |
“Om die aanbevole voorsorgmaatreëls na te kom, soos die was van hande en om in ‘n sakdoek (of selfs in ‘n gebuigde arm) te hoes of nies en om onmiddellik mediese sorg te bekom as griepsimptome voorkom, selfs al blyk dit later net die gewone seisoenale griep te wees, is steeds die belangrikste manier om [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 30, 2009 |liezls | 5 Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Personeel, Studente |
Die Universiteit Stellenbosch Jaarverslag, die alumni-tydskrif Matieland en die Stellenbosch Stigting se Verslag aan Skenkers is nou vir eerste keer in ‘n gebruikersvriendelike formaat aanlyn beskikbaar.Dié nuwe “blaai”-tegnologie skep ‘n virtuele ervaring van die “werklike”, gedrukte weergawe van die publikasies. Navigasie word ook vergemaklik; lesers kan infokus op spesifieke artikels, “foto’s” kan geneem word of [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Personeel |
Op 7 Augustus sal die Universiteit Stellenbosch (US) al sy vrouepersoneellede vier en vereer met ‘n Vrouedagviering wat in die Fismersaal van die Konservatorium sal plaasvind. So maak seker dat jy 7 Augustus 2009 in jou dagboek merk en Vrouedag saam kom vier.Vanjaar word die Vrouedaggeleentheid deur die Kantoor vir Diensbillikheid en Diversiteitsbevordering, die Afdeling Gemeenskapsinteraksie en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel |
Die Boekhoek is ‘n middelman in die tweedehandse boekbedryf. Studente kan hul ou akademiese boeke na die Boekhoek bring en hul eie prys op die boeke sit. Maties JOOL verkoop hierdie boeke nadat dit ingeneem is. Wanneer is Boekhoek oop? 20 Julie 2009 tot 7 Augustus 2009 Besigheidsure: Maandag tot Vrydag van 12:00-14:00. Waar? Die [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Studente |
Personeel sal oplet dat die Julie-uitgawe van Kampusnuus se publikasiedatum as 27-07-2008 vertoon in plaas van 27-07-2009. Lesers hoef egter nie bekommerd te wees dat hulle met ‘n ou weergawe van die Kampusnuus sit nie. Die 27-07-2008 uitgawe is inderdaad die splinternuwe weergawe van Kampusnuus. Dit is net die drukkersduiweltjie wat hierdie maand verwarring geskep [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | 2 Kommentaar »
Geplaas in: Personeel |
Die US Raad het as deel van die 2009 vergoedingsbegroting R8 miljoen bewillig om agterstande in vergoeding aan te spreek. Die afdeling Menslike Hulpbronne het gedurende Maart en April 2009, met behulp van Remchannel-inligting, ‘n markondersoek onderneem om uit te vind op watter posvlakke daar konkrete agterstande teenoor die relevante mark bestaan. Lees meer hieroor [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: July 29, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Personeel |