Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




Sportmassering: verdien ‘n ekstra inkomste!


Die Stellenbosch Universiteit se Sportprestasie Instituut (SUSPI) bied ‘n Sportmasseringkursus in September aan. Kom leer hoe om te masseer as deel van ‘n oefenprogram, dalk wil jy jou kind in sy/haar sportloopbaan ondersteun of jy kan selfs deel word van ons spanne wat tydens byeenkomste soos die Cape Epic of Double Century noodsaaklike massering verskaf (teen betaling).

Die Sportmasseringskursus kos R1800 (R1600 vir studente) en behels klasse (teoreties en prakties) op 8, 10, 12, en 13 September van 8:00 – 17:00. Al die klasse vind in die Sportwetenskapgebou op Coetzenburg plaas. Jy moet ook ‘n aantal ure masseer en ‘n teoretiese en praktiese assessering aflê voor jy ‘n Sertifikaat van Bevoegdheid ontvang.

Vir meer inligting en om in te skryf, kontak Marita Snyman by 021 808 2740 of learning@sun.ac.za


Plaas u kommentaar

*