Deel in ons sosiale netwerke by:            
      
.




« Vorige Artikels    

ArtikelsFebruary, 2010

Nagraadse Maties kan ook vir Raadslede stem

“Nagraadse studente wat hule voorgraadse kwalifikasie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, is ook lede van die Konvokasie en daarom wil ek hulle daaraan herinner dat hulle ook geregtig is om in die komende Raadsverkiesing te stem,” het prof Russel Botman gesê nadat die nominasies vir die verkiesing op 23 Februarie 2010 gesluit het. Altesame […]

Lees meer.....

Verkiesing van US-raadslede skop Maandag af

Altesame 19 nominasies is ontvang vir die Raadverkiesing van die Universiteit Stellenbosch wat op Maandag 1 Maart 2010 afskop. Konvokasielede en donateurs van die universiteit moet ses nuwe Raadslede kies. Vier van die kandidate moet deur die Konvokasie verkies word en die ander twee deur donateurs van die universiteit. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, […]

Lees meer.....

Tyd vir baljaar, die Woordfees is hier!

Die elfde en grootste Woordfees nog, is hier! Dié nasionale kunstefees van die Universiteit Stellenbosch wat feesgangers van regoor die land en selfs uit die buiteland trek spog vanjaar met meer as 200 produksies en meer as 250 aanbiedings. Die Woordfees word van 1-7 Maart gehou. Klik hier hier vir ’n lysie van die produksies waarvoor daar […]

Lees meer.....

Afrikaanse Kunsmusiek vir Koor – 'n eerste vir die Woordfees

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch se gewilde Woordfees gaan ‘n konsert met net Afrikaanse kunsliedere aangebied word. Hierdie uitsonderlike uitvoering vind op 28 Februarie 2010 om 16:30 in die Endlersaal plaas. Twee van die konserte in die Departement Musiek se amptelike Endler-Konsertreeks is  in die program van die US Woordfees ingesluit. […]

Lees meer.....

Afrikaanse Kunsmusiek vir Koor – ‘n eerste vir die Woordfees

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch se gewilde Woordfees gaan ‘n konsert met net Afrikaanse kunsliedere aangebied word. Hierdie uitsonderlike uitvoering vind op 28 Februarie 2010 om 16:30 in die Endlersaal plaas. Twee van die konserte in die Departement Musiek se amptelike Endler-Konsertreeks is  in die program van die US Woordfees ingesluit. […]

Lees meer.....

SunPrint sluit sy deure

Neem asseblief kennis dat SunPrint einde 2009 sy deure gesluit het.  Alle navrae vir drukwerk moet gerig word aan Liezl Cilliers, Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste, by 021  808 4506 of per epos by  liezlc@sun.ac.za.

Lees meer.....

Masazane I – Inleidende isiXhosa verrykingskursus vir Personeel (Gratis)

Kom ons leer mekaar se taal en kultuur verstaan deur die Eenheid vir isiXhosa se MASAZANE!-kursus. Hierdie negeweekkursus (twee 60-minuutperiodes per week) is slegs vir Universiteitspersoneel. VOORVEREISTES: Geen voorafkennis word verlang nie. ONDERRIGMETODE: Kommunikatiewe, interaktiewe en taak- en behoeftegerigte suggestopedie. Die kursus sluit mondelinge take op ‘n laer beginnersvlak en groepwerk-interaksie met die dosent in. […]

Lees meer.....

Lig-kabinet te koop

Lig-kabinet voetstoots te koop teen R100 Departement Bos & Houtkunde Paul Sauer Gebou Kontak Mark Februarie 021 808 3307 of 083 718 4894

Lees meer.....