Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




Nuutste Artikels » « Vorige Artikels    

ArtikelsDecember, 2009

Matie-swemmer breek Ryk Neethling se 13-jaar oue rekord

Heerden Herman, 18-jarige Matie student, het geskitter by die onlangse SASKO WP swemkampioenskappe. Die huidige junior wêreldkampioen in die 800m vryslag het van die begin af die voortou geneem en het in die proses Ryk Neethling se SA rekord vir 18-jariges met meer as 10 sekondes verbeter. Dié vorige rekord is gedurende die 1996 Atlanta Olimpiese Spele […]

Lees meer.....

Stellenbosse evolusionêre genetikus erken as wêreldleier

Prof Terry Robinson, ʼn dierkundige van die Universiteit Stellenbosch (US), wat na genetiese leidrade vir die primitiefste Afrika-soogdiere, die Afrotheria, op soek is, het ʼn A2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang. Dié gradering maak hom ʼn wetenskaplike van wêreldgehalte op sy vakgebied.

Lees meer.....

Paneel bespreek klimaatsverandering by navorsingsvergadering van Plant- en Dierkunde

Hoe ernstig moet ons klimaatsverandering opneem, en wat kan ons daaraan doen? Dié vrae is geopper toe klimaatsverandering aan die orde gekom het by ʼn spesiale sessie as deel van die jaarlikse navorsingsvergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Plant- en Dierkunde.

Lees meer.....

Leer die kuns van onthou hoor graduandi by laaste gradeplegtigheid, eregrade toegeken

“’n Gradeplegtigheid is ‘n diep simboliese ritueel waarin al die herinneringe van jou studentejare as’t ware saamgebundel word – al die soet én die suur, die vasbyt én die vreugde, die stres én die pret. Ook vir julle naastes is dit noodwendig ‘n belangrike moment.” Dit was die woorde van prof Elna Mouton, Uittredende Dekaan […]

Lees meer.....

Skemeronthaal is ’BoschFees hoogtepunt, Konvokasie-vergadering gehou

Die eerste ’BoschFees van die Universiteit Stellenbosch (US), wat alumni en vriende van die Universiteit van heinde en verre getrek het, is Donderdag met die Rektor se Skemeronthaal op Coetzenburg afgesluit. Dié swierige onthaal, ‘n ‘Boschfees hoogtepunt, is in ’n reuse Bedoeïene-tent gehou met die opwindende nuwe groep World@South wat die agtergrondmusiek vir die aand […]

Lees meer.....

Kerswense van die Studentedekaan

Beste Kollegas Die Studentedekaan, Llewellyn MacMaster en personeel van Studentesake wens u en u familie ‘n Geseënde Kersfees en ‘n feesgety gevul met warmte, vrede en vreugde toe. Alle voorspoed vir 2010.

Lees meer.....

Prof Chown internasionaal beloon vir navorsing oor klimaatsverandering, indringerspesies in Antarktika

Prof Steven Chown van die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste ontvanger van die internasinoale Martha T. Muse-prys vir Wetenskap en Beleid in Antarktika ter waarde van $100 000 (sowat R750 000). Die toekenning erken sy uitsonderlike werk oor uitheemse indringerspesies en die uitwerking van klimaatsverandering en menslike wisselwerking in die Antarktiese streek.

Lees meer.....

US graduandi moet nie die minderbevoorregtes vergeet nie

“Julle betree ʼn wêreld waar tegnologiese vooruitgang ongekend is. Gebruik dit om vorentoe te gaan en onthou, Suid-Afrika, indien nie die wêreld, benodig entrepreneurs en innoveerders sowel as verskillende maniere om ou en nuwe uitdagings aan te pak en ook mense wat bereid is om anders te dink.” Dit was die woorde van me Ellen […]

Lees meer.....