Dr Johann Rupert, sakereus en entrepreneur by uitnemendheid, is Maandag deur ’n kieskollege van die Universiteit Stellenbosch (US) as die veertiende Kanselier van die US aangewys. Hy volg dr Frederik van Zyl Slabbert op wat vroeër vanjaar dié amp neergelê het. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het die aanstelling van dr Rupert verwelkom en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2009 |viljoenm | 2 Kommentaar »
Geplaas in: Algemeen, Korporatief & Alumni, Personeel, Persverklarings, Studente |
Die Afdeling Menslike Hulpbronne se Jaareindfunksie vind Vrydag, 4 Desember 2009 plaas. Die kantore sal vanaf 10:00 gesluit wees. Die Kliëntedienssentrum sal beskikbaar wees vir dringende navrae en die afhaal van lone tjeks. Tel. (021) 808-4829
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2009 |wrightb | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Kennisgewings, Personeel |
Die personeel van SUN MeDIA sal op Maandag, 7 Desember 2009, hul jaareindfunksie bywoon en kantore sal dus om 14:00 sluit. Bestellings vir 7 Desember moet dus asseblief vóór 14:00 by die SUN MeDIA-kantore afgehaal word. Vir enige navrae, skakel 021 808 2401 of e-pos africansunmedia@sun.ac.za.
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 30, 2009 |Sonja van der Westhuizen | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Kennisgewings, Personeel |
Die Noorweegse koningspaar, koning Harald V en koningin Sonja, het Donderdag die Uitsig TB-kliniek as gaste van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) besoek. Die besoek het deel gevorm van ’n uitgebreide amptelike staatsbesoek aan Suid-Afrika op uitnodiging van president Jacob Zuma. Uitsig is een van die meer as 20 [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 27, 2009 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Gesondheidswetenskappe, Korporatief & Alumni, Navorsing, Persverklarings |
Die onafhanklike nasies van Sub-Sahara Afrika het nie gelukkige kinderdae beleef nie. Oor die afgelope 40 jaar het die een ramp na die ander oor die kontinent gespoel: die ineenstorting van kommoditeitspryse, koloniale oorloë, Koue Oorlog-inmenging, plaaslike politieke grootheidswaan en Vigs. Gevolglik ervaar die meeste stede in Sub-Sahara Afrika massiewe verstedeliking, ’n wydverspreide informaliteit en [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 27, 2009 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Persverklarings |
Die nuutste uitgawe van Bibnuus, nuusbrief van die Biblioteek- en Inligtingsdiens, is nou beskikbaar. Kliek hier om dit in PDF formaat te lees. Kontak gerus die redakteur, Mimi Seyffert, vir enige navrae of kommentaar by 021 808 4887, mseyf@sun.ac.za).
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 27, 2009 |mseyf | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Akademies, Algemeen |
Ná ‘n lang afwesigheid kom die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) weer Kaap toe vir een uitvoering wat nie misgeloop moet word nie, en wel in die Endlersaal by die Universiteit Stellenbosch op Woensdag 9 Desember om 20:00. Die uitvoering vorm deel van die Konservatorium-konsertreeks. ‘n Borrelende program van Suid-Afrikaanse werke deur Mokale Koapeng, Robert Fokkens [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 27, 2009 |liezls | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: Korporatief & Alumni, Kuns en Kultuur |
Besoekers aan die eerste ’BoschFees wat deur die Universiteit Stellenbosch aangebied word, kan op Woensdagaand 9 Desember ’n aandwandeling deur die historiese middedorp van Stellenbosch meemaak wat ’n besoek aan Suid-Afrika se oudste gerestoureerde woonhuis, Schreuderhuis, sal insluit. Dié geskiedkundige woning, op die hoek van Kerk en Ryneveldstrate, is op 10 Desember 300 jaar oud. [...]
Lees meer.....
Gepubliseer op: November 26, 2009 |viljoenm | Lewer Kommentaar »
Geplaas in: BoschFees |