Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

ArtikelsOctober, 2009

US se Bestuurskool ontvang A-gradering in wêreldwye opname

Die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) het weer eens ’n A-gradering ontvang as een van die “universele bestuurskole met belangrike internasionale invloed” in ’n wêreldwye opname deur EDUNIVERSAL. EDUNIVERSAL het sy Five Palms-toekenning, die hoogste eer aan ’n bestuurskool, by sy Wêreldkongres wat op 26 en 27 Oktober 2009 in Kaapstad gehou is, aan die […]

Lees meer.....

Geografiese Inligtingstelsels (GIS) kursus

Enkele sitplekke is nog beskikbaar vir die basiese Geografiese Inligtingstelsels (GIS) kursus wat van 7 tot 9 Desember 2009 deur die Sentrum vir Geografiese Analise (SGA) aangebied word. Dié inleidende kursus is gemik op GIS beginners wie opleiding in die basiese GIS funksies soos kaartproduksie, data vaslegging, data redigering en manipulasie benodig. Deelnemers sal ook blootgestel […]

Lees meer.....

Maties se ‘oefenmaat’ kan atlete oefenvoordeel gee

’n Besigheidsplan vir die “Training Buggy”, ’n geoutomatiseerde oefenmaat*, is aangewys as hierdie jaar se weninskrywing in die Innovasiefonds se plaaslike been van die Studente Besigheidsplankompetisie (ook bekend as die Nasionale Innovasiefondskompetisie). Die wenspan, bestaande uit vier ingenieurswesestudente, het R50 000 vir hul inskrywing ontvang.  Die wenners van die kompetisie is onlangs tydens ’n funksie […]

Lees meer.....

Fotostaatmasjien Meterlesings

Ons doen ‘n beroep op alle belanghebbendes om meterlesings van fotostaatmasjiene asseblief so gou as moontlik aan die diensverskaffers deur te gee. Hulle skakel maandeliks vir die lesing en ons vra dat almal dit asb dadelik sal deurgee of die verskaffer tydig sal terugskakel. Dit is in almal se belang dat die korrekte syfer betyds […]

Lees meer.....

Werkswinkel: Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied weer op Vrydag, 20 November, hul gewilde voldag-werkswinkel oor die skryf van notules aan.  In hierdie werkswinkel sal jy op ‘n interaktiewe, praktiese manier die geleentheid kry om jou vaardighede met die hou van notules op te knap. Boonop sal jy antwoorde kan kry op die vrae wat jy nog altyd oor […]

Lees meer.....

US bied konferensie aan wat nuutste navorsing oor SA gesinsgeweld tentoonstel

Woensdag 25 November is die eerste dag van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders in Suid-Afrika, ‘n jaarlikse bewusmakingsveldtog oor geslagsgeweld in ons land.  Die Universiteit Stellenbosch hou op hierdie dag ‘n navorsings- / gemeenskapsorganisasie – / beleidsmakingskollowkium om die nuutste werk op die gebied van SA gesinsgeweld ten toon […]

Lees meer.....

Bekende Stellenbosch skilder en US-alumnus skenk skildery aan Departement Ondernemingsbestuur

Portchie, bekende skilder van Stellenbosch, het onlangs ‘n skildery  aan sy alma mater, die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch(US) geskenk. Die oorhandiging is op luisterryke wyse by sy ateljee, die Red Tea Pot Gallery, in Kerkstraat in Stellenbosch, gevier. Die skenking is moontlik gemaak deurdat dr Ria Hugo, van die Departement Ondernemingsbestuur, by wie Portchie tydens […]

Lees meer.....

Lesingprogram gaan in elkeen se smaak val

’n Propvol akademiese lesingprogram gaan MatiesAlumni en ander belangstellendes wat die heel eerste ’BoschFees kom bywoon, die geleentheid bied om die lyf weer student te kom hou – en daar is geen eksamen nie! Die lesingsprogram, wat op 9 en 10 Desember 2009 plaasvind, bied ’n kykie in die nuutste navorsing en denke aan die […]

Lees meer.....