Paradigmaskuif nodig vir denke oor gestremdheid
“Vandag besef ons dat die diskriminasie wat persone met gestremdhede ervaar, deur die samelewing daargestel is – ook soms kulturele hindernisse genoem. Dit het meer te doen met ’n swakheid in die samelewing se beskouing van menseregte en waardigheid en noodsaak ’n dringende paradigmaskuif.
Dit was die boodskap van prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch aan afgevaardigdes na die tweede African Network for Evidence-to-Action on Disability (AfriNEAD) Simposium wat deur die Sentrum vir Rehabilitasiestudies aan die US aangebied is. Hy het Maandagaand tydens ’n glansgeleentheid by die Wallenberg Navorsingsentrum gepraat.
Die AfriNEAD 2009 Simposium is die tweede van ’n tweejaarlikse reeks konferensies wat op die Afrika kontinent gehou word. Dit is ook ’n opvolg van die 2007 Stellenbosch Symposium on Evidence-to-Action in Disability (SSEAD 2007) waartydens AfriNEAD bekendgestel is en val saam met die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede – op 3 Desember. Sowat 180 afgevaardigdes, waarvan 120 internasionale gaste is, neem aan die gesprekke deel oor hoe om navorsing te laat oorgaan in bewys-gebaseerde advokatuur, praktyk en beleid – veral in die Afrika konteks.
Deur te verwys na voorbeelde wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse witskrif oor ’n Geïntegreerde Nasionale Gestremdheidstrategie, soos ‘dit is gebreke in die ontwerp van alledaagse gereedskap wat uitdagings veroorsaak, nie die vermoë van mense om dit te gebruik nie’ en ‘dit is die samelewing se gebrek aan vaardighede in die gebruik en aanvaarding van alternatiewe maniere om te kommunikeer wat mense met kommunikasiegestremdhede uitsluit’, het prof Botman gesê dat die behalwe die paradigmaskuiwe wat “uiters noodsaaklik is, instellings van hoër onderwys op verskeie manier kan bydra ten einde die nodige transformasie op alle vlakke te bewerkstellig. Die verstandige ding om te doen, is vir instellings van hoër onderwys om van die kern oorsake van gestremdhede in oënskou te neem en om maniere te bedink oor hoe om die voorkoms van gestremdhede wat vermy kon word in die samelewing te minimaliseer.”
In hierdie verband het prof Botman verwys na onder meer armoede (insluitend oorloë en hul nadraai), degradasie en omgewingsbesoedeling. Hy het ook gesê dat navorsing moet oorgaan in ware oplossings en ’n “voetspoor van die wetenskap” moet laat.
Die Universiteit Stellenbosch het hom toegewy aan ’n “Pedagogie van Hoop vir al die mense van ons land en kontinent. Ons besef dat die wyse hoe nuwe horisonne en ’n toekoms van hoop vir die generasies wat nog kom daargestel kan word word, is om deel te wees van die internasionale ontwikkelingsagenda deur ’n bydrae te maak wat betref die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies (VN). Van die lys temas wat die VN geïdentifiseer het as parameters vir ontwikkeling wêreldwyd, het ons ’n aantal geselekteer wat fokus op die kern akademiese en navorsingsaktiwiteite van die Universiteit, naamlik die bekamping van armoede, die bevordering van vrede en sekuriteit, die bevordering van demokrasie en die ontwikkeling en bevordering van volhoubare omgewingsbronne.
“Ons is daarvan oortuig dat om by te dra tot hierdie parameters ten einde die kwaliteit van lewe op ons kontinent te verbeter, die US terselfdertyd die kernkwessies wat betref die hoofoorsake van gestremdheid in ons samelewing sal kan adresseer. Maar, dit gesê, besef ons dat persone met gestremdhede deel is van van ons samelewing en altyd so sal wees. Daarom sluit die US se Visie 2015 mense met gestremdhede in in sy soeke na diversiteit. Ons sal voortgaan om te voorsien in die tegnologie om studente en personeel by te staan, of om dit te ontwikkel. Ons sal nog meer selfondersoek doen om paradigmas te skuif en om beter toegang tot hoër onderwys te verseker. Maar nie net toegang nie, ook sukses.
“As instelling het ons die onderneming gegee om gelyke geleenthede daar te stel en volle deelname van persone met gestremdhede in alle aktiwiteite en op alle vlakke van die Universiteit te verseker. Nie net as spesiale vergunning nie of as ’n uitsondering op die reël nie, maar in die gees van seker maak dat ons studente en personeel met gestremdhede in ag geneem word en behandel word as gelykes in elke aspek van ons aktiwiteite wat betref onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie,” het prof Botman gesê.
Vir prof Botman se toespraak, lees hier
MORE ON AFRINEAD
The African Network for Evidence-to-Action on Disability (AfriNEAD) exists to ensure that research contributes to a better quality of life for people with disabilities in Africa.
AfriNEAD facilitates networking among researchers, persons with disability, government representatives, business and civil society within the African region as well as with international communities. To effectively realise the rights of persons with disabilities, these stakeholders need to collaborate in the area of disability research.
Members of the network receive regular electronic newsletters on developments in AfriNEAD. The website is used to share information within the network. Biannual symposia create the opportunity to interact, identify gaps in available research evidence and share results from research done.
AfriNEAD is a flagship project of the Centre for Rehabilitation Studies, at the University of Stellenbosch, in South Africa. The African Decade of Persons with Disabilities and the Centre for Global Health, Trinity College Dublin are early partners of this initiative.
The purpose of all AfriNEAD’s activities is to enable research evidence to make a real impact on communities.
Background of Symposium
This symposium is the second of a biannual series of conferences to be held on the African Continent, following up on the 2007 Symposium on Evidence-to-Action in Disability (SSEAD 2007) that launched AfriNEAD.
One of the aims of SSEAD 2007 was to critically analyze whether existing research evidence has made an impact on the lives of people with disabilities. We heard speakers sharing their experiences on five critical areas:
a. Using evidence-to-action to realize the rights of people with disabilities;
b. What constitutes good research evidence?
c. What evidence is there?
d. What evidence is needed?
e. Moving from evidence to action.
These five key areas were aimed at throwing some light on how to turn theory into practice. SSEAD 2007 managed to unleash a whole lot of energy and, if one is completely honest, left people with more questions regarding the ACTION of AfriNEAD than answers.
One would ask then, what will be different with the AfriNEAD Symposium 2009? Our perception is that the membership of AfriNEAD is tired of exploration and wants ACTION. Disabled people’s intense struggles on the African continent and worldwide are characterized by their need for basic human rights and the realization of equal opportunities to participate fully in all spheres of life. The extent to which these rights have been afforded to disabled people differs from one country to another.

Plaas u kommentaar