Deel in ons sosiale netwerke by:            
      




Internasionale Konferensie gehou oor die bestuur van stede in Africa


Die onafhanklike nasies van Sub-Sahara Afrika het nie gelukkige kinderdae beleef nie. Oor die afgelope 40 jaar het die een ramp na die ander oor die kontinent gespoel: die ineenstorting van kommoditeitspryse, koloniale oorloë, Koue Oorlog-inmenging, plaaslike politieke grootheidswaan en Vigs. Gevolglik ervaar die meeste stede in Sub-Sahara Afrika massiewe verstedeliking, ’n wydverspreide informaliteit en armoede in hul stedelike ekonomieë en in hul huisverskaffingstelsels, en daarmee saam verswakte stadsregerings.

Dit is die konteks van ʼn drie dae konferensie oor stadsbestuur in Afrika-stede suid van die Sahara wat vanaf 30 November tot 2 Desember 2009 by die Wallenberg-navorsingsentrum van die Universiteit Stellenbosch (US) gehou word.

Die konferensie het ten doel om navorsers en instansies bymekaar te bring om:

  • navorsing oor ’n gesamentlike onderwerp tussen verskeie instansies in die Noordelike Halfrond en in Afrika te bevorder
  • om multidissiplinêre besprekings oor die stad in Afrika aan te moedig
  • om vergelykende studies te fasiliteer, en
  • om metodologiese benaderings te bespreek en ontwikkel wat deur die navorsers van verskillende dissiplines gedeel kan word.

Die konferensie bring tot ’n einde ’n vier jaar multilaterale navorsingsprogram onder die leiding van prof Simon Bekker van die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en dr Laurent Fourchard van die Universiteit van Bordeuax.

Deelnemers aan die konferensie sluit in navorsers van Kenia, Nigerië, Senegal, Tanzanië en Togo in Afrika; Frankryk, Noorweë, Portugal en die Verenigde Koninkryk in Europa en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) en die Universiteite van Kaapstad, Johannesburg, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en Wits, tesame met ’n aantal van navorsers van die Universiteit Stellenbosch in.

“Die eerste dag bestaan uit drie rondetafel-besprekings oor Afrika-stede as wêreldstede, navorsingsuitdagings in stede in Afrika en party-politiek in stedelike Afrika,” verduidelik prof Bekker wat as konferensie-voorsitter optree. “Die laaste twee dae sal bestaan uit aanbiedings deur die verskillende navorsingspanne oor kwessies wat betrekking het tot informaliteit en kollektiewe identiteitsvorming in stedelike Afrika. Navorsing oor nagenoeg 15 stede in Sub-Sahara Afrika sal ook in hierdie aanbiedings ingesluit wees.”

Van die konferensiedeelnemers sluit in beide nagraadse studente asook senior kundiges. Die ses lede van die eerste rondetafel sluit in Scarlett Cornelissen (US), Bill Freund (UKZN), Alan Mabin (Wits), Ayodeji Olukoju (Universiteit van Lagos), Sam Owuor (Universiteit van Nairobi) en Göran Therborn (Universiteit van Cambridge).

Van die temas wat oor die laaste twee dae van die konferensie bespreek sal word, sluit in ‘Contested orders: Negotiating urban security’, ‘The politics of solid waste removal’ en ‘The process of identification amongst minorities’.


Plaas u kommentaar

*