Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.





Artikels December 15th, 2009

Matie-swemmer breek Ryk Neethling se 13-jaar oue rekord

Heerden Herman, 18-jarige Matie student, het geskitter by die onlangse SASKO WP swemkampioenskappe. Die huidige junior wêreldkampioen in die 800m vryslag het van die begin af die voortou geneem en het in die proses Ryk Neethling se SA rekord vir 18-jariges met meer as 10 sekondes verbeter. Dié vorige rekord is gedurende die 1996 Atlanta Olimpiese Spele […]

Lees meer.....

Stellenbosse evolusionêre genetikus erken as wêreldleier

Prof Terry Robinson, ʼn dierkundige van die Universiteit Stellenbosch (US), wat na genetiese leidrade vir die primitiefste Afrika-soogdiere, die Afrotheria, op soek is, het ʼn A2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang. Dié gradering maak hom ʼn wetenskaplike van wêreldgehalte op sy vakgebied.

Lees meer.....