Spaar só elektrisiteit in vakansietyd
Die Universiteit kan ’n groot hoeveelheid elektrisiteit oor die feestyd bespaar deur ’n paar eenvoudige beginsels te volg.
Volgens mnr Dolf Krige, Bestuurder: Nutsdienste, moet personeel veral seker maak dat elektriese toestelle by die muursok afgeskakel word omdat elektrisiteit steeds gebruik word – selfs al word die toestel afgeskakel.
Hy het die volgende wenke gegee:
- Maak seker dat alle rekenaars afgeskakel is (ook by die muursok). Veral ook by rekenaar gebruikersareas (RGA’s).
- Skakel ook alle drukkers, fotostaatmasjiene, skandeerders, koffiemasjiene en Hydroboil warmwatertoestelle ook af.
- Trek alle batterylaaiers uit die muurprop – selfoonlaaiers, kameralaaiers, radiolaaiers, ens.
- Skakel alle warmwatersilinders (geysers) ook af.
- Waar moontlik moet leë yskaste en vrieskaste ook afgeskakel en die deure oopgelos word (yskaste en vrieskaste moet uiteraard eers ontvries word).
- Verseker ook dat alle lugversorgers afgeskakel is.
- Sorg asb. dat alle kantoor-, kleedkamers- en stoorkamerligte afgeskakel word en dat geen ligte onnodig brand nie.

Plaas u kommentaar