Paneel bespreek klimaatsverandering by navorsingsvergadering van Plant- en Dierkunde
Hoe ernstig moet ons klimaatsverandering opneem, en wat kan ons daaraan doen? Dié vrae is geopper toe klimaatsverandering aan die orde gekom het by ʼn spesiale sessie as deel van die jaarlikse navorsingsvergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Plant- en Dierkunde.
