US ontvang gesogte lidmaatskap van internasionale konsortium van universiteite
Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste universiteit in Suid-Afrika en Afrika om lid te word van die globale Academic Consortium for the 21st Century (AC21)-organisasie. Die organisasie is in 2002 onder leiding van Nagoya Universiteit in Japan gestig as ’n internasionale netwerk van opvoedkundige, navorsings- en industriële organisasies. AC21 se doel is onder meer [...]
